1 En toe daar besluit is dat ons moes wegvaar na Italië, het hulle Paulus en sommige ander gevangenes oorgegee aan 'n hoofman oor honderd van die keiserlike leërafdeling, met die naam van Julius.

2 En nadat ons in 'n skip van Adram¡ttium gegaan het met die doel om by die aanlegplekke in Asië aan te gaan, het ons afgevaar, en Arist rchus van Macedonië, 'n man van Thessalon¡ka, was saam met ons.

3 En die volgende dag het ons by Sidon aangekom. En Julius het Paulus mensliewend behandel en hom toegelaat om vriende te besoek en versorging te ontvang.

4 En daarvandaan het ons afgevaar en onderkant Ciprus verbygeseil, omdat die winde teen ons was.

5 Ons het daarop die see langs Cil¡cië en Pamf¡lië deurgevaar en by Mira in Licië aangekom.

6 En daar het die hoofman oor honderd 'n skip van Alexandr¡ë gevind wat na Italië vaar, en ons daarop laat oorklim.

7 En verskeie dae het ons langsaam gevaar en met moeite teenoor Cnidus gekom; en omdat die wind ons nie toegelaat het nie, onderkant Kreta langs gevaar, teenoor Salmone.

8 En toe ons met moeite dit verbygeseil het, kom ons by 'n plek wat genoem word Mooi Hawens, in die nabyheid waarvan die stad Las,a is.

9 En omdat 'n geruime tyd verloop en die skeepvaart al gevaarlik geword het en die vastyd ook al verby was, het Paulus hulle gewaarsku

10 en gesê: Manne, ek sien dat die reis met ramp en groot skade verbonde sal wees, nie alleen vir die vrag en die skip nie, maar ook vir ons lewe.

11 Maar die hoofman oor honderd het meer aan die stuurman en die eienaar van die skip geglo as aan die woorde van Paulus;

12 en omdat die hawe nie geskik was om daar te oorwinter nie, het die meerderheid aangeraai om ook daarvandaan af te vaar en indien moontlik Fenix te bereik om te oorwinter, 'n hawe in Kreta wat ooplê na die suidweste en na die noordweste.

13 En toe die suidewind saggies waai, het hulle gedink dat hulle hul voorneme kon uitvoer en die ankers gelig en langs Kreta verbygeseil.

14 Maar nie lank daarna nie het 'n stormwind wat Eurokl¡don genoem word, daarvandaan neergeslaan.

15 En toe die skip meegesleep is en nie teen die wind op kon seil nie, het ons dit opgegee en weggedrywe.

16 En toe ons onderkant 'n eilandjie kom wat Clauda genoem word, kon ons met moeite die sleepbootjie onder beheer hou.

17 En nadat hulle dit opgetrek het, het hulle gebruik gemaak van hulpmiddels deur die skip onderom te gord; en omdat hulle bang was om op die Sirtis te lande te kom, het hulle die seile neergehaal; en so het hulle dan weggedrywe.

18 En terwyl ons geweldig deur die storm geteister is, het hulle op die volgende dag van die vrag uitgegooi;

19 en op die derde dag het ons met ons eie hande die skeepsgereedskap uitgegooi.

20 En omdat die son en ook die sterre baie dae lank nie geskyn het nie, en 'n hewige storm ons gedruk het, is eindelik alle hoop om gered te word, ons ontneem.

21 En nadat hulle lank sonder ete was, het Paulus in hul midde opgestaan en gesê: Manne, julle moes na my geluister en nie van Kreta afgevaar het nie en julle so hierdie ramp en skade bespaar het.

22 Maar nou vermaan ek julle om moed te hou, want daar sal hoegenaamd geen verlies van lewe onder julle wees nie, maar alleen van die skip.

23 Want daar het in hierdie nag by my gestaan 'n engel van die God aan wie ek behoort, wat ek ook dien.

24 En hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus; jy moet voor die keiser staan, en kyk, God het aan jou geskenk almal wat saam met jou vaar.

25 Daarom, hou moed, manne; want ek glo God dat dit so sal wees soos aan my gesê is.

26 Maar ons moet op 'n sekere eiland strand.

27 En toe die veertiende nag kom, terwyl ons nog in die Adriatiese See ronddrywe, het die matrose omtrent middernag vermoed dat hulle naby land kom.

28 Daarop gooi hulle die dieplood uit en kry twintig vaam; en nadat hulle 'n bietjie verder gegaan het, gooi hulle die dieplood uit en kry vyftien vaam.

29 En omdat hulle bang was dat hulle miskien op rotsagtige plekke kon strand, het hulle van die agterskip vier ankers uitgegooi en gewens dat dit dag word.

30 Maar die matrose het probeer om uit die skip te vlug en die sleepbootjie in die see laat sak onder die voorwendsel dat hulle ankers van die voorskip af wou uitgooi.

31 Toe sê Paulus vir die hoofman oor honderd en die soldate: As hierdie manne nie in die skip bly nie, kan julle nie gered word nie.

32 Daarop het die soldate die toue van die sleepbootjie afgekap en hom laat afval.

33 En teen die tyd dat dit dag sou word, het Paulus almal aangemoedig om voedsel te gebruik en gesê: Dit is vandag die veertiende dag dat julle in afwagting bly vas sonder om iets te gebruik.

34 Daarom raai ek julle aan om voedsel te neem, want dit dien tot julle behoud; want van niemand onder julle sal 'n haar van sy hoof val nie.

35 Toe hy dit gesê het, neem hy brood, dank God in die teenwoordigheid van almal, breek dit en begin eet.

36 En hulle het almal moed geskep en self ook voedsel geneem.

37 En ons was in die skip altesaam twee honderd ses en sewentig siele.

38 En nadat hulle met voedsel versadig was, het hulle die skip ligter gemaak deur die koring in die see te gooi.

39 En toe dit dag word, het hulle die land nie herken nie; maar hulle het 'n inham met 'n strand bemerk, waarop hulle van plan was om die skip te laat loop as hulle kon.

40 En hulle het die ankers afgekap en in die see laat lê en tegelykertyd die roertoue losgemaak. En hulle het die voorseil teen die wind opgetrek en op die strand aangestuur.

41 En hulle het op 'n plek verval met die see aan weerskante en die skip laat strand; en die voorskip het vasgeraak en onbeweeglik bly sit, maar die agterskip is deur die geweld van die branders uitmekaar geslaan.

42 Nou was dit die plan van die soldate om die gevangenes dood te maak, sodat niemand kon uitswem en ontsnap nie.

43 Maar die hoofman oor honderd wou Paulus red en het hulle verhinder in hulle voorneme en bevel gegee dat die wat kon swem, eerste in die see moes spring om aan land te kom,

44 en die ander, sommige op planke en sommige op stukke van die skip. En so het almal behoue aan land gekom.

1 他们决定要我们坐船往意大利去, 就把保罗和别的囚犯, 交给皇家军营里的一个百夫长, 名叫犹流。

2 有一艘亚大米田来的船, 要开往亚西亚沿岸一带的地方, 我们上去, 船就开了。跟我们在一起的, 还有马其顿的帖撒罗尼迦人亚里达古。

3 第二天到了西顿, 犹流宽待保罗, 准他去看看朋友, 接受他们的招待。

4 我们又从那里开船, 因为逆风, 就沿着塞浦路斯背风而行。

5 渡过基利家和旁非利亚对开的海面, 就到了吕家的每拉。

6 百夫长在那里找到一艘亚历山太来的船, 要开往意大利去, 就叫我们上了那船。

7 一连几天, 船都走得很慢, 好不容易才到了革尼土的对面。因为有风阻挡着我们, 就沿着克里特背风而行, 从撒摩尼对面经过,

8 沿着海岸行驶, 航程很艰难, 后来才到了靠近拉西亚城一个名叫美港的地方。

9 过了相当的时候, 连禁食节也过去了, 所以航行很危险, 保罗就劝告他们, 说:

10 "各位, 我看这次航行, 不单货物和船只要遭到损失, 大受破坏, 连我们的性命也难保。"

11 但百夫长宁愿相信船长和船主的话, 却不相信保罗所说的。

12 而且这港口不适宜过冬, 所以大多数人主张离开那里, 也许可以到非尼基去过冬。非尼基是克里特的一个港口, 一面向西南, 一面向西北。

13 这时南风徐徐地吹来, 他们以为风势有利, 就起锚沿着克里特航行。

14 可是过了不久, 有一股名叫"友拉革罗"("友拉革罗"意即"东北风")的飓风, 向岛上吹袭。

15 船给风困住了, 不能迎风前行, 只好随着风向飘流。

16 有一个小岛名叫高达, 我们就在这岛的背风岸急航, 好不容易才把救生艇拉住。

17 水手把艇拉上来, 用缆索绕过船身捆好。他们怕船在赛耳底搁浅, 就收下船帆, 任船飘流。

18 风浪把我们颠簸得很厉害, 第二天他们就把货物拋在海里,

19 第三天又亲手把船上的用具扔掉。

20 好几天, 都看不见星星和太阳, 狂风大浪催逼着我们, 这样看来, 我们连生还的希望都没有了。

21 大家很久没有吃饭了, 保罗就站在他们中间, 说: "各位, 你们本来应该听我的话不离开克里特, 就不会遭受这场损失和破坏了。

22 现在我劝你们放心。除了这艘船以外, 你们没有一个人会丧命的。

23 因为我所归属所事奉的 神, 他的使者昨天夜里站在我的旁边, 说:

24 ‘保罗, 不要怕。你必定可以站在凯撒面前; 神已经把那些和你同船的人赐给你了。’

25 所以, 各位请放心。我相信 神对我怎样说, 也必怎样成就。

26 不过我们必会搁浅在一个海岛上。"

27 到了第十四天的晚上, 我们在亚得里亚海飘来飘去。约在半夜的时候, 水手以为接近了陆地,

28 就探测一下, 深三十六公尺; 稍往前行, 再探测一下, 深二十七公尺。

29 他们怕我们会在乱石上搁浅, 就从船尾拋下四个锚, 期待着天亮。

30 水手们想要离船逃走, 就把救生艇放在海上, 假装要从船头拋锚的样子。

31 保罗对百夫长和士兵说: "这些人若不留在船上, 你们就性命难保! "

32 于是士兵砍断救生艇的绳子, 任它掉下去。

33 天快亮的时候, 保罗劝大家吃饭, 说: "你们一直不吃东西, 挨饿苦候, 到今天已经十四天了!

34 所以, 我劝你们吃点饭, 这可以维持你们的性命! 因为你们没有人会失掉一根头发。"

35 保罗说了这话, 就拿起饼来, 在众人面前感谢 神, 然后擘开来吃。

36 于是大家都安心吃饭了。

37 我们在船上的共有二百七十六人,

38 大家吃饱了, 把麦子拋在海里, 好减轻船的负荷。

39 天亮的时候, 他们不认得那个地方, 只看见一个可以登岸的海湾, 就有意尽可能把船拢岸。

40 于是把锚砍掉, 丢在海里, 同时又松开舵绳, 拉起前帆, 顺风向岸驶去。

41 但在海水夹流的地方, 船就搁了浅, 船头胶着不动, 船尾被海浪冲击, 就损坏了。

42 士兵想把囚犯都杀掉, 免得有人游泳逃脱。

43 但百夫长想要救保罗, 就阻止他们这样行。他吩咐会游泳的跳下水去, 先到岸上,

44 其余的人可以用木板, 或船上的器具上岸。这样, 大家都安全地上岸了。