1 En Saulus het ook sy vermoording goedgekeur. En daar het in die tyd 'n groot vervolging teen die gemeente in Jerusalem ontstaan, en almal is verstrooi oor die streke van Judia en Samar¡a, behalwe die apostels.
2 En godvresende manne het St,fanus begrawe en 'n groot rou oor hom bedrywe.
3 Maar Saulus het die gemeente verwoes en in die huise gegaan en manne en vroue uitgesleep en in die gevangenis oorgelewer.
4 En die wat verstrooi was, het die land deurgegaan en die woord van die evangelie verkondig.
5 En Filippus het afgekom in 'n stad van Samar¡a en Christus aan hulle verkondig.
6 En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen.
7 Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met 'n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword.
8 En daar was groot blydskap in daardie stad.
9 En 'n sekere man met die naam van Simon het vantevore in die stad met towery omgegaan en die bevolking van Samar¡a verbyster deur te sê dat hy iets besonders was.
10 En almal, klein en groot, het hom aangehang en gesê: Hy is die groot krag van God.
11 En hulle het hom aangehang, omdat hy hulle 'n geruime tyd deur sy towerye verbyster het.
12 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.
13 En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur.
14 En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samar¡a die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur.
15 Hulle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,
16 want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
17 Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.
18 En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied
19 en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.
20 Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry.
21 Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie.
22 Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word.
23 Want ek sien dat jy in 'n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is.
24 Maar Simon het geantwoord en gesê: Bid julle tot die Here vir my, sodat niks van wat julle gesê het, oor my mag kom nie.
25 Nadat hulle dan kragtig getuig en die woord van die Here gespreek het, het hulle na Jerusalem teruggegaan en die evangelie aan baie dorpe van die Samaritane verkondig.
26 En 'n engel van die Here het met Filippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa. Dit is 'n eensame pad.
27 Toe het hy opgestaan en gegaan. En daar was 'n man van Ethiopië, 'n hofdienaar, 'n staatsamptenaar van Kandac,, die koningin van die Ethiopiërs, wat oor al haar skatte was en na Jerusalem gekom het om te aanbid.
28 En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees.
29 Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa.
30 En Filippus het daarheen gehardloop en hom die profeet Jesaja hoor lees; en hy sê: Verstaan u wel wat u lees?
31 En hy antwoord: Hoe kan ek tog as niemand my die weg wys nie? Toe vra hy Filippus om op te klim en by hom te kom sit.
32 En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was d¡t: Soos 'n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos 'n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie.
33 In sy vernedering is sy oordeel weggeneem, en wie sal sy geslag beskrywe? Want sy lewe word van die aarde weggeneem.
34 En die hofdienaar antwoord en sê vir Filippus: Ek bid u, van wie sê die profeet dit, van homself of van iemand anders?
35 En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig.
36 En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word?
37 Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.
38 En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.
39 En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.
40 Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie verkondig in al die stede, totdat hy in Cesar,a gekom het.
1 司提反被害, 扫罗也欣然同意。从那天起, 耶路撒冷的教会大受迫害; 除了使徒以外, 所有的人都分散到犹太和撒玛利亚各地。
2 有些虔诚的人安葬了司提反, 为他大大悲痛一番。
3 扫罗却残害教会, 逐家进去, 连男带女拉去坐监。
4 那些分散的人, 经过各地, 传扬福音真道。
5 腓利下到撒玛利亚城, 宣讲基督。
6 群众听了腓利所讲的, 看见他所行的神迹, 就同心听从了他的话。
7 许多人有污灵附在他们身上, 污灵大声喊叫了之后, 就出来了; 还有许多瘫子瘸子都医好了。
8 在那城里, 就大有欢乐。
9 有一个人名叫西门, 从前在城里行过邪术, 使撒玛利亚的居民惊奇, 他又自命不凡,
10 城里大大小小都听从他, 说: "这就是那称为‘ 神的大能’的人。"
11 他们听从他, 因为他长久用邪术, 使他们惊奇。
12 等到腓利向他们传了 神的国的福音, 和耶稣基督的名, 他们就信了腓利, 连男带女都受了洗。
13 连西门自己也信了, 他受洗之后, 常和腓利在一起, 看见所发生的神迹和大能的事, 就觉得很惊奇。
14 在耶路撒冷的使徒, 听见撒玛利亚居民领受了 神的道, 就差派彼得和约翰到他们那里去。
15 二人到了, 就为大家祷告, 要让他们接受圣灵。
16 因为圣灵还没有降在他们任何一个身上, 他们只是受了洗归入主耶稣的名下。
17 于是使徒为他们按手, 他们就受了圣灵。
18 西门看见使徒一按手, 就有圣灵赐下来, 就拿钱给他们,
19 说: "请把这权柄也给我, 叫我为谁按手, 谁就可以受圣灵。"
20 彼得对他说: "你的银子跟你一同灭亡吧! 因为你以为 神的恩赐, 是可以用钱买的。
21 你和这件事是毫无关系的, 因为你在 神面前存心不正。
22 所以, 你要悔改离弃这罪恶, 要祈求主, 也许你心中的意念可以得到赦免。
23 我看出你正在苦胆之中, 邪恶捆绑着你。"
24 西门回答: "请你们为我求主, 好让你们所说的, 没有一样临到我身上。"
25 使徒作了见证, 讲了主的道, 就回耶路撒冷去, 一路上在撒玛利亚人的许多村庄里传扬福音。
26 有主的一位使者对腓利说: "起来, 向南走, 往那从耶路撒冷下迦萨的路上去。"那条路在旷野里。
27 他就动身去了。有一个衣索匹亚人, 是衣索匹亚女王干大基有权力的太监, 掌管女王全部国库。他上耶路撒冷去礼拜。
28 他回去的时候, 坐在车上读以赛亚先知的书。
29 圣灵对腓利说: "你往前去, 靠近那车子! "
30 腓利就跑过去, 听见他读以赛亚先知的书, 就问他: "你所读的, 你明白吗?"
31 他说: "没有人指导我, 怎能明白呢?"于是请腓利上车, 同他坐在一起。
32 他所读的那段经文, 就是: "他像羊被牵去宰杀, 又像羊羔在剪毛的人面前无声, 他总是这样不开口。
33 他受屈辱的时候, 得不到公平的审判, 谁能说出他的身世呢?因为他的生命从地上被夺去。"
34 太监对腓利说: "请问先知这话是指谁说的?指他自己呢?还是指别人?"
35 腓利就开口, 从这段经文开始, 向他传讲耶稣。
36 他们一路走, 到了有水的地方, 太监说: "你看, 这里有水, 有什么可以阻止我受洗呢?"
37 (有些抄本在此有第37节: "腓利说: ‘你若全心相信, 就可以受洗。’他回答说: ‘我信耶稣基督是 神的儿子。’")
38 于是太监吩咐停车, 腓利和他两人下到水中, 腓利就给他施洗。
39 他们从水里上来的时候, 主的灵就把腓利提去了, 太监再也看不见他, 就欢欢喜喜地上路。
40 后来有人在亚锁都遇见腓利。他走遍各城, 传讲福音, 直到该撒利亚。