1 En eers toe ons gered was, het ons te wete gekom dat die eiland Mel¡te genoem word.
2 En die inboorlinge het ons buitengewone mensliewendheid bewys, want hulle het 'n groot vuur aangesteek en ons almal daarby gebring weens die reën wat gedreig het en weens die koue.
3 En Paulus het 'n klomp droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit, en 'n adder het weens die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt.
4 En toe die inboorlinge die dier aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar: Hierdie man is beslis 'n moordenaar wat die goddelike wraak nie laat lewe nie, al is hy uit die see gered.
5 Maar hy het die dier in die vuur afgeskud en geen kwaad gely nie.
6 En hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik dood neerval; maar toe hulle lank gewag en gesien het dat niks besonders met hom gebeur nie, het hulle van gedagte verander en gesê dat hy 'n god was.
7 Nou het die hoof van die eiland, wie se naam Publius was, in die omgewing van daardie plek 'n stuk grond gehad, en hy het ons ontvang en drie dae lank vriendelik geherberg.
8 En die vader van Publius het siek gelê aan koors en buikloop. En Paulus het ingegaan na hom toe, en nadat hy gebid het, hom die hande opgelê en hom gesond gemaak.
9 En hierna het ook die ander wat siektes gehad het op die eiland, na hom gekom en is genees.
10 En hulle het ons ook baie eerbewyse betoon, en toe ons sou afvaar, ons van die nodige voorsien.
11 En n drie maande het ons afgevaar in 'n skip van Alexandr¡ë met die skeepsmerk Castor en Pollux, wat op die eiland oorwinter het.
12 En ons het by Sirakuse gekom en daar drie dae gebly.
13 Daarvandaan het ons omgeseil en by R,gium aangekom en een dag later het die suidewind opgekom, en op die tweede het ons Put,oli bereik,
14 waar ons broeders gevind het wat ons gevra het om sewe dae by hulle te bly; en so het ons na Rome gegaan.
15 En die broeders wat van ons lotgevalle gehoor het, het ons daarvandaan tegemoetgekom tot by die Appius-mark en die Drie Herberge; en toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed gevat.
16 En nadat ons in Rome gekom het, het die hoofman oor honderd die gevangenes oorgelewer aan die bevelhebber van die leër. Maar aan Paulus is dit vergun om op sy eie te woon met die soldaat wat hom moes oppas.
17 En n drie dae het Paulus die vernaamste Jode saamgeroep en, nadat hulle vergader het, vir hulle gesê: Broeders, alhoewel ek niks gedoen het teen die volk of die voorvaderlike sedes nie, is ek uit Jerusalem as gevangene oorgelewer in die hande van die Romeine.
18 Hulle het my ondersoek en wou my loslaat, omdat daar in my niks was wat die dood verdien nie.
19 Maar toe die Jode daarteen opkom, was ek verplig om my op die keiser te beroep, nie asof ek iets het om my volk van te beskuldig nie.
20 Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, want dit is oor die hoop van Israel dat ek met hierdie ketting geboei is.
21 En hulle het vir hom gesê: Ons het geen briewe oor u van Jud,a ontvang nie; ook het niemand van die broeders hier aangekom en iets slegs van u berig of gepraat nie.
22 Maar ons verlang om van u te hoor wat u dink; want wat hierdie sekte betref, is dit ons bekend dat oral daarteen gespreek word.
23 En hulle het vir hom 'n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in 'n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus.
24 En sommige het geglo wat gesê is, maar ander het ongelowig gebly.
25 En toe hulle onder mekaar onenig was, het hulle uiteengegaan nadat Paulus hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek
26 en gesê: Gaan na hierdie volk en sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.
27 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
28 Laat dit dan aan julle bekend wees dat die heil van God aan die heidene gestuur is, en hulle sal luister.
29 En toe hy dit gesê het, het die Jode, onder groot woordestryd met mekaar, weggegaan.
30 En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het,
31 terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering.
1 我们脱险之后, 才知道那岛名叫马尔他。
2 当地的人对我们非常友善; 因为下过一场雨, 天气又冷, 他们就生了火来招待我们。
3 保罗拾了一捆干柴, 放在火上的时候, 有一条毒蛇, 受不住热, 爬了出来, 缠住他的手。
4 当地的人看见那条蛇悬在他手上, 就彼此说: "这个人一定是凶手, 虽然从海里脱险, 天理也不容他活着! "
5 但是保罗却把那条蛇抖在火里, 自己一点也没有受伤。
6 他们等着看他发肿, 或者忽然暴毙。但等了很久, 见他平安无事, 就转念说, 他是个神明。
7 那地附近有些田产, 是岛上的首领部百流所拥有的。他欢迎我们, 善意招待我们三天。
8 那时, 部百流的父亲患了痢疾, 发热卧病在床, 保罗到他那里, 为他祈祷按手, 医好了他。
9 这么一来, 岛上其他有病的都来了, 也都治好了。
10 他们多方面尊敬我们; 到开船的时候, 又把我们所需要的东西送来。
11 过了三个月, 我们上了一艘亚历山太来的船。这船在岛上过冬, 船的名字是"宙斯双子"。
12 到了叙拉古, 我们停留了三天。
13 从那里绕道航行, 来到利基翁。过了一天, 起了南风, 第二天到达部丢利。
14 我们在那里遇见一些弟兄, 他们邀请我们一同住了七天。这样, 我们就来到了罗马。
15 弟兄们听到了我们的消息, 就从罗马出来, 在亚比乌和三馆迎接我们。保罗见了他们, 就感谢 神, 胆子也壮了起来。
16 我们到了罗马, 保罗获准独自与看守他的士兵居住。
17 过了三天, 保罗请犹太人的首领来。他们都到了, 保罗说: "各位弟兄, 我虽然没有作过什么事反对人民或者反对祖先的规例, 却被捆绑起来, 从耶路撒冷交到罗马人的手里。
18 他们审讯之后, 因为在我身上没有什么该死的罪, 就想要释放我。
19 可是犹太人反对, 我迫不得已才上诉凯撒, 并不是有什么事要控告我的国民。
20 因此, 我请你们来见面谈谈。我原是为了以色列的盼望, 才带上这条锁链的。"
21 他们说: "我们没有收到犹太来的信, 是提到你的, 弟兄中也没有人来报告, 或说你什么坏话。
22 但我们觉得应该听听你本人的意见, 因为关于这教派, 我们知道是到处遭人反对的。"
23 他们和保罗约好了一个日子, 到那日有很多人到他的住所来见他。他从早到晚向他们讲解, 为 神的国竭力作见证, 引用摩西的律法和先知的话劝他们信耶稣。
24 他所说的话, 有人信服, 也有人不信。
25 他们彼此不合, 就分散了。未散以前, 保罗说了几句话: "圣灵借以赛亚先知对你们祖先所说的, 一点不错。
26 他说: ‘你去告诉这人民: 你们听是听见了, 总是不明白; 看是看见了, 总是不领悟。
27 因为这人民的心思迟钝, 用不灵的耳朵去听, 又闭上了眼睛; 免得自己眼睛看见, 耳朵听见, 心里明白, 回转过来, 我就医好他们。’
28 所以你们应当知道, 神这救恩, 已经传给外族人, 他们也必听从。"
29 (有些抄本在此有第29节: "他说了这话, 犹太人中间大起争论, 就走了。")
30 保罗在自己所租的房子里, 住了两年。凡来见他的人, 他都接待,
31 并且放胆地传讲 神的国, 教导有关主耶稣基督的事, 没有受到什么禁止。