1 En vyf dae daarna het die hoëpriester Anan¡as met die ouderlinge en 'n sekere advokaat Tertullus afgekom en Paulus by die goewerneur aangeklaag.

2 En toe hy opgeroep is, begin Tertullus hom beskuldig en sê:

3 Dat 'n groot vrede deur u, hoogedele Felix, ons te beurt val, en dat daar hervorminge deur u voorsorg in elke opsig en oral vir hierdie nasie tot stand kom, neem ons met alle dankbaarheid aan.

4 Maar om u nie te lank op te hou nie, versoek ek u om ons in u vriendelikheid kortliks aan te hoor.

5 Want ons het gevind dat hierdie man 'n pes is en 'n verwekker van oproer onder al die Jode in die wêreld en 'n voorman van die sekte van die Nasar,ners,

6 wat selfs probeer het om die tempel te ontheilig. Ons het hom gevange geneem en wou hom volgens ons wet oordeel;

7 maar L¡sias, die owerste oor duisend, het gekom en hom met groot geweld uit ons hande weggeneem

8 en bevel gegee dat sy beskuldigers voor u moet kom. Van hom sal u self, n ondersoek, kennis kan verkry van al hierdie dinge waarvan ons hom beskuldig.

9 En die Jode het ook saamgestem en gesê dat dit so was.

10 En nadat die goewerneur vir hom gewink het om te praat, het Paulus geantwoord: Omdat ek weet dat u oor hierdie volk al baie jare lank regter is, verdedig ek my saak met goeie moed,

11 aangesien u te wete kan kom dat dit nie meer as twaalf dae is vandat ek opgegaan het om in Jerusalem te aanbid nie.

12 En hulle het my nie in die tempel gevind, besig om met iemand te praat of 'n opstand van die volk te verwek nie, en ook nie in die sinagoges of in die stad nie.

13 En hulle kan ook die dinge waarvan hulle my nou beskuldig, nie bewys nie.

14 Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is,

15 en 'n hoop op God het, 'n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar 'n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.

16 Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense 'n rein gewete te hê.

17 Maar n baie jare het ek gekom om aan my volk aalmoese te bring en offers.

18 En terwyl ek hiermee besig was, het sekere Jode uit Asië my in die tempel gevind nadat ek geheilig was, nie met 'n skare of met 'n opskudding nie.

19 Hulle behoort hier voor u te wees om beskuldiging in te bring as hulle iets teen my het.

20 Of laat hierdie manne self sê of hulle enige onreg in my gevind het toe ek voor die Raad gestaan het,

21 behalwe oor hierdie een woord wat ek uitgeroep het terwyl ek onder hulle gestaan het, naamlik: Oor die opstanding van die dode staan ek vandag by u voor die gereg!

22 Toe Felix dit hoor, het hy hulle saak uitgestel, alhoewel hy noukeurig genoeg met die dinge van die Weg bekend was; en hy het gesê: Wanneer L¡sias, die owerste oor duisend, afkom, sal ek julle saak ten volle ondersoek.

23 En hy het die hoofman oor honderd beveel om Paulus te bewaak, maar dat hy verligting moes hê, en dat hy niemand van sy eie mense moes verhinder om hom te bedien of te besoek nie.

24 En 'n paar dae daarna het Felix gekom saam met Drus¡lla, sy vrou, wat 'n Jodin was, en het Paulus laat haal en hom aangehoor oor die geloof in Christus.

25 Maar toe hy spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: Gaan vir hierdie keer heen, en as ek 'n geleentheid vind, sal ek jou laat roep.

26 En tegelykertyd het hy ook gehoop dat geld aan hom deur Paulus sou gegee word om hom los te laat. Daarom het hy hom ook dikwels laat haal en met hom gesprekke gehad.

27 Maar twee jaar het verbygegaan, en toe kry Felix vir Porcius Festus as opvolger; en omdat Felix aan die Jode 'n guns wou bewys, het hy Paulus as gevangene agtergelaat.

1 过了五天, 大祭司亚拿尼亚同几个长老, 和一个律师帖土罗来了, 他们向总督控告保罗。

2 保罗传来了之后, 帖土罗就控诉他说: "腓力斯大人, 因着你的缘故, 我们大大地享受着太平; 因着你的远见, 本国大事改革;

3 我们随时随地感激不尽。

4 现在我不想多烦扰你, 只求你宽容一下, 听我们讲几句话。

5 我们看这个人就像瘟疫一样, 是煽动普天下犹太人生乱的人, 又是拿撒勒派的首领。

6 他还意图污秽圣殿, 我们就把他捉住。

7 (有些抄本在此有以下一段: "我们想按照我们的律法审问他。7可是千夫长吕西亚来了, 用武力把他从我们手中抢走, 8还吩咐原告到你这里来。")

8 你亲自审问之后, 就必清楚知道我们告他的一切事了。"

9 犹太人也都跟他一同控告保罗, 证实事情确是这样。

10 总督向保罗示意, 叫他说话, 他就说: "我知道你在本国审案多年, 所以乐意为自己申辩。

11 你清楚知道, 自从我上耶路撒冷去礼拜, 到现在还没有十二天;

12 无论在殿里、会堂中或城里, 他们都没有看见我跟人辩论, 或煽动群众作乱,

13 也不能向你证明他们现在控告我的事。

14 但有一件事我要向你承认, 他们所称为异端的这道, 我正是根据这道来敬拜我祖先的 神的。一切律法和先知所记的, 我都相信。

15 我靠着 神所存的盼望, 也是他们自己所期待的, 就是义人和不义的人都要复活;

16 因此, 我常常勉励自己, 对 神对人要常存无亏的良心。

17 过了几年我带着捐款回来赒济本国, 同时也带了祭物,

18 他们看见我在殿里的时候, 我已经行完了洁净礼, 并没有和一大群人在一起, 也没有生乱,

19 只有几个从亚西亚来的犹太人而已。他们若有事要控告我, 就应该到你面前来控告。

20 要不然, 当我站在公议会中受审的时候, 这些人若发现我有什么罪行, 早就亲自说出来了。

21 如果有的话, 就是我站在他们中间所喊的: ‘我今天在你们面前受审, 是为了死人复活的事’那一句话。"

22 腓力斯本来就详细晓得这道, 却故意拖延他们, 说: "等千夫长吕西亚来了, 再断定你们的事。"

23 于是吩咐百夫长看守保罗, 但要宽待他, 不可阻止亲友来照料他。

24 过了几天, 腓力斯和他的犹太妻子土西拉一同来到, 他又传见保罗, 听听他对基督耶稣的信仰。

25 保罗讲到公义、自制和将来的审判的时候, 腓力斯就害怕起来, 说: "你先走吧, 等我有空的时候再叫你来。"

26 同时他也希望保罗送钱给他, 所以又多次传见他, 和他谈话。

27 过了两年, 波求.非斯都接了腓力斯的任; 腓力斯为要讨好犹太人, 就把保罗留在监里。