1 En Agr¡ppa sê vir Paulus: Dit is jou vergun om vir jouself te spreek. Toe steek Paulus sy hand uit en verdedig homself:
2 Ek ag my gelukkig, koning Agr¡ppa, dat ek my voor u vandag gaan verdedig in verband met alles waarvan ek deur die Jode beskuldig word,
3 veral omdat u bekend is met al die sedes en vraagstukke onder die Jode. Daarom versoek ek u om my geduldig aan te hoor.
4 My lewe dan van my jeug af, wat van die begin af deurgebring is onder my nasie in Jerusalem, ken al die Jode,
5 omdat hulle my van die tyd af geken het, as hulle dit wil betuig, hoe ek volgens die strengste party van ons godsdiens as Fariseër geleef het.
6 En nou staan ek tereg oor die hoop op die belofte wat aan die vaders deur God gedoen is,
7 waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom; oor hierdie hoop, koning Agr¡ppa, word ek deur die Jode beskuldig.
8 Wat? Word dit by u as ongelooflik beskou dat God die dode opwek?
9 Wat my betref, ek het gemeen dat ek baie vyandige dinge teen die Naam van Jesus die Nasar,ner moes doen.
10 Dit het ek ook in Jerusalem gedoen; en ek het baie van die heiliges in gevangenisse opgesluit, nadat ek van die owerpriesters volmag verkry het; en so dikwels as hulle omgebring is, het ek my toestemming gegee.
11 En in al die sinagoges het ek hulle dikwels gestraf en gedwing om te laster; en ek het uitermate teen hulle gewoed en hulle vervolg, selfs tot in die buitelandse stede.
12 Toe ek dan daarvoor na Damaskus op reis was, met volmag en opdrag van die owerpriesters,
13 het ek, o koning, in die middel van die dag op die pad 'n lig uit die hemel gesien, sterker as die glans van die son, wat my en my reisgenote omstraal het.
14 En toe ons almal op die grond val, hoor ek 'n stem met my spreek en in die Hebreeuse taal sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
15 Toe sê ek: Wie is U, Here? En Hy sê: Ek is Jesus wat jy vervolg.
16 Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot 'n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn,
17 terwyl Ek jou verlos uit die volk en die heidene na wie Ek jou nou stuur,
18 om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en 'n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.
19 Daarom, koning Agr¡ppa, was ek aan die hemelse gesig nie ongehoorsaam nie,
20 maar ek het eers aan die mense in Damaskus en in Jerusalem en in die hele land van Judia en aan die heidene verkondig dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God bekeer deur werke te doen wat by die bekering pas.
21 Om hierdie rede het die Jode my in die tempel gevang en my probeer ombring.
22 Maar omdat ek hulp van God verkry het, staan ek tot vandag toe en getuig aan klein en groot, en spreek niks buiten wat die profete en ook Moses gesê het dat sou gebeur nie:
23 dat die Christus moes ly en die eerste wees uit die opstanding van die dode, en 'n lig aan die volk en die heidene sou verkondig.
24 Maar terwyl hy hom so verdedig, sê Festus met 'n groot stem: Jy is kranksinnig, Paulus; die groot geleerdheid bring jou tot kranksinnigheid.
25 Maar hy sê: Ek is nie kranksinnig nie, hoogedele Festus, maar ek spreek woorde van waarheid en gesonde verstand.
26 Want die koning, met wie ek ook vrymoediglik spreek, weet van hierdie dinge; want ek glo nie dat aan hom iets van hierdie dinge onbekend is nie, want dit het nie in 'n hoek gebeur nie.
27 Glo u die profete, koning Agr¡ppa? Ek weet dat u glo.
28 En Agr¡ppa sê vir Paulus: Jy beweeg my byna om 'n Christen te word.
29 En Paulus sê: Ek sou wel God wil bid dat sowel byna as heeltemal nie alleen u nie, maar ook almal wat my vandag aanhoor, so mag word soos ek is, buiten hierdie boeie.
30 En nadat Paulus dit gesê het, staan die koning op en die goewerneur en Bern¡ce en die wat saam met hulle gesit het.
31 En toe hulle weggaan, praat hulle met mekaar en sê: Hierdie man doen niks wat die dood of die boeie verdien nie.
32 En Agr¡ppa sê vir Festus: Hierdie man kon losgelaat gewees het as hy hom nie op die keiser beroep het nie.
1 亚基帕对保罗说: "准你为自己申辩。"于是保罗伸手辩护说:
2 "亚基帕王啊, 犹太人控告我的事, 今天我可以在你面前辩护, 实在是万幸;
3 特别是你熟悉犹太人的一切规例和争论, 所以求你耐心听我申诉:
4 我从幼年到现在, 在本国、在耶路撒冷为人怎样, 犹太人都知道。
5 如果他们肯作证的话, 他们是早就知道, 我是按着我们祖宗最严格的教派, 过着法利赛人的生活。
6 现在我站着受审, 是为了对 神向我们祖先的应许存着盼望。
7 我们十二支派昼夜切切地事奉 神, 都是盼望这应许实现。王啊, 我被犹太人控告, 正是为了这个盼望。
8 神使死人复活, 你们为什么认为是不可信的呢?
9 从前, 我也认为应该多方敌对拿撒勒人耶稣的名。
10 后来就在耶路撒冷这样作了。我得到了众祭司长授权, 把许多圣徒关在监里, 并且他们被杀的时候, 我也表示同意。
11 我在各会堂里多次用刑强迫他们说亵渎的话; 我非常愤恨他们, 甚至追到国外的城巿去迫害他们。
12 "那时候, 我得到祭司长的授权和准许, 去大马士革。
13 王啊, 就在中午的时候, 我在路上看见一道光, 比太阳更明亮, 从天上四面照着我和同行的人。
14 我们都仆倒在地上, 我听见有声音用希伯来话对我说: ‘扫罗! 扫罗! 你为什么迫害我?你要踢刺是难的。’
15 我说: ‘主啊, 你是谁?’主说: ‘我就是你所迫害的耶稣。
16 你起来, 站着, 我向你显现, 是要指派你为我工作。你要为你所见过的事, 和我将要向你显明的事作见证。
17 我要救你脱离这人民和外族人, 差遣你到他们那里去,
18 开他们的眼睛, 使他们从黑暗中归向光明, 从撒但的权下归向 神, 使他们的罪恶得到赦免, 并且在那些因信我而成圣的人中同得基业。’
19 "亚基帕王啊, 因此, 我没有违背这从天上来的异象,
20 先向大马士革、耶路撒冷、犹太全地的人宣讲, 后向外族人宣讲, 叫他们悔改, 归向 神, 行事与悔改的心相称。
21 犹太人就是为了这缘故在殿里捉住我, 想要杀我。
22 然而, 我得到 神的帮助, 直到今日还是站得稳, 向尊卑老幼作见证, 我所讲的都是众先知和摩西所论的将来必成的事,
23 就是基督必须受难, 并且从死人中首先复活, 把光明的信息传报给这人民和外族人。"
24 保罗申诉到这里, 非斯都大声说: "保罗! 你疯了; 你的学问太大, 使你疯了! "
25 保罗说: "非斯都大人, 我没有疯, 我说的都是真实的话, 清醒的话。
26 因为王知道这些事, 所以我对王坦白直说。我确信这些事没有一件能瞒得过他, 因为这不是在背地里作的。
27 亚基帕王啊, 你信先知吗?我知道你是信的。"
28 亚基帕对保罗说: "你想用这样短短的时间就可以说服我作基督徒吗! "
29 保罗说: "无论时间短也好, 时间长也好, 我向 神所求的, 不单是你, 而且是今天所有的听众, 都能像我一样作基督徒, 只是不要有这些锁链。"
30 亚基帕王、总督和百尼基, 还有在座的人都站起来,
31 退到一边, 彼此谈论, 说: "这个人并没有犯过什么该死该绑的罪。"
32 亚基帕对非斯都说: "这个人若没有向凯撒上诉, 早就可以释放了。"