1 As 'n man 'n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar 'n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur,

2 en sy uit sy huis uittrek en weggaan en 'n ander man s'n word,

3 en die laaste man haar haat en haar 'n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as die laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het --

4 dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is 'n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie.

5 As 'n man pas getroud is, hoef hy nie op kommando uit te trek nie, en hulle moet hom in geen enkele opsig iets oplê nie; een jaar lank moet hy vry wees vir sy huis en aan sy vrou wat hy geneem het, vreugde verskaf.

6 Niemand mag die handmeul of die boonste maalklip as pand neem nie, want hy neem die lewe as pand.

7 As iemand betrap word wat 'n persoon uit sy broers, uit die kinders van Israel, steel en hom hard behandel en hom verkoop, dan moet die dief sterwe. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

8 Neem jou in ag by die plaag van melaatsheid om baie noukeurig te handel volgens alles wat die Levitiese priesters julle sal leer; soos ek hulle beveel het, moet julle dit sorgvuldig hou.

9 Dink aan wat die HERE jou God op die pad, by julle uittog uit Egipte, aan Mirjam gedoen het.

10 As jy aan jou naaste enigiets leen, mag jy in sy huis nie ingaan om sy pand te gaan haal nie;

11 buite moet jy bly staan, en die man aan wie jy geleen het, moet die pand vir jou buitentoe uitbring.

12 En as hy 'n arm man is, moet jy met sy pand nie gaan slaap nie.

13 Jy moet hom sekerlik teen sonsondergang die pand teruggee, dat hy in sy kleed kan slaap en jou kan seën; en dit sal geregtigheid vir jou wees voor die aangesig van die HERE jou God.

14 Jy mag 'n arm en behoeftige dagloner uit jou broers of uit jou vreemdelinge wat in jou land in jou poorte is, nie verdruk nie.

15 Op die dag self moet jy sy loon gee, sodat die son oor hom nie ondergaan nie -- want hy is arm en sy siel verlang daarna -- dat hy nie teen jou tot die HERE roep en dit sonde in jou word nie.

16 Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word.

17 Jy mag die reg van vreemdeling en wees nie verdraai nie en die kleed van 'n weduwee nie as pand neem nie.

18 Maar jy moet daaraan dink dat jy 'n slaaf was in Egipte en die HERE jou God jou daaruit verlos het; daarom beveel ek jou om hierdie saak te doen.

19 As jy jou oes op jou land insamel en 'n gerf op die land vergeet, mag jy nie omdraai om dit te gaan haal nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees, dat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hande.

20 As jy jou olywe afslaan, moet jy nie agter jou in die takke rond soek nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees.

21 As jy jou wingerd oes, moet jy agter jou nie skoon afoes nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees.

22 En jy moet daaraan dink dat jy 'n slaaf was in Egipteland; daarom beveel ek jou om hierdie saak te doen.

1 "人娶了妻子, 得着她以后, 如果发现她有丑事, 以致不喜悦她, 他就可以给她写休书, 交在她手里, 叫她离开夫家;

2 她离开夫家以后, 就可以去再嫁别人。

3 如果后夫又恨她, 也给她写休书, 交在她手里, 叫她离开他的家; 或者娶她为妻的后夫死了;

4 那么, 叫她离开的前夫, 不可在她受了污辱以后, 再娶她为妻, 因为这在耶和华面前是可厌可恶的事; 你不可使耶和华你的 神赐给你作产业的土地蒙受罪污。

5 "如果人娶了新妇, 不可从军出征, 也不可派他担任什么公务, 他可以在家赋闲一年, 使他所娶的妻子快乐。

6 "不可拿人的磨, 或是上磨石作抵押, 因为这等于拿人的生命作抵押。

7 "如果发现有人拐带了以色列人的一个兄弟, 把他当作奴隶看待, 或是把他卖了, 那拐带人的就要处死; 这样, 你就把那恶从你中间除掉。

8 "在大痲风的灾病上, 你要谨慎自己, 照利未支派的祭司指教你们的一切, 认真地谨守遵行; 我怎样吩咐了他们, 你们就要怎样谨守遵行。

9 你当记得你们出了埃及, 在路上的时候, 耶和华你的 神向米利暗所行的事。

10 "如果你借东西给你的邻舍, 不论所借的是什么, 总不可走进他的家里去拿抵押。

11 你要站在外面, 等那向你借贷的人把抵押拿出来给你。

12 他若是个穷人, 你不可留他的抵押过夜。

13 到了日落的时候, 你要把抵押品还给他, 好使他可以用自己的衣服盖着睡觉, 他就给你祝福, 这在耶和华你的 神面前, 就算是你的义了。

14 "困苦贫穷的雇工, 无论是你的兄弟, 或是寄居在你的地上你的城里的, 你都不可欺压他。

15 你要当日给他工钱, 不可等到日落, 因为他贫穷, 把心放在工钱上, 免得他对你不满而呼求耶和华, 你就有罪了。

16 "不可因儿子的罪处死父亲, 也不可因父亲的罪处死儿子; 各人要因自己的罪被处死。

17 "你不可向寄居的和孤儿屈枉正直, 也不可拿寡妇的衣服作抵押。

18 你要记住你在埃及作过奴仆, 耶和华你的 神把你从那里救赎出来; 所以我吩咐你要遵行这话。

19 "你在田间收割庄稼的时候, 如果遗留一捆在田里, 就不可再回去拾取, 要留给寄居的、孤儿和寡妇; 好使耶和华你的 神, 在你手里所办的一切事上, 赐福给你。

20 你打橄榄树以后, 枝上剩下的不可再打, 要留给寄居的、孤儿和寡妇。

21 你收取葡萄园的葡萄以后, 剩下的不可再摘, 要留给寄居的、孤儿和寡妇。

22 你要记住你在埃及作过奴仆, 所以我吩咐你遵行这话。"