1 Luister dan nou, Israel, na die insettinge en die verordeninge wat ek julle leer om te doen, sodat julle mag lewe en inkom en die land wat die HERE, die God van julle vaders, aan julle sal gee, in besit mag neem.

2 Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die HERE julle God mag onderhou, wat ek julle beveel.

3 Julle oë het gesien wat die HERE weens Ba„l-Peor gedoen het; want al die manne wat agter Ba„l-Peor aan geloop het, die het die HERE jou God onder jou uit verdelg.

4 Julle daarenteen wat die HERE julle God aangehang het, is vandag nog almal in die lewe.

5 Kyk, ek het julle insettinge en verordeninge geleer soos die HERE my God my beveel het, om so te handel in die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem.

6 Onderhou dit dan en doen dit; want dit is julle wysheid en julle verstand voor die oë van die volke wat al hierdie insettinge sal hoor en sê: Waarlik, hierdie groot nasie is 'n wyse en verstandige volk.

7 Want watter groot nasie het gode wat vir hulle so naby is soos die HERE onse God so dikwels as ons Hom aanroep?

8 En watter groot nasie is daar wat sulke regverdige insettinge en verordeninge het soos hierdie hele wet wat ek julle vandag voorhou?

9 Neem jou net in ag en wees terdeë op jou hoede, dat jy die dinge nie vergeet wat jou oë gesien het nie, en dat hulle uit jou hart nie wyk al die dae van jou lewe nie; en jy moet dit aan jou kinders en jou kindskinders bekend maak:

10 die dag dat jy voor die aangesig van die HERE jou God by Horeb gestaan het, toe die HERE aan my gesê het: Vergader die volk vir My, en Ek sal hulle my woorde laat hoor, dat hulle kan leer om My te vrees al die dae wat hulle op die aarde lewe, en dit aan hulle kinders kan leer.

11 Toe het julle nader gekom en onder aan die berg gaan staan; en die berg het met vuur gebrand tot in die middel van die hemel, met duisternis, wolke en wolkedonkerheid.

12 En die HERE het met julle uit die vuur gespreek; julle het 'n stem van woorde gehoor, maar geen verskyning gesien nie -- net 'n stem was daar.

13 Toe het Hy aan julle sy verbond verkondig wat Hy julle beveel het om te doen, die tien woorde, en dit op twee kliptafels geskrywe.

14 Ook het die HERE my in die tyd bevel gegee om julle die insettinge en verordeninge te leer, dat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem.

15 Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele -- want julle het g,,n verskyning gesien op die dag dat die HERE by Horeb uit die vuur met julle gespreek het nie --

16 sodat julle nie verderflik handel deurdat julle vir julle 'n gesnede beeld, 'n gelykenis van enige afgodsbeeld, maak nie: 'n afbeelding van man of vrou,

17 'n afbeelding van enige dier wat op die aarde is, 'n afbeelding van enige gevleuelde voël wat in die lug vlieg,

18 'n afbeelding van enigiets wat op die aarde kruip, 'n afbeelding van enige vis wat in die water onder die aarde is;

19 dat jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie -- dinge wat die HERE jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het.

20 Maar die HERE het julle geneem en julle uit die yster-smeltoond, uit Egipte, uitgelei om sy erfvolk te wees soos dit vandag is.

21 Ook was die HERE toornig op my om julle ontwil, en Hy het gesweer dat ek oor die Jordaan nie sal gaan en nie sal kom in die goeie land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee nie.

22 Want ek sal in hierdie land sterwe, ek sal oor die Jordaan nie gaan nie; maar julle sal oorgaan en daardie goeie land in besit neem.

23 Neem julle in ag dat julle die verbond van die HERE julle God, wat Hy met julle gesluit het, nie vergeet en vir julle geen gesnede beeld maak nie -- 'n gelykenis van enigiets wat die HERE jou God jou verbied het.

24 Want die HERE jou God is 'n verterende vuur, 'n jaloerse God.

25 As jy kinders en kindskinders sal verwek en julle in die land verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle 'n gesnede beeld maak, 'n gelykenis van enigiets, en doen u wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God om Hom te terg,

26 dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal die dae daarin nie verleng nie, maar sekerlik verdelg word.

27 En die HERE sal julle onder die volke verstrooi, en 'n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen die HERE julle sal drywe.

28 En daar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip wat nie sien en nie hoor en nie eet en nie ruik nie.

29 Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.

30 As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister.

31 Want die HERE jou God is 'n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie.

32 Want doen tog ondersoek na die vorige dae wat voor jou gewees het, van die dag af dat God mense op die aarde geskape het, en van die een einde van die hemel tot by die ander einde van die hemel, of so iets groots gebeur het of iets dergeliks gehoor is.

33 Het 'n volk die stem van God uit die vuur hoor spreek, soos jy gehoor het, en in die lewe gebly?

34 Of het 'n god probeer om vir hom 'n nasie uit 'n ander nasie te gaan neem deur versoekinge, deur tekens en wonders en deur oorlog en deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade soos die HERE julle God met julle voor jou oë in Egipte gedoen het?

35 Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die HERE God is; daar is geen ander buiten Hom nie.

36 Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien, en jy het sy woorde uit die vuur gehoor.

37 En omdat Hy jou vaders liefgehad en hulle nageslag na hulle uitverkies het, en Hy self jou deur sy grote krag uit Egipte uitgelei het,

38 om nasies groter en magtiger as jy voor jou uit te verdrywe en jou in te bring om hulle land aan jou as erfenis te gee soos dit vandag is --

39 daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.

40 En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders n jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die HERE jou God jou vir altyd sal gee.

41 Toe het Moses drie stede afgesonder oos van die Jordaan, teen sonop,

42 sodat hy wat 'n doodslag begaan het, daarheen kon vlug, wat sy naaste sonder opset doodgeslaan het, terwyl hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie; sodat hy in een van hierdie stede kan vlug en in die lewe bly.

43 Beser in die woestyn, in die landstreek van die gelykveld, vir die Rubeniete; en Ramot in G¡lead vir die Gadiete; en Golan in Basan vir die Manassiete.

44 En dit is die wet wat Moses die kinders van Israel voorgehou het.

45 Dit is die getuienisse en die insettinge en die verordeninge wat Moses meegedeel het aan die kinders van Israel by hulle uittog uit Egipte,

46 oos van die Jordaan, in die dal teenoor Bet-Peor, in die land van Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het, wat deur Moses en die kinders van Israel verslaan is by hulle uittog uit Egipte;

47 en hulle het sy land in besit geneem en die land van Og, die koning van Basan, die twee konings van die Amoriete oos van die Jordaan, teen sonop;

48 van Aroër af, wat aan die kant van die Arnonrivier lê, tot by die berg Sion, dit is Hermon,

49 en die hele Vlakte oos van die Jordaan, teen sonop tot by die See van die Vlakte, onderaan die hange van Pisga.

1 "以色列人哪, 现在你们要听我向来教训你们遵行的律例和典章, 使你们可以活着, 可以进去得着耶和华你们列祖的 神赐给你们的地作产业。

2 我吩咐你们的话, 你们不可增加, 也不可减少, 好使你们遵守我吩咐你们的, 就是耶和华你们的 神的命令。

3 耶和华因巴力.毗珥的事所行的, 你们都亲眼看见了; 所有跟随巴力.毗珥的人, 耶和华你们的 神都从你们中间消灭了。

4 只有你们紧紧倚靠耶和华你们的 神的人, 今日全都活着。

5 看哪, 我照着耶和华我的 神吩咐我的, 把律例和典章教训你们, 好让你们在将要进去得为业的地上遵行。

6 所以你们要谨守遵行, 因为在万民的眼中看来, 这就是你们的智慧和聪明; 他们一听见这一切律例, 就必定说: ‘这大国的人真是有智慧, 有聪明啊。’

7 哪一个大国的人有神与他们这样亲近, 像耶和华我们的 神, 在我们每次呼求他的时候, 与我们亲近一样呢?

8 又哪一个大国有这样公义的律例和典章, 像我今日在你面前颁布的这一切律法呢?

9 "你只要自己谨慎, 又要谨守你的心思, 免得你忘了你亲眼看见的事, 又免得这些事在你有生之日离开你的心; 总要把这些事传给你的子子孙孙,

10 免得你忘了你在何烈山, 站在耶和华你们的 神面前的那天。那时耶和华对我说: ‘你要为我召集众民, 我要叫他们听我的话, 使他们在那地上生活的日子, 可以学习敬畏我, 又可以教训自己的儿女。’

11 那时, 你们走前来, 站在山下; 山上有火烧着, 火焰冲天, 又有黑暗、密云和幽暗。

12 耶和华从火中对你们说话; 你们只听见声音, 却没有看见形象; 只有声音,

13 把他的约, 就是他吩咐你们遵守的那十条诫命, 向你们宣布出来; 又把它们写在两块石版上。

14 那时, 耶和华也吩咐我把律例和典章教训你们, 使你们在将要过去得为业的地上遵行。

15 "所以你们要特别小心, 谨慎自己, 因为耶和华在何烈山从火中对你们说话的那一天, 你们没有看见什么形象;

16 恐怕你们败坏自己, 为自己制造偶像, 制造任何神像的形象, 无论是男像或是女像,

17 或是地上各种走兽的像, 或是飞翔在空中各类有翅膀的雀鸟的像,

18 或是地上各种爬行动物的像, 或是地底下水里各样鱼类的像。

19 又恐怕你抬头望天, 看见日、月、星, 就是天上万象的时候, 就被勾引, 去敬拜和事奉它们, 那原是耶和华你们的 神分给天下万民享用的。

20 耶和华却把你们从埃及, 从铁炉那里领出来, 作他自己的产业, 自己的人民, 像今日一样。

21 耶和华又因你们的缘故, 向我发怒, 并且起誓不让我过约旦河, 也不容我进入耶和华你的 神赐给你作产业的那美地。

22 我只有死在此地, 不得过约旦河; 你们却可以过去, 取得那美地作产业。

23 你们要自己谨慎, 免得你们忘记了耶和华你们的 神与你们所立的约, 你们就为自己制造偶像, 制造任何神像的形象, 就是耶和华你的 神吩咐你不可作的。

24 因为耶和华你的 神是烈火, 是忌邪的 神。

25 "你们生子生孙, 在那地住久了的时候, 如果你们败坏自己, 制造偶像, 制造任何神像的形象, 行耶和华你的 神看为恶的事, 惹他发怒,

26 我今日就呼天唤地向你们作证, 你们必在过约旦河取得为业的地上迅速灭亡; 你们必不能在那地长久生存, 必全被消灭。

27 耶和华必使你们分散在万民中; 在耶和华要领你们所到的万国中, 你们剩下的人数必不多。

28 在那里你们必事奉人手所做的神, 就是用木头石头做成的, 不能看、不能听、不能吃、不能闻的神。

29 但你们在那里必寻求耶和华你的 神; 如果你一心一意寻找他, 就必寻见。

30 日后, 你落在患难中, 这些事都临到你身上的时候, 你必归向耶和华你的 神, 听从他的话;

31 因为耶和华你的 神原是满有怜悯的 神, 他必不丢弃你, 不毁灭你, 也不忘记他起誓与你的列祖所立的约。

32 "你问问在你以前过去的日子, 自从 神创造人在地上以来, 从天这边到天那边, 有没有人行过这样的大事, 听过像这样的事呢?

33 有没有一个民族听见 神在火中说话的声音, 像你听见的一样, 还能活着呢?

34 有没有一位神尝试借着试验、神迹、奇事、战争、大能的手和伸出来的膀臂, 以及大而可畏的事, 把一国的人民从别的国中领出来, 像耶和华你们的 神在埃及, 在你们面前为你们所作的一切事呢?

35 这是要显明给你看, 使你知道, 只有耶和华是 神; 除了他以外, 再没有别的神。

36 他从天上使你听见他的声音, 为要教导你; 又在地上使你看见他的大火, 并且叫你听到他从火中所说的话。

37 因为他爱你的列祖, 所以才拣选了他们的后裔, 用大能亲自把你从埃及领出来,

38 为要把比你大比你强的民族, 从你面前赶走, 然后领你进去, 把他们的地赐给你作产业, 像今日一样。

39 所以今天你要知道, 也要记在心里; 天上地下, 只有耶和华是 神; 除他以外, 再没有别的神了。

40 你要遵守我今日吩咐你的律例和诫命, 使你和你的子孙得享福乐, 也使你在耶和华你的 神赐给你的那地上得享长寿。"

41 那时, 摩西在约旦河东, 日出的方向, 把三座城分别出来,

42 让那些素无仇恨、无心误杀人的, 可以逃到那里去; 逃到这三座城的一座去的, 都可以活着:

43 为流本人, 分出了在旷野平原的比悉; 为迦得人, 分出了基列的拉末; 为玛拿西人, 分出了巴珊的哥兰。

44 以下是摩西在以色列人面前所立的律法,

45 就是摩西在以色列人出埃及以后, 对他们所说的法度、律例和典章;

46 地点是在约旦河东, 伯.毗珥对面的谷中, 就是住在希实本的亚摩利人的王西宏的地。这西宏是摩西和以色列人出埃及后击杀的。

47 他们占领了他的地和巴珊王噩的地, 就是两个亚摩利人的王, 是住在约旦河东, 日出的方向的;

48 从亚嫩谷边的亚罗珥, 直到西云山, 西云山就是黑门山;

49 还有约旦河东的亚拉巴全地, 直到亚拉巴海, 就是毗斯迦的山坡下。