1 Aan die einde van sewe jaar moet jy 'n kwytskelding laat plaasvind.

2 En dit is die saak van die kwytskelding: elke skuldeiser moet kwytskeld wat hy aan sy naaste geleen het; hy moet sy naaste en sy broer nie aanmaan nie, want tot eer van die HERE is daar 'n kwytskelding uitgeroep.

3 Die uitlander mag jy aanmaan; maar wat jy by jou broer het, moet jou hand kwytskeld.

4 Maar daar moet geen arme by jou wees nie, want die HERE sal jou ryklik seën in die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem;

5 as jy net goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al hierdie gebooie wat ek jou vandag beveel.

6 Want die HERE jou God seën jou soos Hy jou beloof het, sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.

7 As daar by jou 'n arme is, een uit jou broers, in een van jou poorte, in jou land wat die HERE jou God jou sal gee, dan moet jy jou hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie.

8 Maar jy moet jou hand wyd oopmaak vir hom, en jy moet gewillig aan hom leen, genoegsaam vir sy behoefte, wat hom ontbreek.

9 Neem jou in ag, dat daar in jou hart geen slegte gedagte is nie, naamlik: Die sewende jaar, die jaar van kwytskelding, is naby -- en jou oog dan jou arm broer skeef aankyk, en jy hom niks gee nie, en hy teen jou na die HERE roep, en dit sonde in jou word.

10 Jy moet aan hom gewillig gee, en jou hart moet nie bedroef wees as jy aan hom gee nie; want ter wille hiervan sal die HERE jou God jou seën in al jou werk en in alles waar jy jou hand aan slaan.

11 Want die arme sal in die land nie ontbreek nie; daarom gee ek jou bevel en sê: Jy moet jou hand wyd oopmaak vir jou broer, vir die ellendige en die arme in jou land.

12 As jou broer, 'n Hebreeuse man of 'n Hebreeuse vrou, hom aan jou verkoop, moet hy jou ses jaar lank dien; maar in die sewende jaar moet jy hom as vryman van jou laat weggaan.

13 En as jy hom as vryman van jou laat weggaan, moet jy hom nie met leë hande laat weggaan nie.

14 Jy moet hom 'n behoorlike voorraad saamgee van jou kleinvee en jou dorsvloer en jou wyn pers; waarin die HERE jou God jou geseënhet, daarvan moet jy aan hom gee.

15 En jy moet daaraan dink dat jy 'n slaaf in Egipteland was, en dat die HERE jou God jou verlos het; daarom beveel ek jou vandag hierdie saak.

16 Maar as hy vir jou sê: Ek wil nie van jou weggaan nie -- aangesien hy jou en jou huis liefhet, omdat dit vir hom goed was by jou --

17 dan moet jy 'n els neem en dit deur sy oor en in die deur steek, sodat hy vir altyd jou slaaf word; en ook met jou slavin moet jy net so doen.

18 Dit moet nie hard in jou oë wees as jy hom as vry man van jou laat weggaan nie, want die dubbele loon van 'n dagloner het hy vir jou ses jaar lank ingedien; en die HERE jou God sal jou seën in alles wat jy doen.

19 Al die eersgeborenes van die manlike geslag wat onder jou beeste en onder jou kleinvee aankom, moet jy aan die HERE jou God heilig; jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste, en die eersgeborene van jou kleinvee nie skeer nie.

20 Voor die aangesig van die HERE jou God moet jy dit jaar vir jaar eet op die plek wat die HERE sal uitkies, jy en jou huis.

21 Maar as daar 'n liggaamsgebrek aan is -- lam of blind, enige lelike gebrek -- dan moet jy dit nie aan die HERE jou God offer nie;

22 in jou poorte mag jy dit eet, die onreine en die reine saam, soos die gemsbok en die takbok.

23 Net die bloed mag jy nie eet nie; jy moet dit op die grond uitgooi soos water.

1 "每七年的最后一年, 你要施行豁免。

2 豁免的方式是这样: 债主都要把借给邻舍的一切豁免了, 不可向邻舍和兄弟追讨, 因为耶和华的豁免年已经宣告了。

3 如果借给外族人, 你可以向他追讨, 但借给你的兄弟, 无论你借的是什么, 你都要豁免。

4 在你中间必没有穷人, 因为在耶和华你的 神赐给你作产业的地上, 耶和华必大大赐福给你。

5 只要你留心听从耶和华你的 神的话, 谨守遵行我今日吩咐你的一切诫命。

6 因为耶和华你的 神, 必照着他应许你的, 赐福给你; 你必借贷给许多国的民, 却不会向他们借贷; 你必统治许多国的民, 他们却不会统治你。

7 "但是在耶和华你的 神赐给你的地上, 无论哪一座城里, 在你中间如果有一个穷人, 又是你的兄弟, 你对这穷苦的兄弟不可硬着心肠, 也不可袖手不理。

8 你一定要向他伸手, 照着他缺乏的借给他, 补足他的缺乏。

9 你要自己谨慎, 不可心里起恶念, 说: ‘第七年的豁免年近了’, 你就冷眼对待你穷苦的兄弟, 什么都不给他, 以致他因你求告耶和华, 你就有罪了。

10 你必须给他, 给他的时候, 你不要心里难受, 因为为了这事, 耶和华你的 神必在你一切工作上, 和你所办的一切事上, 赐福给你。

11 既然在地上必有穷人存在, 所以我吩咐你说: ‘你总要向你地上的困苦和贫穷的兄弟大伸援助之手。’

12 "你的兄弟, 无论是希伯来男人, 或是希伯来女人, 如果卖身给你, 要服事你六年; 到第七年, 就要让他离开你得自由。

13 你使他自由离开的时候, 不可让他空手而去;

14 要从你的羊群、禾场、榨酒池中, 多多地供给他; 耶和华你的 神怎样赐福给你, 你也要怎样分给他。

15 你要记得你在埃及地作过奴仆, 耶和华你的 神救赎了你; 因此我今日吩咐你这件事。

16 如果他对你说: ‘我不愿离开你。’他说这话是因为他爱你和你的家, 又因为他喜欢和你相处,

17 那么, 你就要拿锥子, 把他的耳朵在门上刺透, 他就永远作你的奴仆; 对待你的婢女, 你也要这样行。

18 你使他自由离开你的时候, 不要为难, 因为他服事了你六年, 应得雇工双倍的工资; 这样, 耶和华你的 神必在你所作的一切事上, 赐福给你。

19 "你的牛群羊群中所生, 是头生雄性的, 你都要把它分别为圣归给耶和华你的 神。你的牛群中头生的, 你不可用它去耕田; 你的羊群中头生的, 你不可给它剪毛。

20 你和你的家人, 年年要在耶和华选择的地方, 在耶和华你的 神面前, 吃这头生的牲畜。

21 这头生的, 如果有什么残疾, 像瘸腿或是瞎眼, 无论有任何严重的残疾, 你都不可献给耶和华你的 神。

22 你可以在家里吃, 不洁净的人和洁净的人都一样可以吃, 像吃羚羊和鹿一样。

23 只是不可吃它的血; 要把血倒在地上, 像倒水一样。"