1 En Dawid het die manskappe gemonster wat by hom was, en owerstes oor duisend en owerstes oor honderd oor hulle aangestel.

2 En Dawid het die manskappe uitgestuur: 'n derde deel onder bevel van Joab, en 'n derde onder Ab¡sai, die seun van Seruja, die broer van Joab, en 'n derde onder Ittai, die Gittiet; en die koning het aan die manskappe gesê: Ek sal ook seker saam met julle uittrek.

3 Maar die manskappe het gesê: U mag nie uittrek nie, want as ons miskien vlug, sal hulle nie op ons ag gee nie; ja, al sterwe die helfte van ons, hulle sal nie op ons ag gee nie, want u is soos tien duisend van ons. Dit is dan nou beter dat u ons van die stad uit te hulp kom.

4 Toe sê die koning vir hulle: Wat goed is in julle oë, sal ek doen. En die koning het langs die poort gaan staan, terwyl al die manskappe by honderde en by duisende uittrek.

5 En die koning het Joab en Ab¡sai en Ittai bevel gegee en gesê: Saggies met die jongman, met Absalom. En al die manskappe het gehoor toe die koning aan al die owerstes bevel gee omtrent Absalom.

6 Daarop trek die manskappe uit, die veld in om Israel te ontmoet; en die geveg het plaasgevind in die bos van Efraim.

7 En die manskappe van Israel is daar voor die dienaars van Dawid verslaan, en die neerlaag was die dag daar groot, twintig duisend.

8 Maar die geveg is daar uitgebrei oor die oppervlakte van die hele land, en die bos het daardie dag onder die mense meer verteer as wat die swaard verteer het.

9 En die dienaars van Dawid het Absalom onverwags aangetref terwyl Absalom op 'n muil ry; en toe die muil onder die digte takke van 'n groot terpentynboom ingaan, het sy hoof in die terpentynboom vasgehaak, sodat hy tussen hemel en aarde bly hang het, terwyl die muil onder hom wegloop.

10 Toe die man dit sien, het hy aan Joab berig gebring en gesê: Kyk, ek het Absalom aan 'n terpentynboom sien hang.

11 En Joab sê vir die man wat hom die berig gebring het: En as jy dit gesien het, waarom het jy hom dan nie daar teen die grond neergeslaan nie? Dan moes ek jou tien silwerstukke en een gord gegee het.

12 Maar die man sê vir Joab: Al kon ek ook duisend silwerstukke op my hande weeg, ek sou my hand tog nie uitsteek teen die seun van die koning nie; want die koning het u en Ab¡sai en Ittai voor ons ore bevel gegee en gesê: Julle, wie dan ook, moet vir die jongman Absalom sorg.

13 Of as ek vals teen sy lewe gehandel het -- niks tog bly vir die koning verborge nie -- dan sou u opsy gestaan het.

14 Toe sê Joab: Ek wil nie so by jou vertoef nie! En hy het drie spiese in sy hand geneem en die in die hart van Absalom gesteek, terwyl hy nog lewendig was binne-in die terpentynboom.

15 En tien jongmanne, wapendraers van Joab, het nader gekom en Absalom doodgeslaan.

16 Daarop blaas Joab op die ramshoring, en al die manskappe het omgedraai en Israel nie meer agtervolg nie, want Joab het die manskappe teruggehou.

17 Toe het hulle Absalom geneem en hom in die bos in 'n groot kuil gegooi en 'n baie groot hoop klippe bo-op hom gestapel, onderwyl die hele Israel elkeen na sy tent vlug.

18 En Absalom het gedurende sy lewe die gedenksteen wat in die koningsdal staan, geneem en vir homself opgerig met die woorde: Ek het geen seun om my naam in gedagtenis te hou nie; en hy het die gedenksteen na sy naam genoem, en dit word tot vandag toe genoem die gedenkteken van Absalom.

19 Daarop sê Ah¡ma„s, die seun van Sadok: Laat my tog hardloop en aan die koning die goeie boodskap bring dat die HERE aan hom reg verskaf het teenoor sy vyande.

20 Maar Joab sê vir hom: Jy is nie vandag 'n man vir 'n boodskap nie, maar anderdag kan jy 'n boodskap bring -- vandag mag jy nie die boodskap bring nie juis omdat die seun van die koning dood is.

21 Toe sê Joab vir die Kusiet: Gaan vertel die koning wat jy gesien het! En die Kusiet het voor Joab gebuig en gehardloop.

22 Maar Ah¡ma„s, die seun van Sadok, het nog 'n keer aan Joab gesê: Laat kom wat wil -- laat my tog ook agter die Kusiet aan hardloop. En Joab vra: Waarom wil jy dan nou hardloop, my seun? Vir jou is daar tog geen boodskappersloon te kry nie.

23 Laat kom wat wil, sê hy, ek hardloop. En hy antwoord hom: Hardloop! En Ah¡ma„s het met die pad na die Jordaanstreek gehardloop en die Kusiet verbygegaan.

24 En terwyl Dawid tussen die twee poortingange sit, het die wag op die dak van die poort op die muur geklim; en toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens 'n man alleen hardloop.

25 Toe het die wag uitgeroep en dit aan die koning meegedeel. En die koning sê: As hy alleen is, dan is daar 'n goeie boodskap in sy mond. Terwyl hy al nader en nader kom,

26 sien die wag 'n ander man hardloop; en die wag het die poortwagter toegeroep en gesê: Kyk, daar hardloop nog 'n man alleen. Daarop sê die koning: Hy bring ook 'n goeie boodskap.

27 Verder het die wag gesê: Ek sien die gang van die eerste is soos die gang van Ah¡ma„s, die seun van Sadok. Toe sê die koning: Hy is 'n goeie man, en hy kom met 'n goeie boodskap.

28 En Ah¡ma„s het uitgeroep en aan die koning gesê: Vrede! En hy het hom voor die koning gebuig met sy aangesig na die aarde en gesê: Geloofd sy die HERE u God wat die manne oorgelewer het wat hulle hand teen my heer die koning opgetel het.

29 Toe vra die koning: Gaan dit goed met die jongman, met Absalom? En Ah¡ma„s antwoord: Ek het 'n groot gewoel gesien toe Joab die dienaar van die koning, naamlik u dienaar, gestuur het, maar ek het nie geweet wat dit was nie.

30 Daarop sê die koning: Gaan opsy en kom hier staan. Toe hy dan opsy gaan en daar bly staan,

31 kom die Kusiet juis aan; en die Kusiet sê: My heer die koning moet die blye boodskap ontvang dat die HERE aan u vandag reg verskaf het teenoor almal wat teen u opgestaan het.

32 En die koning het die Kusiet gevra: Gaan dit goed met die jongman, met Absalom? En die Kusiet sê: Mag dit met die vyande van my heer die koning en met almal wat teen u opstaan om kwaad te doen, gaan soos met die jongman!

33 Toe het die koning baie ontroerd geword en opgeklim na die bovertrek van die poort en geween; en hy het rondgeloop en so gesê: My seun Absalom, my seun, my seun Absalom! Ag, as ek self maar in jou plek gesterf het! Absalom, my seun, my seun!

1 大卫数点了跟随他的人, 亦立千夫长、百夫长率领他们。

2 大卫派遣众人出战: 三分之一在约押手下, 三分之一在约押的兄弟、洗鲁雅的儿子亚比筛手下, 三分之一在迦特人以太手下。大卫对众人说: "我也必与你们一同出战。"

3 众人却说: "你不可以出战。因为如果我们逃跑, 他们不会把我们放在心上, 即使我们死了一半, 他们也不会把我们放在心上。因为你一个人抵得上我们一万人; 所以你最好还是留在城里, 随时支援我们。"

4 王对他们说: "你们看怎么好, 我就怎样作吧! "于是王站在城门旁边, 众人组成百人一队或千人一队出发了。

5 王吩咐约押、亚比筛和以太说: "为我的缘故, 你们要宽待那年轻人押沙龙。"王为押沙龙吩咐众将领的话, 众人都听到了。

6 众人出到田野迎战以色列人; 战争发生在以法莲的树林里。

7 在那里, 以色列人在大卫的臣仆面前被打败了; 那天被杀的人很多, 共有二万人。

8 战事在那里蔓延到全地; 那一天, 树林所吞灭的比刀剑所吞灭的更多。

9 押沙龙偶然遇上了大卫的臣仆。那时押沙龙骑着骡子, 骡子从一棵大橡树茂密的树枝下经过, 押沙龙的头发被橡树枝紧紧勾住, 他就吊在空中, 他所骑的骡子却跑开了。

10 有一个人看见了, 就告诉约押说: "看哪! 我看见押沙龙悬在一棵橡树上。"

11 约押对那向他报告的人说: "你既然看见了, 为什么不当场把他击杀, 落在地上呢?那样, 我就赏赐你一百一十四克银子和一条腰带。"

12 那人回答约押: "就是量十一公斤银子放在我手中, 我也不敢伸手伤害王的儿子, 因为我们亲耳听见王吩咐你、亚比筛和以太说: ‘你们要为我的缘故, 照顾那年轻人押沙龙。’

13 我若是胆大妄为伤害了他的性命, 那时你也不会维护我。"

14 约押说: "我不能与你这样耽误时间。"于是约押手里拿起三根短矛, 趁押沙龙还悬挂在橡树上的时候, 就刺透了他的心。

15 给约押拿武器的十个年轻人围着押沙龙, 攻击他, 把他杀死。

16 约押吹响号角, 众人就回来, 不再追赶以色列人; 因为约押拦阻众人继续追赶。

17 他们把押沙龙的尸体抬起来, 丢在树林中的一个大坑里, 又在上面堆起一大堆石头。以色列众人都逃跑, 各回自己的家去了。

18 押沙龙生前曾在王谷为自己立了一根石柱, 因为他想: "我没有儿子记念我的名字。"他就以自己的名字称那石柱。因此人称那石柱为押沙龙柱, 直到今日。

19 撒督的儿子亚希玛斯说: "让我跑去, 把这好消息向王报告, 就是耶和华已经把他从仇敌的手中拯救出来了。"

20 约押对他说: "你今天不可去报消息, 改天才可以去报。你今天不可去报消息, 因为王的儿子死了。"

21 于是约押对一个古实人说: "你去把你所看见的告诉王吧! "那古实人叩拜了约押, 就跑去了。

22 撒督的儿子亚希玛斯又对约押说: "不管怎样, 请让我也跟着那古实人跑去。"约押说: "你为什么要跑去呢?我儿, 你是不会得到报消息的赏赐的。"

23 "不管怎样, 请让我跑去! "于是约押对他说: "你跑去吧! "亚希玛斯就沿着约旦河大道跑去, 赶过了那古实人。

24 那时, 大卫正坐在内外城门中间的地方。守望的人上到城楼的平顶上, 举目观看, 见有一个人独自跑来。

25 守望的人就喊叫, 把这事告诉王; 王说: "他若是单独一人, 必是来报好消息的。"那人越走越近了。

26 后来, 守望的人又看见另一个人跑来, 就对守城门的人喊叫, 说: "看哪! 又有一个人独自跑来! "王说: "这也必是来报好消息的。"

27 守望的人说: "我看前头那人的跑法好像撒督的儿子亚希玛斯的跑法一样。"王说: "他是个好人, 必是带好消息来的。"

28 亚希玛斯向王呼叫, 说: "平安! "就脸伏于地, 叩拜王, 说: "耶和华你的 神是应当称颂的, 因为他已经把举手攻击我主我王的人交给你了! "

29 王问: "那年轻人押沙龙平安不平安?"亚希玛斯回答: "约押差派王的仆人, 就是你的仆人我来的时候, 我看见有大动乱, 却不知道是什么事。"

30 王说: "你退到一旁, 站在那里! "他就退到一旁, 站在那里。

31 那古实人也到了。他说: "有好消息报给我主我王; 今天耶和华已经救你脱离那些起来攻击你的人的手了! "

32 王问古实人: "那年轻人押沙龙平安吗?"古实人回答: "愿我主我王的仇敌和一切来攻击你、伤害你的人, 都像那年轻人一样。"

33 王悲恸得全身发抖, 就上城楼去哀哭。他一面走一面这样说: "我儿押沙龙啊! 我儿, 我儿押沙龙啊! 但愿我替你死。押沙龙啊! 我儿, 我儿啊! "(本节在《马索拉抄本》为19:1)