1 En daarna het die koning van die kinders van Ammon gesterwe, en sy seun Hanun het in sy plek koning geword.

2 Toe sê Dawid: Ek wil guns bewys aan Hanun, die seun van Nahas, soos sy vader aan my guns bewys het. Daarom het Dawid gestuur om hom deur sy dienaars oor sy vader te troos. Toe die dienaars van Dawid dan in die land van die kinders van Ammon kom,

3 het die vorste van die kinders van Ammon aan Hanun, hulle heer, gesê: Eer Dawid u vader in u oë, omdat hy vir u troosters gestuur het? Het Dawid nie sy dienaars na u gestuur om die stad te deursoek en dit te verken en dit om te keer nie?

4 Daarop neem Hanun die dienaars van Dawid en skeer die een helfte van hulle baard af en sny hulle klere in die helfte af, tot by hulle sitplekke; en hy het hulle laat gaan.

5 En toe hulle aan Dawid hiervan berig bring, stuur hy om hulle tegemoet te gaan, want die manne was baie skaam. En die koning het gesê: Bly in J,rigo totdat julle baard weer gegroei het; kom dan terug.

6 Toe die kinders van Ammon sien dat hulle hul gehaat gemaak het by Dawid, het die kinders van Ammon gestuur en die Arameërs van Bet-Rehob en die Arameërs van Soba gehuur, twintig duisend voetgangers, en van die koning van M äga, duisend man, en die manne van Tob, twaalf duisend man.

7 En Dawid het dit gehoor en Joab met die hele leër, die helde, gestuur.

8 En die kinders van Ammon het uitgetrek en die slagorde opgestel by die ingang van die poort, terwyl die Arameërs van Soba en Rehob en die manne van Tob en M äga afsonderlik in die veld was.

9 Toe Joab sien dat 'n aanval van voor sowel as van agter hom bedreig, het hy uit al die uitgesoektes in Israel 'n keuse gedoen en hulle opgestel teenoor die Arameërs.

10 Maar die ander manskappe het hy onder bevel van sy broer Ab¡sai geplaas en die het hulle opgestel teenoor die kinders van Ammon.

11 En hy het gesê: As die Arameërs vir my te sterk word, moet jy my te hulp kom, en as die kinders van Ammon vir jou te sterk word, sal ek kom om jou te help.

12 Wees sterk en laat ons ons sterk hou vir ons volk en vir die stede van onse God. Mag die HERE dan doen wat goed is in sy oë!

13 Daarop het Joab en die manskappe wat by hom was, nader gekom om teen die Arameërs te veg, en hulle het vir hom gevlug.

14 Toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook vir Ab¡sai gevlug en die stad ingegaan. En Joab het van die kinders van Ammon af omgedraai en in Jerusalem aangekom.

15 Toe die Arameërs dan sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle dig aaneengesluit.

16 Ja, Hadar,ser het gestuur en die Arameërs van oorkant die Eufraat laat uittrek, en hulle het in Helam aangekom, met Sobag, die leërowerste van Hadar,ser, op hulle voorpunt.

17 Intussen het Dawid daarvan berig gekry en die hele Israel versamel en deur die Jordaan getrek en in Helam aangekom; en die Arameërs het hulle teenoor Dawid opgestel en teen hom geveg.

18 Maar die Arameërs het vir Israel gevlug, en Dawid het van die Arameërs sewe honderd trekperde en veertig duisend ruiters gedood, en Sobag, die leërowerste, so gewond, dat hy daar gesterf het.

19 En toe al die onderhorige konings van Hadar,ser sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle met Israel vrede gesluit en hulle gedien; en die Arameërs was bevrees om die kinders van Ammon langer te help.

1 后来, 亚扪人的王死了, 他的儿子哈嫩继承他作王。

2 大卫说: "我要恩待拿辖的儿子哈嫩, 像他父亲恩待我一样。"于是大卫差派自己的臣仆, 为他丧父的事安慰他。大卫的臣仆到了亚扪人境内时,

3 亚扪人的众领袖对他们的主哈嫩说: "大卫差派这些慰问的人到你这里来, 你以为他是尊敬你父亲吗?他派遣臣仆到你这里来, 不是为了要窥探这城, 侦察清楚, 然后把城倾覆吗?"

4 于是哈嫩拿住大卫的臣仆, 把他们的胡须剃去一半, 又把他们的外袍割去半截, 露出臀部, 然后才放他们走。

5 有人告诉大卫, 他就派人去迎接他们, 因为他们非常羞耻。王就说: "你们可以住在耶利哥, 等到你们的胡须长长了才回来。"

6 亚扪人知道大卫憎恶他们, 就派人去招募伯.利合的亚兰人和琐巴的亚兰人, 步兵二万, 玛迦王的人一千, 陀伯人一万二千。

7 大卫听见了, 就差派约押和全体勇士出去。

8 亚扪人出来, 在城门前摆阵, 琐巴和利合的亚兰人, 陀伯人和玛迦人, 也分别在郊野摆阵。

9 约押看见自己前后受敌, 就从以色列所有的精兵中, 挑选一部分出来, 使他们摆阵去迎战亚兰人,

10 他把其余的人交在他兄弟亚比筛手下, 使他们摆阵去迎战亚扪人。

11 约押对亚比筛说: "如果亚兰人比我强, 你就来帮助我。如果亚扪人比你强, 我就去帮助你。

12 你要刚强; 为了我们的人民和我们 神的众城镇, 我们要刚强! 愿耶和华成全他看为美的事。"

13 于是约押和与他在一起的人前进, 攻击亚兰人; 亚兰人在约押面前逃跑。

14 亚扪人看见亚兰人逃跑, 他们也在亚比筛面前逃跑, 逃进城里去了。约押就从亚扪人那里回来, 回到耶路撒冷去了。

15 亚兰人见自己被以色列人击败, 就再聚集起来。

16 哈大底谢差遣人把幼发拉底河那边的亚兰人调来。他们来到了希兰, 由哈大底谢的将军朔法率领他们。

17 有人告诉了大卫, 他就聚集所有的以色列人, 渡过约旦河, 来到了希兰。亚兰人摆好了阵迎击大卫, 与他交战。

18 亚兰人却在以色列人面前逃跑。大卫杀了亚兰七百名驾驶战车的军兵, 四万骑兵。又击杀了亚兰军队的将军朔法, 他就死在那里。

19 所有臣服于哈大底谢的王看见自己被以色列人打败, 就与以色列人议和, 臣服于他们。于是亚兰人害怕, 不敢再帮助亚扪人了。