1 En daarna het Dawid die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek in een van die stede van Juda? En die HERE het hom geantwoord: Trek op. Toe sê Dawid: Waarheen moet ek optrek? En Hy antwoord: Na Hebron.
2 En Dawid het daarheen opgetrek, en ook sy twee vroue, Ah¡noam uit J¡sreël, en Ab¡gail, die vrou van Nabal, die Karmeliet.
3 Dawid het ook sy manne wat by hom was, laat optrek, elkeen met sy huisgesin, en hulle het in die stede van Hebron gaan woon.
4 Daarna het die manne van Juda gekom en Dawid daar as koning oor die huis van Juda gesalf. Toe hulle aan Dawid meedeel en sê: Dit is die manne van Jabes in G¡lead wat Saul begrawe het,
5 stuur Dawid boodskappers na die manne van Jabes in G¡lead om aan hulle te sê: Mag julle geseënd wees deur die HERE, dat julle hierdie guns bewys het aan julle heer, aan Saul, en hom begrawe het.
6 Mag die HERE julle dan nou guns en trou bewys, en ek self bewys ook hierdie goedheid aan julle, omdat julle hierdie ding gedoen het.
7 En nou, laat julle hande sterk wees, en wees wakker manne; want julle heer Saul is dood. Daarby het die huis van Juda my ook as koning oor hulle gesalf.
8 Maar Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Saul, het Isboset, die seun van Saul, geneem en hom oorgebring na Mahan im
9 en hom koning gemaak oor G¡lead en oor die Asuriete en oor J¡sreël en oor Efraim en oor Benjamin en oor die hele Israel.
10 Veertig jaar oud was Isboset, die seun van Saul, toe hy koning geword het oor Israel, en hy het twee jaar geregeer; net die huis van Juda het Dawid gevolg.
11 En die getal dae wat Dawid koning was in Hebron oor die huis van Juda, was sewe jaar en ses maande.
12 En Abner, die seun van Ner, met die dienaars van Isboset, die seun van Saul, het uitgetrek uit Mahan im na G¡beon.
13 Joab, die seun van Seruja, en die dienaars van Dawid het ook uitgetrek. En toe hulle mekaar ontmoet by die dam van G¡beon, het hulle gaan sit aan weerskante van die dam.
14 En Abner sê vir Joab: Laat die jongmanne hulle tog regmaak en voor ons speel. En Joab sê: Laat hulle regmaak.
15 Toe het hulle opgestaan, en twaalf is vir Benjamin afgetel, naamlik vir Isboset, die seun van Saul; en twaalf van die dienaars van Dawid.
16 Maar die een het die ander aan die hoof gegryp, en die een se swaard was in die sy van die ander, sodat hulle saam geval het; daarom noem hulle die plek Veld van Swaardskerptes, wat by G¡beon is.
17 En dieselfde dag het die geveg buitengewoon hewig geword, maar Abner en die manne van Israel is verslaan voor die dienaars van Dawid.
18 En daar was drie seuns van Seruja: Joab en Ab¡sai en Asahel; en Asahel was lig op sy voete soos een van die gemsbokke wat in die veld is.
19 En Asahel het Abner agternagejaag sonder om in sy koers regs of links agter Abner weg te draai.
20 Toe kyk Abner agter hom om en sê: Is dit jy, Asahel? En hy antwoord: Dit is ek.
21 En Abner sê vir hom: Draai uit na jou regter-- of linkerhand en gryp vir jou een van die jongmanne en neem sy uitrusting vir jou. Maar Asahel wou nie agter hom wegdraai nie.
22 En Abner sê nog 'n keer vir Asahel: Jy moet padgee agter my; waarom moet ek jou teen die grond slaan? Hoe sou ek dan my aangesig kan ophef voor jou broer Joab?
23 Maar hy het geweier om weg te draai. Toe steek Abner hom met die agterent van die spies in die onderlyf, sodat die spies agter hom uitkom en hy daar neerval en op die plek sterwe. En almal het bly staan wat aankom by die plek waar Asahel geval en gesterwe het.
24 Maar Joab en Ab¡sai het Abner agternagejaag, en die son het ondergegaan toe hulle by die heuwel Amma kom wat teenoor Giag lê, aan die pad na die woestyn van G¡beon.
25 En die kinders van Benjamin het agter Abner byeengekom en saam een skare geword, en hulle het gaan staan op die top van 'n sekere heuwel.
26 Toe roep Abner na Joab en sê: Moet die swaard dan vir ewig verteer? Weet jy nie dat dit oplaas bitter sal wees nie? En hoe lank sal jy nie aan die manskappe sê dat hulle moet omdraai agter hulle broers vandaan nie?
27 En Joab antwoord: So waar as God leef, waarlik, as jy nie gespreek het nie, sou die manskappe môre eers weggetrek het, elkeen agter sy broer vandaan.
28 Toe blaas Joab op die ramshoring, en al die manskappe het stilgestaan en Israel nie langer agternagejaag en nie verder meer geveg nie.
29 Daarop het Abner en sy manne daardie hele nag die Vlakte deurgegaan en deur die Jordaan getrek en deur die hele Bitron en in Mahan im aangekom.
30 En Joab het omgedraai agter Abner weg en al die manskappe versamel. En van Dawid se dienaars is negentien man en Asahel vermis.
31 Maar die dienaars van Dawid het van Benjamin, naamlik onder die manne van Abner, geslaan -- drie honderd en sestig man het gesterwe.
32 En hulle het Asahel opgetel en hom in die graf van sy vader, wat in Betlehem was, begrawe; en Joab en sy manne het die hele nag deur getrek, sodat dit vir hulle in Hebron lig geword het.
1 这事以后, 大卫求问耶和华说: "我可以上犹大的一座城去吗?"耶和华回答: "你上去吧。"大卫又问: "我应该上到哪里去呢?"他回答: "上希伯仑去! "
2 于是大卫带着他的两个妻子, 一个是耶斯列人亚希暖, 一个是作过迦密人拿八妻子的亚比该, 上到那里去了。
3 大卫也把与他在一起的人, 和他们各人的家眷都带上去。他们就在希伯仑的城镇里住下来。
4 于是犹大人来到希伯仑, 在那里膏立了大卫作王, 统治犹大家。有人报告大卫说: "埋葬扫罗的是基列.雅比人。"
5 大卫就差派使者到基列.雅比人那里去, 对他们说: "愿耶和华赐福给你们, 因为你们厚待了你们的主扫罗, 把他埋葬了。
6 你们既作了这事, 现在就愿耶和华以慈爱和诚实待你们, 我也要善待你们。
7 现在你们要坚强, 要作勇敢的人, 因为你们的主扫罗已经死了; 犹大家已经膏立了我作他们的王了。"
8 当时, 扫罗的元帅尼珥的儿子押尼珥已经领着扫罗的儿子伊施波设, 把他带过河到玛哈念去,
9 并且立了他作王, 统治基列、亚书利、耶斯列、以法莲、便雅悯和以色列众人。
10 扫罗的儿子伊施波设作以色列王的时候, 已经四十岁; 他作王共两年。犹大家却追随大卫。
11 大卫在希伯仑作王统治犹大家的时候共有七年零六个月。
12 尼珥的儿子押尼珥带着扫罗的儿子伊施波设的仆从, 离开玛哈念, 到基遍去。
13 洗鲁雅的儿子约押和大卫的臣仆也出来, 在基遍的水池旁边与他们会面。大家都坐下, 一队在水池这边, 一队在水池那边。
14 押尼珥对约押说: "让年轻人起来, 在我们面前比比武。"约押说: "好! 叫他们起来。"
15 他们就起来, 按着人数走过去: 属便雅悯, 就是属扫罗的儿子伊施波设的, 有十二人; 属大卫臣仆的也有十二人。
16 他们各人都紧紧抓住对手的头, 用刀刺进对手的肋旁, 于是他们全都倒毙。所以在基遍那地方就叫作希利甲.哈素林。
17 那天的战事非常激烈, 结果押尼珥和以色列人败在大卫的臣仆面前。
18 洗鲁雅的三个儿子约押、亚比筛和亚撒黑都在那里。亚撒黑的腿轻快如野地的羚羊一般。
19 亚撒黑追赶押尼珥, 紧紧地跟着他, 不偏左, 也不偏右。
20 押尼珥往后瞧着, 说: "你是亚撒黑吗?"他回答: "我正是。"
21 押尼珥对他说: "你或转左或转右, 抓住一个年轻人, 夺去他的武器吧! "可是亚撒黑不愿意离开不追赶他。
22 押尼珥再一次对亚撒黑说: "你离开, 别追赶我! 我为什么要把你砍倒在地上呢?以后怎么还有脸见你的哥哥约押呢?"
23 亚撒黑不肯离开, 所以押尼珥就用枪的尾端刺入了他的肚子, 枪从他的背后穿出。亚撒黑仆倒在那里, 当场死了。所有来到亚撒黑倒毙的地方的人, 都站住不动。
24 约押和亚比筛却继续追赶押尼珥。日落的时候, 他们来到亚玛山, 就在通往基遍旷野的路旁, 基亚的对面。
25 便雅悯人集结在押尼珥后面, 站在一座山头上, 列成一个队伍。
26 押尼珥对约押喊叫, 说: "刀剑要不停地杀人吗?你不知道结局是痛苦的吗?你要等到什么时候才吩咐人民转去, 不追赶自己的兄弟呢?"
27 约押说: "我指着永活的 神起誓, 如果你们没有说过比武的话, 大家必在早晨的时候离去, 不再追赶自己的兄弟。"
28 于是约押吹响号角, 众人就站住, 不再追赶以色列人, 也不再打仗了。
29 押尼珥和属他的人, 整夜走过亚拉巴, 渡过约旦河, 又走过毕伦, 才回到玛哈念。
30 约押追赶押尼珥回来, 集合所有人的时候, 发现在大卫的臣仆中, 除了亚撒黑以外, 还少了十九个人。
31 但大卫的臣仆击杀便雅悯人和跟随押尼珥的人, 共有三百六十人死了。
32 他们把亚撒黑抬回去, 埋葬在伯利恒他父亲的坟墓里。约押和属他的人走了一整夜, 天亮的时候才回到希伯仑。