1 En aan Joab is meegedeel: Kyk, die koning ween en bedryf rou oor Absalom.

2 En daardie dag het die oorwinning vir die hele volk 'n roubedryf geword, omdat die volk die dag hoor sê het: Die koning is bedroef oor sy seun.

3 Daarom het die volk die dag stilletjies die stad ingekom, net soos mense wat skaam is, wegsluip as hulle in die geveg gevlug het.

4 En die koning het sy gesig toegemaak, en die koning het hardop uitgeroep: My seun Absalom! Absalom, my seun, my seun!

5 Toe kom Joab by die koning in die huis en sê: U het vandag die aangesig van al u dienaars beskaamd gemaak, wat vandag u lewe en die lewe van u seuns en dogters en die lewe van u vroue en die lewe van u byvroue gered het,

6 deur lief te hê diegene wat u haat, en te haat diegene wat u liefhet; want u gee vandag te kenne dat owerstes en onderdane vir u niks is nie, want ek merk vandag dat, as Absalom lewendig en ons almal vandag dood was, dit dan in u oë reg sou gewees het.

7 Staan dan nou op, gaan uit en spreek na die hart van u dienaars, want ek sweer by die HERE -- as u nie uitgaan nie, sal sekerlik vannag geen man by u bly nie; en dit sal vir u 'n groter onheil wees as al die onheile wat u oorgekom het van u jeug af tot nou toe.

8 En die koning het opgestaan en in die poort gaan sit; en hulle het die hele volk laat weet en gesê: Kyk, die koning sit in die poort. Daarna het die hele volk voor die koning gekom. Maar Israel het gevlug elkeen na sy tente toe.

9 En die hele volk onder al die stamme van Israel het onder mekaar getwis en gesê: Die koning het ons verlos uit die hand van ons vyande, en hy het ons gered uit die hand van die Filistyne, en nou moes hy die land uit vlug vir Absalom;

10 en Absalom wat ons oor ons gesalf het, het in die geveg gesneuwel: waarom is julle dan nou nalatig om die koning terug te bring?

11 Toe het koning Dawid gestuur na Sadok en Abjatar, die priesters, om te sê: Spreek met die oudstes van Juda en vra: Waarom sou julle die laastes wees om die koning terug te bring na sy huis? Die gesegde van die hele Israel het naamlik die koning in sy huis bereik.

12 Julle is my broers; my been en my vlees is julle: waarom sou julle dan die laastes wees om die koning terug te bring?

13 En vir Am sa moet julle sê: Is jy nie my been en my vlees nie? Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen as jy nie al die dae leërowerste voor my in die plek van Joab sal wees nie!

14 So het hy dan die hart van al die manne van Juda sonder uitsondering geneig, sodat hulle die koning laat weet het: Kom terug, u met al u dienaars.

15 Daarop het die koning teruggegaan en by die Jordaan aangekom; en Juda het na Gilgal gekom om die koning tegemoet te gaan, om die koning oor die Jordaan te bring.

16 En S¡me‹, die seun van G,ra, die Benjaminiet, wat uit Bahurim was, het hom gehaas en saam met die manne van Juda afgekom om koning Dawid te ontmoet,

17 en duisend man uit Benjamin was saam met hom; verder Siba, die dienaar van Saul se huis, met sy vyftien seuns en sy twintig slawe saam met hom; en hulle het voor die koning al die Jordaan bereik.

18 En die pont het heen en weer gevaar om die huis van die koning oor te bring en te doen wat goed was in sy oë. En S¡me‹, die seun van G,ra, het voor die koning neergeval toe hy die Jordaan sou oortrek

19 en aan die koning gesê: My heer moet my die skuld nie toereken en daar nie aan dink hoe u dienaar verkeerd gehandel het op die dag dat my heer die koning uit Jerusalem uitgetrek het, deurdat die koning dit ter harte sou neem nie.

20 Want u dienaar weet dat ,k gesondig het; maar soos u sien, vandag het ek die eerste van die hele huis van Josef afgekom om my heer die koning tegemoet te gaan.

21 Toe het Ab¡sai, die seun van Seruja, geantwoord en gesê: Moet S¡me‹nie hieroor gedood word, dat hy die gesalfde van die HERE gevloek het nie?

22 Maar Dawid sê: Wat het ek met julle te doen, seuns van Seruja, dat julle vandag my teëstanders word? Sou iemand vandag in Israel gedood word? Want weet ek dan nie dat ek vandag koning oor Israel is nie?

23 Daarop sê die koning aan S¡me‹: Jy sal nie sterf nie. En die koning het vir hom gesweer.

24 Mefiboset, die kleinseun van Saul, het ook afgekom die koning tegemoet, en hy het sy voete nie skoongemaak en sy baard nie geskeer en sy klere nie gewas van die dag af dat die koning weggegaan het tot op die dag dat hy behoue teruggekom het nie;

25 en toe hy in Jerusalem die koning tegemoetkom, sê die koning vir hom: Waarom het jy nie met my saamgetrek nie, Mefiboset?

26 En hy antwoord: My heer die koning, my dienaar het my bedrieg; want u dienaar het gedink: Ek wil vir my die esel laat opsaal, dat ek daarop kan ry en met die koning kan saamtrek, want u dienaar is lam.

27 Hy het ewenwel u dienaar by my heer die koning belaster, maar my heer die koning is soos 'n engel van God: doen dan wat goed is in u oë.

28 Want my hele familie was by my heer die koning niks anders as manne wat die dood verdien nie; tog het u u dienaar opgeneem onder die wat aan u tafel eet: watter regsaanspraak het ek dan nog meer om my verder op die koning te beroep?

29 Toe sê die koning vir hom: Waarom nog meer woorde? Ek sê: Jy en Siba moet die grond verdeel.

30 En Mefiboset het die koning geantwoord: Hy kan ook alles neem nadat my heer die koning behoue in sy huis gekom het.

31 Bars¡llai, die Gileadiet, het ook afgekom van Rogelim en met die koning oor die Jordaan getrek om hom oor die Jordaan weg te bring.

32 En Bars¡llai was baie oud, 'n man van tagtig jaar, en hy het die koning onderhou gedurende sy verblyf in Mahan im, want hy was 'n baie vermoënde man.

33 Toe sê die koning vir Bars¡llai: Trek jy saam met my oor, dan sal ek jou by my in Jerusalem onderhou.

34 Maar Bars¡llai het die koning geantwoord: Hoeveel sal die dae van my lewensjare dan wees, dat ek saam met die koning moet opgaan na Jerusalem?

35 Ek is vandag tagtig jaar oud. Kan ek tussen goed en kwaad onderskei? of sal u dienaar kan proe wat ek eet en wat ek drink? of sal ek nog kan aanhoor die stem van die sangers en die sangeresse? Waarom sal u dienaar my heer die koning dan nog tot 'n las wees?

36 U dienaar kan net 'n entjie saam met die koning trek oor die Jordaan. Waarom tog sou die koning hierdie vergelding aan my doen?

37 Laat u dienaar tog maar omdraai, dat ek kan sterf in my stad by die graf van my vader en my moeder; maar hier is u dienaar Kimham. Laat hy saam met my heer die koning oortrek, en doen aan hom wat goed is in u oë.

38 En die koning sê: Kimham kan saam met my oortrek, dan sal ek aan hom doen wat goed is in jou oë, en alles wat jy verkies om aan my op te dra, sal ek vir jou doen.

39 Toe trek die hele volk die Jordaan oor. En nadat die koning ook oorgetrek het, soen die koning Bars¡llai en groet hom; en hy het na sy woonplek teruggegaan.

40 Daarop het die koning verder getrek na Gilgal, en Kimham het saam met hom getrek, en die hele volk van Juda en ook die helfte van die volk van Israel het die koning verder gebring.

41 Meteens kom toe al die manne van Israel by die koning aan en sê aan die koning: Waarom het ons broers, die manne van Juda, u gesteel en die koning en sy huis en al die manne van Dawid saam met hom oor die Jordaan gebring?

42 Daarop antwoord al die manne van Juda die manne van Israel: Omdat die koning aan my verwant is; maar waarom is jy tog kwaad oor hierdie saak? Het ons ooit iets van die koning geëet, of is iets as 'n porsie vir ons weggedra?

43 En die manne van Israel het die manne van Juda geantwoord en gesê: Ek het tien aandele aan die koning en ook meer reg op Dawid as jy. Waarom het jy my dan veragtelik behandel? Was my woord dan nie die eerste om my koning terug te bring nie? Maar die woord van die manne van Juda was heftiger as die woord van die manne van Israel.

1 有人告诉约押: "看哪! 王正在为押沙龙悲哀哭泣。"(本节在《马索拉抄本》为19:2)

2 那一天, 众人胜利的欢乐变成了悲哀, 因为他们听说王为他的儿子伤痛。

3 那一天, 众人偷偷进城, 就像军人从战场上逃跑, 羞愧地偷偷回来一样。

4 王蒙着脸, 大声哀哭, 说: "我儿押沙龙啊! 押沙龙, 我儿, 我儿啊! "

5 约押进了屋子去见王, 说: "你所有的臣仆今天救了你的性命, 和你儿女妻室的性命, 你今天却使他们满面羞愧;

6 你爱那些恨你的, 恨那些爱你的。因为你今天表明了你不重视将帅和臣仆; 我今天才明白, 如果押沙龙活着, 我们大家都死去, 你就欢喜了。

7 现在请你起来, 出去, 说些安慰你仆人们的话。我指着耶和华起誓, 如果你不出去, 今夜就必没有一人留下来与你在一起。这祸患就比你从幼年到现在所遭受的一切祸患更厉害了。"

8 于是王起来, 坐在城门口。有人告诉众民说: "看哪! 王坐在城门口。"于是众人都来到王的面前。以色列人已经逃跑, 各回自己的家去了。

9 以色列众支派的人都纷纷议论, 说: "王曾经拯救我们脱离仇敌的手, 又救了我们脱离非利士人的手, 现在他却躲避押沙龙, 离开这地逃走了。

10 我们所膏立统治我们的押沙龙, 已经在战场上死了。现在你们为什么不出声请王回来呢?"

11 大卫王派人去见撒督祭司和亚比亚他, 说: "你们要对犹大的众长老说: ‘你们为什么在请王回宫的事上落在人后头呢?全以色列请王回宫的话已经传到王和王宫那里去了。

12 你们是我的兄弟, 我的骨肉至亲, 为什么在请王回来的事上, 倒落在人后头呢?’

13 你们又要对亚玛撒说: ‘你不是我的骨肉至亲吗?我若不立你代替约押, 在我面前作军队的元帅, 愿 神重重地惩罚我, 并且加倍严厉地惩罚我。’"

14 这样, 大卫挽回了犹大众人的心, 好像一人的心。于是他们差派人去见王, 说: "请你和你的众臣仆都回来! "

15 王就回来, 到了约旦河。犹大人也来到吉甲, 要去迎接王, 接王过约旦河。

16 巴户琳的便雅悯人, 基拉的儿子示每, 急忙与犹大人一同下去迎接大卫王。

17 与示每同来的有一千便雅悯人, 还有扫罗家的仆人洗巴, 和他的十五个儿子, 以及二十个仆人。他们都冲过约旦河去迎接王。

18 有人渡过渡口, 把王的家眷接过去, 并且照着王的心意去作。大卫过约旦河的时候, 基拉的儿子示每俯伏在王面前,

19 对王说: "我主我王从耶路撒冷出来的那一天, 你仆人所犯的错, 现在求我主不要归罪于我, 求你不要记念, 求王也不要放在心上。

20 因为你的仆人知道自己犯了罪, 所以你看, 在约瑟全家之中, 今天我是第一个下来迎接我主我王的。"

21 洗鲁雅的儿子亚比筛回答说: "示每咒骂了耶和华的受膏者, 岂不该因此把他处死吗?"

22 大卫说: "洗鲁雅的儿子们啊, 我与你们有什么关系呢?今天你们竟与我作对! 今天在以色列中, 岂可有人被处死呢?难道我不知道今天我作以色列的王吗?"

23 于是王对示每说: "你一定不会被处死! "王又向他起誓。

24 扫罗的孙子米非波设也下去迎接王。他自从王出走那天, 直到王平平安安回来的日子, 都没有修脚, 没有刮胡子, 也没有洗衣服。

25 他从耶路撒冷来迎接王的时候, 王问他: "米非波设啊, 你为什么没有与我一同离开呢?"

26 他回答: "我主我王, 你仆人是瘸腿的; 那天, 我心里想我要预备驴子, 可以骑上, 与王一同离开, 但是我的仆人却欺骗了我,

27 又在我主我王面前毁谤你仆人。但我主我王像 神的使者一样, 现在, 你看怎样好, 就怎样行吧!

28 因为我祖父全家的人, 在我主我王面前都算不得什么, 都不过是该死的人; 你却使仆人在你席上与你一同吃饭。我还有什么权利再向王哀求什么呢?"

29 王就对他说: "你为什么再提你的事呢?我已经决定, 你与洗巴要均分那地。"

30 米非波设对王说: "我主我王既然已平平安安回宫, 所有的一切就都任凭洗巴拿去好了。"

31 基列人巴西莱也从罗基琳下来, 与王一同过约旦河, 要在约旦河边给王送行。

32 巴西莱年纪非常老迈, 已经八十岁。王住在巴户琳的时候, 是他供养王的, 因为他是一个很富有的人。

33 王对巴西莱说: "你与我一同过河去, 在耶路撒冷与我同住, 我要供养你。"

34 巴西莱对王说: "我活着的年日还能有多少, 可使我与王一同上耶路撒冷呢?

35 我现在已经八十岁了, 还能分别美丑吗?你仆人还能尝出吃喝的味道吗?我还能细听男女歌手的声音吗?你仆人为什么要负累我主我王呢?

36 你仆人只不过与王一同过约旦河, 王为什么要这样赏赐我呢?

37 请让你仆人回去, 好死在我自己的城里, 埋葬在我父母的坟墓旁。看哪, 你仆人金罕在这里, 请让他与我主我王一同过河; 你看怎么好, 就怎么待他吧! "

38 王说: "金罕可以与我一同过河。你看怎么好, 我就怎么待他。你向我所要求的, 我都必为你成全。"

39 于是众人都渡过约旦河, 王也渡过了。王与巴西莱亲嘴, 为他祝福, 巴西莱就回自己的地方去了。

40 王过了河, 到了吉甲, 金罕也与王一同渡河。所有的犹大人和半数以色列人, 也都与王一同渡河。

41 以色列众人都来见王, 问王说: "我们的兄弟犹大人为什么把你偷去了, 把王和王的家眷接过约旦河呢?属大卫的人不都一样是他的人民吗?"

42 犹大众人回答以色列人说: "因为王与我们的关系亲密。你们为什么因这事而生气呢?我们从王那里得到什么吃的呢?或是他给了我们什么礼物呢?"

43 以色列人回答犹大人说: "在王的事上, 我们有十分的投入。在大卫身上, 我们也与大卫比你们更有情分。你们为什么轻视我们呢?先说要请我们的王回来的, 不是我们吗?"但是犹大人的话比以色列人的话更强硬。