1 En toe daar in die dae van Dawid 'n hongersnood was, drie jaar lank, jaar n jaar, het Dawid die aangesig van die HERE gesoek; en die HERE het gesê: Vanweë Saul en vanweë sy huis waarop bloedskuld rus, omdat hy die Gibeoniete omgebring het.

2 Toe roep die koning die Gibeoniete en sê vir hulle -- die Gibeoniete het naamlik nie behoort tot die kinders van Israel nie, maar by 'n oorblyfsel van die Amoriete; en hoewel die kinders van Israel vir hulle gesweer het, het Saul probeer om hulle om te bring in sy ywer vir die kinders van Israel en Juda --

3 Dawid dan het aan die Gibeoniete gesê: Wat moet ek vir julle doen, en waarmee moet ek versoening doen, dat julle die erfdeel van die HERE kan seën?

4 Daarop sê die Gibeoniete vir hom: Dit is ons teenoor Saul en sy huis nie te doen om silwer en goud nie, en dit gaan vir ons nie daarom om iemand in Israel dood te maak nie. En hy vra: Wat dink julle dan moet ek vir julle doen?

5 En hulle sê vir die koning: Die man wat ons vernietig het en planne teen ons beraam het om ons te verdelg sonder dat ons in enige grondgebied van Israel kan voortbestaan --

6 laat sewe manne van sy seuns aan ons gegee word, dat ons hulle voor die HERE kan ophang in G¡bea van Saul, die uitverkorene van die HERE! En die koning het gesê: Ek sal hulle gee.

7 Maar die koning het Mefiboset, die seun van Jonatan, die seun van Saul, verskoon vanweë die eed by die HERE wat tussen hulle was, tussen Dawid en Jonatan, die seun van Saul.

8 Toe neem die koning die twee seuns van Rispa, die dogter van Aja, wat sy vir Saul gebaar het, Armoni en Mefiboset, en die vyf seuns van Merab, die dogter van Saul, wat sy vir Adriël, die seun van Bars¡llai, die Meholatiet, gebaar het;

9 en hy het hulle oorgegee in die hand van die Gibeoniete, wat hulle opgehang het op die berg voor die aangesig van die HERE, sodat al sewe tesame omgekom het; en hulle is gedood in die eerste dae van die oes, in die begin van die gars-oes.

10 En Rispa, die dogter van Aja, het 'n sak geneem en dit vir haar oopgespan op die rots, van die begin van die oes af totdat daar water uit die hemel op hulle gegiet het, en sy het die voëls van die hemel oordag nie toegelaat om op hulle te gaan sit nie, en ook nie die diere van die veld in die nag nie.

11 Toe aan Dawid meegedeel is wat Rispa, die dogter van Aja, die byvrou van Saul, gedoen het,

12 het Dawid gegaan en die bene van Saul en die bene van sy seun Jonatan van die burgers van Jabes in G¡lead gaan haal, wat dit van die plein van Bet-San gesteel het, waar die Filistyne hulle opgehang het op die dag toe die Filistyne Saul op Gilboa verslaan het.

13 En hy het die bene van Saul en die bene van sy seun Jonatan daarvandaan weggebring. Hulle het ook die bene van die wat opgehang is, versamel,

14 en die bene van Saul en van sy seun Jonatan in die land Benjamin, in Sela, in die graf van sy vader Kis begrawe; en hulle het alles gedoen volgens die bevel van die koning. En daarna het God Hom oor die land ontferm.

15 En toe die Filistyne weer oorlog gehad het met Israel, het Dawid afgetrek, en sy dienaars saam met hom, en hulle het teen die Filistyne geveg, en Dawid het al moeg geword.

16 En Jisbi-Benob wat uit die kinders van die Refa‹ete was -- die gewig van sy spies was drie honderd sikkels koper in gewig, en hy was omgord met 'n nuwe swaard -- het gedink om Dawid te verslaan.

17 Maar Ab¡sai, die seun van Seruja, het hom gehelp en die Filistyn verslaan en hom gedood. Toe het die manne van Dawid hom besweer en gesê: U mag nie meer saam met ons uittrek na die geveg nie, dat u die lamp van Israel nie uitblus nie.

18 En daarna was daar weer oorlog met die Filistyne in Gob. Toe het S¡bbegai, die Husatiet, Saf, uit die kinders van die Refa‹ete, verslaan.

19 En daar was weer oorlog met die Filistyne in Gob; en lhanan, die seun van J äre-Orgim uit Betlehem, het Goliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos 'n wewersbalk was, verslaan.

20 En daar was weer oorlog in Gat; en daar was 'n baie lang man, met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, vier en twintig in getal, en hy was ook 'n afstammeling van die Refa‹ete.

21 En hy het Israel gehoon, maar Jonatan, die seun van S¡mea, die broer van Dawid, het hom verslaan.

22 Hierdie vier was afstammelinge van die Refa‹ete in Gat, en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy dienaars.

1 大卫在位的日子, 有连续三年的饥荒; 大卫就寻求耶和华的面。耶和华说: "这是因为扫罗和扫罗家流人血的罪, 因为他曾经杀死了基遍人。"

2 原来基遍人不是以色列人, 而是亚摩利人中余剩的后人。以色列人曾经起誓与他们立约, 但扫罗却为以色列人和犹大人发热心, 设法要击杀他们。王把基遍人召了来, 对他们说话。

3 大卫问基遍人: "我能为你们作什么?我该用什么来赎罪, 使你们为耶和华的产业祝福呢?"

4 基遍人回答大卫: "我们与扫罗和他家的事, 都与金子银子没有关系; 我们也不愿以色列中有一个人被杀。"大卫问: "那么, 你们说, 我当为你们作什么?"

5 他们回答王: "从前破坏我们, 谋害我们, 要消灭我们, 使我们不能在以色列境内立足的那人,

6 现在请你把他子孙中的七个男丁交给我们, 我们可以在基遍耶和华的山上, 在耶和华面前把他们处决。"王说: "我必交给你们。"

7 王顾惜扫罗的孙子、约拿单的儿子米非波设, 因为大卫与扫罗的儿子约拿单, 曾经在耶和华面前有过誓约。

8 于是王逮捕了爱雅的女儿利斯巴为扫罗所生的两个儿子: 亚摩尼和米非波设, 和扫罗的女儿米拉为米何拉人巴西莱的儿子亚得列所生的五个儿子,

9 把他们交在基遍人的手里。基遍人就在山上耶和华面前把他们处决, 这七人就一同倒毙了。他们被处死的时候, 正是收获季节之初, 就是开始收割大麦的时候。

10 爱雅的女儿利斯巴拿了一块麻布, 为自己铺在磐石上。从开始收割的时候, 直到雨水从天上倾倒在他们的尸身上的时候, 白天她不让空中的飞鸟落在尸身上, 夜间不让田间的走兽来糟践他们。

11 有人把扫罗的妃子, 爱雅的女儿利斯巴所作的这事告诉了大卫,

12 大卫就去把扫罗的骸骨和他儿子约拿单的骸骨, 从基列.雅比人那里搬回来。原来非利士人从前在基利波山击杀扫罗那一天, 就把他们二人的尸体挂在伯.珊的广场上, 基列.雅比人却把他们偷了去。

13 大卫把扫罗和他儿子约拿单的骸骨从那里搬上来; 又有人收殓了那些被处决者的骸骨。

14 他们把扫罗和他儿子约拿单的骸骨埋葬在便雅悯地的洗拉, 在扫罗父亲基士的坟墓里。王所吩咐的一切, 众人都行了。这事以后, 神垂听了人们为那地的祷告。

15 非利士人与以色列人又有了战事。大卫和跟随他的臣仆一同下去, 要与非利士人争战; 大卫疲倦了。

16 他们住在歌伯。有一个人, 是巨人的儿子, 他的铜矛有三公斤半重, 又佩带着新刀; 他想要击杀大卫。

17 洗鲁雅的儿子亚比筛帮助了大卫; 亚比筛击打那非利士人, 把他杀死了。那时, 跟随大卫的人向他起誓说: "以后你不可再与我们一同出去打仗, 免得以色列的灯熄灭了。"

18 后来, 以色列人又在歌伯与非利士人争战。那时, 户沙人西比该击杀了巨人的一个儿子撒弗。

19 在歌伯又再与非利士人争战。伯利恒人雅雷俄珥金的儿子伊勒哈难击杀了迦特人歌利亚。这人的矛杆好像织布的机轴那么粗大。

20 在迦特又有一场战事, 那里有一个身量高大的人, 手脚都各有六个指头, 总数是二十四个; 这人也是巨人所生的。

21 这人向以色列人骂阵, 大卫的哥哥示米亚的儿子约拿单把他击杀了。

22 以上这四个人都是迦特城里那个巨人所生的, 都死在大卫和大卫臣仆的手下。