1 Verder het Agitofel vir Absalom gesê: Laat ek tog twaalf duisend man uitsoek en my klaarmaak en Dawid vannag agternajaag,
2 dat ek hom kan oorval, terwyl hy moeg en slap van hande is, en hom verskrik; dan sal al die mense vlug wat by hom is, en ek sal net die koning neerslaan.
3 En ek sal die hele volk na u terugbring: die terugkeer van almal hang af van die man wat u soek; die hele volk sal tevrede wees.
4 En die woord was reg in die oë van Absalom en in die oë van al die oudstes van Israel.
5 Maar Absalom het gesê: Roep tog ook Husai, die Arkiet, en laat ons ook hoor wat hy sê.
6 Toe Husai by Absalom inkom, het Absalom met hom gespreek en gesê: So het Agitofel gespreek. Sal ons sy raad opvolg? So nie, spreek jy dan.
7 En Husai sê vir Absalom: Die raad wat Agitofel hierdie keer gegee het, is nie goed nie.
8 Verder het Husai gesê: U weet dat u vader en sy manne helde is en bitter van siel soos 'n beer wat van haar kleintjies beroof is in die veld; ook is u vader 'n krygsman, en hy sal nie by die volk vernag nie.
9 Kyk, nou het hy hom weggesteek in een van die kuile of in een van die ander plekke, en as daar al by die begin enkele onder hulle val en die mense dit hoor, sal hulle sê: Die manskappe wat Absalom volg, het 'n neerlaag gely!
10 Dan sal selfs hy wat 'n dapper man is, wat 'n hart het soos 'n leeu se hart, heeltemal versmelt; want die hele Israel weet dat u vader 'n held is, en dat dapper manne by hom is.
11 Maar ek raai aan: Laat die hele Israel van Dan tot Bers,ba, soos sand wat aan die seestrand is in menigte, voltallig by u versamel word; en u moet persoonlik in die stryd trek.
12 En as ons by hom kom in een van die plekke waar hy hom bevind, dan val ons op hom neer soos dou op die aarde val, sodat daar van hom en van al die manne wat by hom is, selfs nie een oorbly nie.
13 En as hy hom in 'n stad terugtrek, moet die hele Israel toue aanbring na daardie stad, en ons sal dit wegsleep na die spruit totdat daar selfs geen klippie meer te vinde is nie.
14 Toe sê Absalom en al die manne van Israel: Die raad van Husai, die Arkiet, is beter as die raad van Agitofel. Maar die HERE het dit beskik om die goeie raad van Agitofel te verydel, sodat die HERE die onheil oor Absalom kon bring.
15 En Husai het aan Sadok en Abjatar, die priesters, gesê: So en so het Agitofel Absalom en die oudstes van Israel aangeraai, maar so en so het ek aangeraai.
16 Stuur dan nou gou, en laat Dawid weet: Vernag nie by die woestyndriwwe nie, maar trek sekerlik deur; anders word die koning en al die mense wat by hom is, vernietig.
17 Intussen het Jonatan en Ah¡ma„s by die fontein Rogel gestaan, terwyl 'n diensmeisie gaan om vir hulle berig te bring; hulle moes dan weer gaan en dit aan koning Dawid oorbring. Want hulle moes hulle nie laat sien deur in die stad in te gaan nie.
18 Maar 'n seun het hulle gesien en dit aan Absalom meegedeel. Toe gaan hulle twee haastig weg en kom by die huis van 'n man in Bahurim wat 'n put op sy erf gehad het, en hulle het daarin afgesak.
19 En die vrou het 'n doek geneem en dit bo-oor die put oopgetrek en graankorrels daarop uitgestrooi, sodat 'n mens niks kon merk nie.
20 Toe Absalom se dienaars by die vrou in die huis kom, vra hulle: Waar is Ah¡ma„s en Jonatan? En die vrou sê vir hulle: Hulle het die watertjie deurgegaan. En hulle het gesoek maar niks gekry nie, en na Jerusalem teruggegaan.
21 Nadat hulle weg was, het hulle uit die put opgeklim en verder gegaan en aan koning Dawid berig gebring en aan Dawid gesê: Maak julle klaar en trek gou die water deur, want so het Agitofel teen julle raad gegee.
22 Daarop het Dawid hom klaargemaak, en al die mense wat by hom was, en die Jordaan deurgetrek. Teen dat dit die môre lig geword het, het selfs nie een ontbreek wat nie die Jordaan deurgetrek het nie.
23 En toe Agitofel sien dat sy raad nie opgevolg is nie, saal hy die esel op en maak hom klaar, en hy het na sy huis in sy stad gegaan en aan sy huis bevel gegee en homself gewurg. So het hy dan gesterwe; en hy is begrawe in die graf van sy vader.
24 En Dawid het al in Mahan im aangekom terwyl Absalom deur die Jordaan trek, hy en al die manne van Israel saam met hom.
25 En Absalom het Am sa in Joab se plek oor die leër aangestel; en Am sa was die seun van 'n man met die naam van Jitra, die Ismaeliet wat ingegaan het by Ab¡gail, die dogter van Nahas, die suster van Seruja, Joab se moeder.
26 En Israel en Absalom het laer opgeslaan in die land G¡lead.
27 Net toe Dawid in Mahan im aankom, bring Sobi, die seun van Nahas, uit Rabba van die kinders van Ammon, en Magir, die seun van Ammiël, uit Lodebar, en Bars¡llai, die Gileadiet, uit Rogelim,
28 beddegoed en skottels en erdegoed en koring en gars en meel en gebraaide koring en bone en lensies, ook gebraai,
29 en heuning en dikmelk en kleinvee en kaas van beesmelk na Dawid om te eet, en na die mense wat by hom was, want hulle het gesê: Die mense het honger en is moeg en het dors geword in die woestyn.
1 亚希多弗又对押沙龙说: "求你准我挑选一万二千人, 今晚我要动身去追赶大卫,
2 趁他疲乏手软的时候, 忽然追上他, 使他惊惶失措, 与他在一起的人就必逃跑; 我只要单单击杀王一人,
3 使众人都来归你。你所寻索的那个人一死, 众人就都归你了, 众人也可以平安无事。"
4 押沙龙和以色列的众长老都看这事为美。
5 押沙龙说: "把亚基人户筛召来, 我们也听听他怎么说。"
6 于是户筛来见押沙龙, 押沙龙问他说: "亚希多弗说了这样的话, 我们可以照着他的话去行吗?如果不可以, 请你提议吧! "
7 户筛回答押沙龙: "亚希多弗这次计划的谋略不好。"
8 户筛又说: "你知道你父亲和那些跟随他的人都是勇士; 他们凶恶威猛, 好像野地里丧子的母熊一样; 并且你父亲是个战士, 必不会与众人在一起住宿。
9 现在他或躺在一个坑中, 或在另一个地方, 如果他首先攻击你的手下, 听见的人就必说: ‘跟从押沙龙的人被杀了! ’
10 那时, 纵使有人像狮子一般勇敢, 心里也必惊慌, 因为全以色列都知道你父亲是个勇士, 跟随他的人都是英勇的人。
11 因此, 我建议把以色列众人, 从但到别是巴, 都聚集到你这里来, 好像海边的沙那样多, 然后你亲自率领他们上战场。
12 无论我们在哪一个地方找到大卫, 就攻击他; 我们临到他, 像露水降在地上一样。这样, 他和跟随他的人, 就一个也不会留下。
13 如果他退入城里去, 以色列众人就要带绳子到那城去, 我们要把那城拉到河里去, 使那里连一块小石头也找不到。"
14 押沙龙和以色列众人都说: "亚基人户筛的谋略比亚希多弗的好。"因为耶和华定意要破坏亚希多弗的好计谋, 为要降灾祸给押沙龙。
15 于是户筛对撒督祭司和亚比亚他说: "亚希多弗为押沙龙和以色列的众长老所策定的谋略是这样这样的, 我所策定的谋略又是这样这样的。
16 现在你们要赶快派人去告诉大卫: ‘今天晚上你不可在旷野的渡口住宿, 务要过河, 免得王和跟随他的众人都被吞灭。’"
17 那时, 约拿单和亚希玛斯停留在隐.罗结, 他们不敢进城, 怕被人看见。有一个婢女经常出来, 把话告诉他们, 然后他们再去告诉大卫王。
18 但有一个仆人看见他们, 就去告诉押沙龙。因此, 他们两人急忙离开那里, 来到巴户琳某人的家里; 那人的院子里有一口井, 他们就下到井里。
19 那家的主妇拿了一块大布, 盖在井口上, 又在上面铺了一些麦子, 所以没有人知道这件事。
20 押沙龙的臣仆到这家来见那妇人, 问她: "亚希玛斯和约拿单在哪里?"那妇人回答他们说: "他们已经过了河了。"于是臣仆搜索他们, 却没有找着, 就都回耶路撒冷去了。
21 他们走了以后, 两人从井里上来, 去告诉大卫王, 对大卫说: "你们要起来, 赶快过河, 因为亚希多弗已经定了这样这样的谋略攻击你们。"
22 于是大卫和跟随他的众人都起来, 渡过约旦河; 到了天亮, 没有一人还没有渡过约旦河的。
23 亚希多弗见自己的谋略不被采纳, 就预备了驴子, 起程往本城自己的家去。他安排好了家里的事, 就上吊死了, 埋葬在他父亲的坟墓里。
24 大卫到了玛哈念, 押沙龙和跟随他的以色列众人也都过了约旦河。
25 押沙龙派亚玛撒统率军队, 作军队的元帅, 取代约押。亚玛撒是以实玛利人以特拉的儿子。以特拉曾经与拿辖的女儿亚比该亲近过; 亚比该和约押的母亲洗鲁雅是姊妹。
26 以色列人和押沙龙都在基列地安营。
27 大卫到了玛哈念的时候, 亚扪族的拉巴人拿辖的儿子朔比、罗.底巴人亚米利的儿子玛吉、基列的罗基琳人巴西莱,
28 带来寝具、碗盘、瓦器、小麦、大麦、面粉、炒麦、豆子、红豆、炒豆、
29 蜂蜜、奶油、绵羊和乳酪送给大卫和跟随他的人吃, 因为他们说: "这些人在旷野一定又饥饿, 又疲倦, 又口渴了。"