1 Toe Mordegai verneem alles wat gebeur het, het Mordegai sy klere geskeur en 'n roukleed aangetrek, en daar was as op sy hoof; en hy het uitgegaan dwarsdeur die stad en hardop en bitter geskreeu.

2 So het hy dan tot voor die poort van die koning gekom; want niemand het met 'n roukleed aan by die poort van die koning mag ingaan nie.

3 En in al die provinsies waar die bevel van die koning en sy wet ook al aankom, was daar groot rou onder die Jode met vas en geween en rouklag; baie het sak en as onder hulle uitgesprei.

4 Toe die meisies van Ester en haar hofdienaars kom en haar dit meedeel, was die koningin baie beangs, en sy het klere gestuur om Mordegai dit aan te trek en om sy roukleed van hom weg te neem; maar hy het dit nie aangeneem nie.

5 Hierop roep Ester Hatag, een van die hofdienaars van die koning, wat hy in haar diens gestel het, en beveel hom om na Mordegai te gaan om te verneem wat dit beteken en waarom dit gebeur.

6 En Hatag het uitgegaan na Mordegai na die stadsplein wat voor die poort van die koning gelê het.

7 Toe deel Mordegai hom mee alles wat hom oorgekom het, en die juiste bedrag van die silwer wat Haman beloof het om in die skatte van die koning af te weeg as prys vir die Jode om hulle uit te roei.

8 En hy het hom 'n afskrif gegee van die bevelskrif wat in Susan uitgevaardig was om hulle te verdelg, sodat hy dit aan Ester kon wys en haar die saak kon meedeel en haar kon opdra om na die koning te gaan om hom genade te vra en by hom 'n voorspraak te wees vir haar volk.

9 Daarop het Hatag ingegaan en die woorde van Mordegai aan Ester meegedeel.

10 Toe sê Ester vir Hatag, terwyl sy hom 'n opdrag gee aan Mordegai:

11 Al die dienaars van die koning en die volk van die provinsies van die koning weet dat vir elke man of vrou wat na die koning in die binneste voorhof ingaan, sonder dat hy geroep is, een en dieselfde wet geld: hy moet gedood word; behalwe wanneer die koning sy goue septer na hom uitsteek, dat hy mag lewe; en ek is nou al dertig dae lank nie geroep om by die koning in te kom nie.

12 En hulle het die woorde van Ester aan Mordegai meegedeel.

13 Daarop sê Mordegai dat hulle Ester moes antwoord: Verbeel jou nie dat jy alleen uit al die Jode in die huis van die koning sal vrykom nie.

14 Want as jy nou werklik swyg, sal daar van 'n ander kant af verligting en redding vir die Jode tot stand kom, maar jy en jou familie sal omkom, en wie weet of jy nie met die oog op 'n tyd soos hierdie tot die koninklike waardigheid geraak het nie?

15 Toe sê Ester dat hulle Mordegai moes antwoord:

16 Gaan heen, versamel al die Jode wat in Susan te vinde is, en vas julle om my ontwil; en julle moet nie eet en drink nie, drie dae lank, nag en dag; ek ook met my dienaresse sal net so vas; en so sal ek na die koning ingaan, wat nie volgens wet is nie, en as ek omkom, dan kom ek om.

17 En Mordegai het heengegaan en gedoen net soos Ester hom opgedra het.

1 末底改知道了发生的一切事, 就撕裂自己的衣服, 披上麻衣, 撒上灰尘, 出到城中, 大声痛哭地呼叫。

2 他到了御门前, 就停住, 因为身穿麻衣的, 不可以进御门。

3 王的谕旨和命令传到的各省各地, 犹大人都大大悲哀, 禁食、哭泣、悲伤; 许多人披上麻衣, 躺在灰尘中。

4 以斯帖的婢女和太监把这事告诉以斯帖, 王后就非常惊慌, 就派人送衣服给末底改穿着, 要他脱下麻衣, 他却不接受。

5 以斯帖就把王派来侍候她的一个太监哈他革召了来, 吩咐他到末底改那里去, 探听这是什么一回事, 又是为了什么缘故。

6 于是哈他革出到御门前的广场去见末底改。

7 末底改把他遭遇的一切事, 以及哈曼为灭尽犹大人答应捐银给王库的数目, 都告诉了他。

8 末底改又把在书珊城颁布要毁灭犹大人的谕旨抄本, 交给了哈他革, 要他给以斯帖看, 并且要给她说明, 吩咐她进宫见王, 向王求情, 为自己的族人在王面前恳求。

9 哈他革回来, 把末底改的话都告诉了以斯帖。

10 以斯帖把以下的话告诉哈他革, 又吩咐他回复末底改说:

11 "王所有的臣仆和各省的人民, 都知道有一条法令: 无论男女, 没有奉召就擅入内院去见王的, 除非王向他伸出金杖, 赐他免死, 一律要处以死刑。现在我没有奉召进去见王已经三十天了。"

12 哈他革把以斯帖的话都告诉末底改。

13 末底改叫人回复以斯帖说: "你不要心里想, 你在王宫里比所有的犹大人都安全。

14 这时你若是缄默不言, 犹大人必会从别的地方得着解救, 那时你和你的父家就必灭亡。谁知你得了王后的位分, 不是为了挽救现今的危机吗?"

15 以斯帖吩咐人回复末底改说:

16 "你要去, 把书珊城所有的犹大人都召集起来, 为我禁食三天, 就是三日三夜不吃不喝; 我和我的婢女也要这样禁食。然后我就违例进去见王; 我若是死, 就死吧。"

17 于是末底改离开了, 照着以斯帖吩咐的一切去行。