1 Op die derde dag het Ester haar koninklik aangetrek en gaan staan in die binneste voorhof van die paleis van die koning, teenoor die saal van die koning, terwyl die koning op sy koninklike troon sit in die koninklike saal, teenoor die ingang van die saal.
2 En net toe die koning koningin Ester in die voorhof sien staan, het sy genade in sy oë gevind; en die koning het die goue septer wat in sy hand was, na Ester uitgesteek; en Ester het nader gekom en die punt van die septer aangeraak.
3 Toe sê die koning vir haar: Wat wil jy hê, koningin Ester, of wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk -- dit sal jou gegee word.
4 Daarop antwoord Ester: As die koning dit goedvind, laat die koning dan vandag met Haman na die maaltyd kom wat ek vir hom berei het.
5 En die koning sê: Bring Haman gou, dat ons kan handel volgens die woord van Ester! En die koning en Haman het gegaan na die maaltyd wat Ester berei het.
6 En terwyl hulle wyn drink, sê die koning vir Ester: Wat is jou bede? -- dit sal jou toegestaan word. En wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk -- daaraan sal voldoen word.
7 Daarop antwoord Ester en sê: My bede en my versoek is:
8 As ek genade gevind het in die oë van die koning, en as die koning dit goedvind om my bede toe te staan en aan my versoek te voldoen, laat die koning en Haman na die maaltyd kom wat ek vir hulle sal berei, dan sal ek môre na die wens van die koning handel.
9 En op die dag het Haman bly en opgeruimd heengegaan; maar toe Haman Mordegai in die poort van die koning sien en dat hy nie opstaan of vir hom bevrees is nie, was Haman met woede vervul teen Mordegai.
10 Maar Haman het hom bedwing; en toe hy by sy huis kom, laat hy sy vriende en sy vrou Seres haal;
11 en Haman vertel hulle van die heerlikheid van sy rykdom en van die veelheid van sy seuns en van alles waarin die koning hom groot gemaak het en hoe hy hom verhef het bo die vorste en die dienaars van die koning.
12 Verder sê Haman: Selfs het koningin Ester niemand saam met die koning na die maaltyd laat kom wat sy aangerig het nie, as net vir my, en ook vir môre is ek deur haar genooi saam met die koning.
13 Maar dit alles baat my niks, solank as ek die Jood Mordegai in die poort van die koning sien sit.
14 Toe sê sy vrou Seres en al sy vriende vir hom: Laat hulle 'n galg van vyftig el hoog maak, en sê môre vroeg aan die koning dat hulle Mordegai daaraan moet ophang; gaan dan vrolik saam met die koning na die maaltyd. Di, woord het Haman geval, en hy het die galg laat maak.
1 第三天, 以斯帖穿上朝服, 站在王宫的内院, 对着王殿; 王在殿里坐在王位上, 对着殿门。
2 王见王后以斯帖站在院内, 就对她施恩, 向她伸出手中的金杖, 以斯帖就上前摸杖头。
3 王问她: "王后以斯帖啊, 你有什么事吗?你求什么?就是一半江山, 也必赐给你。"
4 以斯帖回答: "王若是欢喜, 就请王今天带着哈曼来赴我为王预备的筵席。"
5 王说: "快把哈曼召来, 好照着以斯帖的话去行。"于是王带着哈曼去赴以斯帖预备的筵席。
6 在酒席中, 王问以斯帖: "你要什么?我必赐给你; 你求什么?就是一半江山, 也必为你成全。"
7 以斯帖回答说: "我所要我所求的就是:
8 我若是在王眼前蒙恩, 王若是愿意赐给我所要的, 成全我所求的, 就请王带着哈曼明天再来赴我为你们预备的筵席; 明天我必照着王的命令行。"
9 那天哈曼心里快乐, 高高兴兴地出来; 但是哈曼见了末底改在御门那里不站起来, 也不因哈曼的缘故而退避, 哈曼心里就对末底改充满忿怒。
10 哈曼忍住怒气, 回家去了, 就派人去请他的朋友和妻子细利斯来。
11 哈曼把他的富贵荣华、儿女的众多, 以及王怎样使他尊大, 怎样抬举他在王的众领袖和众臣仆之上的一切事, 都数说给他们听。
12 哈曼又说: "王后以斯帖除我以外, 没有邀请别人与王一同去赴她预备的筵席; 明天又邀请我与王一同到她那里去赴席。
13 只是每逢我看见坐在朝门那里的犹大人末底改的时候, 这一切对我都没有多大的意思。"
14 他的妻子细利斯和他所有的朋友都对他说: "叫人立一个二十二公尺高的木架, 明早求王, 把末底改挂在上面, 然后你可以欢欢喜喜地与王一同赴筵席了。"这话使哈曼很满意, 就叫人做了木架。