1 In dieselfde nag het die slaap van die koning gewyk, en hy het gesê dat hulle die gedenkskrif, die kronieke, moes bring. En toe dit die koning voorgelees word,
2 vind hulle daar beskrywe dat Mordegai openbaar gemaak het dat Bigt na en Teres, twee hofdienaars van die koning, uit die drumpelwagters, getrag het om die hand aan koning Ahasv,ros te slaan.
3 Daarop sê die koning: Watter eer en verhoging het Mordegai daarvoor te beurt geval? En die jongmanne van die koning, sy dienaars, het geantwoord: Met hom het niks gebeur nie.
4 Toe sê die koning: Wie is in die voorhof? -- juis toe Haman in die buitenste voorhof van die koninklike paleis kom om aan die koning te sê dat hulle Mordegai moes ophang aan die galg wat hy vir hom laat oprig het.
5 En die jongmanne van die koning antwoord hom: Daar staan Haman in die voorhof. Toe sê die koning: Laat hy inkom.
6 Nadat Haman ingekom het, vra die koning hom: Wat moet met die man gedoen word aan wie die koning eer wil bewys? Haman dink toe by homself: Aan wie sou die koning eer wil bewys meer as aan my?
7 Daarom het Haman vir die koning gesê: Die man aan wie die koning eer wil bewys --
8 laat hulle 'n koninklike kleed bring waarmee die koning bekleed was, en 'n perd waar die koning op gery het en op die kop waarvan 'n koninklike kroon gesit is;
9 en laat hulle die kleed en die perd afgee aan een van die vorste van die koning, van die vername manne, dat hulle dit die man aantrek aan wie die koning eer wil bewys; en hulle moet hom laat ry op die perd oor die stadsplein en voor hom uitroep: So word gedoen aan die man aan wie die koning eer wil bewys.
10 Toe sê die koning vir Haman: Neem gou die kleed en die perd soos jy gespreek het, en doen so aan Mordegai, die Jood, wat in die poort van die koning sit; jy moet nie een woord onvervuld laat bly van alles wat jy gespreek het nie.
11 En Haman het die kleed geneem en die perd, en hy het Mordegai aangetrek en hom laat ry oor die stadsplein en voor hom uitgeroep: So word gedoen aan die man aan wie die koning eer wil bewys.
12 Daarna het Mordegai teruggegaan na die poort van die koning; maar Haman het hom gehaas na sy huis toe, treurig en met bedekte hoof.
13 En Haman het aan sy vrou Seres en al sy vriende vertel alles wat hom oorgekom het. Toe sê sy wyse manne en sy vrou Seres vir hom: As Mordegai voor wie jy alreeds begin val het, uit die geslag van die Jode is, sal jy niks teen hom kan uitrig nie, maar heeltemal voor hom val.
14 Onderwyl hulle nog met hom spreek, kom die hofdienaars van die koning aan, en hulle het Haman gou na die maaltyd gebring wat Ester gereedgemaak het.
1 那一夜, 王睡不着觉, 就吩咐人把史记, 就是年鉴拿来, 在王面前诵读。
2 有一处记着说: 王有两个守门的太监: 辟探和提列, 企图要谋害亚哈随鲁王; 这事给末底改告发了。
3 王问: "为了这事, 末底改得了什么尊荣和封赐没有?"侍候王的众臣仆回答: "他什么也没有得到。"
4 王问: "谁在院子里?"那时哈曼正进了王宫的外院, 要求王把末底改挂在哈曼为他预备的木架上。
5 王的臣仆对他说: "是哈曼站在院子里。"王说: "叫他进来。"
6 哈曼就进去, 王问他: "王喜欢赐尊荣给他的人, 要怎样待他呢?"哈曼心里想: "王喜欢赐尊荣的人, 除我以外, 还有谁呢?"
7 于是哈曼回答王: "王喜欢赐尊荣的人,
8 要把王常穿的朝服和王常骑的骏马, 就是头戴王冠的骏马带来,
9 把朝服和骏马交给王最尊贵的一个大臣手里, 把衣服给王喜欢赐尊荣的人穿上, 使他骑在马上, 走过城中的街上, 又要有人在他前面宣告: ‘王喜欢赐尊荣的人, 要这样待他。’"
10 王对哈曼说: "赶快拿朝服和骏马来, 照着你所说的, 去行在那坐在朝门那里的犹大人末底改身上; 你所说的, 一样也不可缺少。"
11 于是哈曼把朝服和骏马拿来, 先给末底改穿上朝服, 然后使他骑在马上, 走过城中的街上, 又在他前面宣告: "王喜欢赐尊荣的人, 要这样待他。"
12 末底改仍回到御门那里; 哈曼却急急忙忙回了家, 带着悲哀的心蒙着头。
13 哈曼把遭遇的一切事, 都述说给他的妻子细利斯和他所有的朋友听; 他的谋士和妻子细利斯对他说: "在末底改面前, 你开始失败了; 他若是犹大人, 你就不能胜过他: 你终必在他面前失败。"
14 他们还与哈曼说话的时候, 王的太监来了, 催哈曼快走, 赴以斯帖预备的筵席。