1 Maar Jona was hieroor erg ontstemd, en hy het kwaad geword.

2 Toe bid hy tot die HERE en sê: Ag, HERE, het ek dit nie gedink terwyl ek nog in my land was nie? Daarom het ek tevore na Tarsis gevlug; want ek het geweet dat U 'n genadige en barmhartige God is, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil.

3 o HERE, neem dan nou tog my siel van my weg, want dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.

4 Daarop sê die HERE: Het jy rede om vertoornd te wees?

5 En Jona het die stad verlaat en aan die oostekant van die stad gaan sit. Daar maak hy toe vir hom 'n skerm, en hy gaan daaronder in die skaduwee sit, totdat hy sou sien wat met die stad gebeur.

6 Toe beskik die HERE God 'n wonderboom en laat dit oor Jona opskiet om te dien as skaduwee oor sy hoof, om hom van sy ontstemdheid te bevry; en Jona was baie bly oor die wonderboom.

7 Maar God het die volgende môre toe die dag breek, 'n wurm beskik; en die het die wonderboom gesteek, sodat dit verdor het.

8 En met sonop het God 'n gloeiende oostewind beskik; en toe die son op die hoof van Jona steek, het hy magteloos geword en gewens dat hy mag sterwe, en gesê: Dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.

9 Toe sê God vir Jona: Het jy rede om vertoornd te wees oor die wonderboom? En hy antwoord: Ek het rede om vertoornd te wees tot die dood toe.

10 Verder sê die HERE: Jy wil die wonderboom spaar waar jy geen arbeid aan bestee het nie en wat jy nie grootgemaak het nie, wat in een nag ontstaan en in een nag vergaan het.

11 Maar Ek mag Ninev,, die groot stad, nie spaar nie waarin meer as honderd en twintig duisend mense is wat die onderskeid tussen hulle regter-- en hulle linkerhand nie weet nie, en baie vee?

1 约拿对这事非常不高兴, 并且发起怒来,

2 就向耶和华祷告, 说: "耶和华啊! 我还在本国的时候, 不是这样说过吗?我知道你是有恩典有怜悯的 神, 不轻易发怒, 并且有丰盛的慈爱, 转意不降灾祸, 所以我才急忙逃往他施去。

3 耶和华啊! 现在求你取去我的性命吧, 因为我死了比活着还好。"

4 耶和华回答说: "你这样发怒对不对呢?"

5 约拿出了城, 在城东坐下; 他在那里搭了一座棚, 坐在棚荫之下, 要看看那城究竟怎样。

6 耶和华 神安排一棵蓖麻, 使它长起来高过约拿, 成了阴影遮盖他的头, 免他受苦; 约拿因这棵蓖麻, 就大大欢畅。

7 次日黎明的时候, 神安排一条虫子, 蛀蚀这棵蓖麻, 蓖麻就枯槁了。

8 日出的时候, 神又安排炎热的东风。烈日晒在约拿的头上, 以致发昏, 他就为自己求死, 说: "我死了比活着还好。"

9 神问约拿: "你因这棵蓖麻这样发怒, 对不对呢?"约拿说: "我发怒以至于死都是对的。"

10 耶和华说: "这棵蓖麻, 不是你栽种的, 也不是你使它长大的, 一夜长成, 一夜死去, 你尚且爱惜它,

11 何况这尼尼微大城, 其中不晓得分辨左右手的有十二万多人, 并且有许多牲畜, 我怎能不爱惜呢?"