1 En die woord van die HERE het gekom tot Jona, die seun van Am¡ttai, en gesê:
2 Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninev, en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig.
3 Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsis te vlug, van die aangesig van die HERE af weg; en hy het na Jafo afgegaan en 'n skip gevind wat na Tarsis sou vaar. En hy het die reisgeld daarvoor betaal en daarin geklim om saam met hulle na Tarsis te vaar, van die aangesig van die HERE af weg.
4 Maar die HERE het 'n sterk wind op die see gewerp, en toe daar 'n groot storm op die see ontstaan, het die skip gevaar geloop om skipbreuk te ly.
5 Toe word die seeliede bang -- hulle het elkeen tot sy god geroep en die lading wat in die skip was, in die see gegooi om vir hulle verligting aan te bring. Maar Jona het na die onderste dele van die skip afgeklim en daar gaan lê en vas aan die slaap geraak.
6 Daarop kom die skeepskaptein na hom toe aan en sê vir hom: Wat makeer jou dat jy so vas slaap? Staan op, roep tot jou God! Miskien sal die God aan ons dink, sodat ons nie vergaan nie.
7 Hulle sê toe vir mekaar: Kom en laat ons loot; dan sal ons weet om wie se ontwil hierdie ramp ons getref het. En hulle het geloot, en die lot het op Jona geval.
8 En hulle sê vir hom: Vertel ons tog om wie se ontwil hierdie ramp ons getref het? Wat is jou nering? En waar kom jy vandaan? Wat is jou geboorteland, en uit watter volk is jy?
9 En hy antwoord hulle: Ek is 'n Hebreër, en ek vrees die HERE, die God van die hemel, wat die see en die droë land gemaak het.
10 Toe word die manne baie bang en sê vir hom: Wat het jy nou gedoen! Want die manne het geweet dat hy van die aangesig van die HERE af wegvlug; want hy het hulle dit te kenne gegee.
11 Verder sê hulle vir hom: Wat moet ons met jou doen, sodat die see om ons heen kan bedaar? -- want die see het hoe langer hoe onstuimiger geword.
12 En hy antwoord hulle: Neem my en gooi my in die see; dan sal die see om julle heen bedaar; want ek weet dat om my ontwil hierdie groot storm oor julle gekom het.
13 Nogtans het die manne geroei om die skip weer land toe te bring; maar hulle kon nie, omdat die see hoe langer hoe onstuimiger teen hulle geword het.
14 Toe roep hulle tot die HERE en sê: Ag, HERE, laat ons tog nie vergaan weens die lewe van hierdie man nie, en bring geen onskuldige bloed oor ons nie; want U, HERE, het gedoen na u welbehae.
15 En hulle het Jona geneem en hom in die see gegooi. En die see het stil geword van sy onstuimigheid.
16 Toe het die manne die HERE gevrees met 'n groot vrees en 'n slagoffer aan die HERE gebring en geloftes gedoen.
17 En die HERE het 'n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis.
1 耶和华的话临到亚米太的儿子约拿, 说:
2 "起来! 到尼尼微大城去, 警告其中的居民, 因为他们的恶行已经达到我面前。"
3 可是约拿却起来, 要逃往他施去, 躲避耶和华; 他下到约帕, 找到了一只要开往他施去的船; 他给了钱, 就上船("上船"原文作"下船"), 要和他们同往他施去, 离开耶和华。
4 但是耶和华在海上忽然刮起大风, 于是海中狂风大作, 船几乎要破裂了。
5 水手都很惧怕, 各人向自己的神大声呼求; 他们为了减轻船的重量, 就把船上的东西拋在海里, 可是约拿却下了船舱, 躺着熟睡了。
6 船长走到他面前, 对他说: "你怎么啦! 睡得那么熟?快起来, 求告你的 神吧! 或者 神会记念我们, 使我们不至于丧命! "
7 水手就彼此说: "来吧! 让我们抽签, 好知道这场灾祸临到我们, 是因谁的缘故。"于是他们抽签, 结果抽中了约拿。
8 他们就对约拿说: "请告诉我们, 这场灾祸临到我们, 是因谁的缘故?你是作什么的?你从哪里来?你是哪一国的人?哪一族的人?"
9 他回答说: "我是希伯来人, 我敬畏耶和华天上的 神, 就是那创造海洋和陆地的。"
10 众人就大大惧怕, 对他说: "你为什么这样作呢?("你为什么这样作呢?"或译: "你作的是什么呢?")"那些人知道他躲避耶和华, 原来约拿告诉了他们。
11 因为海浪越来越汹涌, 他们又对他说: "我们该怎样处置你, 才能叫海浪平静呢?"
12 他回答说: "你们把我抬起来, 投在海里, 海浪就会平静, 因为我知道, 这场大风暴临到你们, 是为了我的缘故。"
13 那些人虽然破浪挣扎, 要把船靠岸, 却是不能, 因为海浪不断汹涌扑来。
14 他们就呼求耶和华, 说: "耶和华啊! 我们恳求你, 不要因这人叫我们丧命; 不要把无辜人的血归在我们身上, 因为你耶和华是照自己所喜悦的行事。"
15 于是他们把约拿抬起来, 投在海里, 怒涛就平息了。
16 那些人就大大敬畏耶和华, 向他献祭和许愿。
17 耶和华却安排了一条大鱼, 把约拿吞下。约拿就在鱼腹中三日三夜。(本节在《马索拉抄本》为2:1)