1 En ek, in die eerste jaar van Dar¡us, die Meder, het ek opgetree as 'n versterking en beskutting vir hom.
2 En nou sal ek jou die waarheid te kenne gee. Kyk, nog drie konings sal opstaan vir die Perse, en die vierde sal groter rykdom verwerf as almal; en as hy sterk is deur sy rykdom, sal hy alles in beweging bring teen die koninkryk van Griekeland.
3 Dan sal 'n dapper koning opstaan wat groot heerskappy sal hê en sal maak net soos hy wil.
4 En as hy opgetree het, sal sy koninkryk verbreek word en na die vier windstreke van die hemel verdeel word; en dit sal nie aan sy nakomelinge behoort en nie wees soos die heerskappy wat hy gehad het nie -- want sy koninkryk sal verwoes word en nie aan hulle behoort nie, maar aan ander.
5 En die koning van die Suide sal sterk word, maar een van sy owerstes sal sterker word as hy en heers; sy heerskappy sal 'n groot heerskappy wees.
6 En n verloop van jare sal hulle 'n bondgenootskap met mekaar aangaan, en die dogter van die koning van die Suide sal na die koning van die Noorde kom om vrede te sluit; maar sy sal die krag van die arm nie behou nie -- hy en sy mag sal nie standhou nie, en sy self sal prysgegee word saam met die wat haar gebring het, sowel as hy wat haar verwek het en haar in die tyd verwerf het.
7 Dan sal een uit die spruite van haar wortels in sy plek oprys en teen die leër optrek, en hy sal in die vesting van die koning van die Noorde indring en teen hulle optree en magtig wees;
8 ja, ook hulle gode en hulle gegote beelde saam met hulle kosbare voorwerpe, silwer en goud, in gevangenskap na Egipte bring, en hy sal jare lank die koning van die Noorde met rus laat.
9 Dan sal die in die koninkryk van die koning van die Suide intrek, maar hy sal na sy land terugtrek.
10 En sy seuns sal hulle in die oorlog begewe en 'n menigte groot leërs versamel; en hy sal sekerlik aankom en instroom en oorloop, en weer terugkom, en hulle sal oorlog voer tot by sy vesting.
11 Dan sal die koning van die Suide verbitterd word en uittrek en teen hom, die koning van die Noorde, veg, wat ook 'n groot menigte op die been sal bring, maar hierdie menigte sal in sy hand oorgegee word.
12 As die menigte vernietig is, sal sy hart hom verhef; en hy sal tien duisende neerslaan, maar nie sterk bly nie.
13 Dan sal die koning van die Noorde weer 'n groter menigte op die been bring as die eerste, en n verloop van tyd, van jare, sal hy sekerlik kom met 'n groot leër en 'n groot gevolg.
14 En in die tye sal baie teen die koning van die Suide opstaan, en die gewelddadige mense van jou volk sal hulle verhef om 'n gesig in vervulling te laat gaan, maar hulle sal omkom.
15 So sal dan die koning van die Noorde kom en 'n wal opwerp en 'n versterkte stad inneem; en die leërs van die Suide sal nie standhou nie, selfs sy uitgesoekte manskappe nie, sodat daar geen krag sal wees om stand te hou nie.
16 En hy wat uit die Noorde teen hom kom, sal maak net soos hy wil, en niemand sal voor hom standhou nie; hy sal ook gaan staan in die Pragtige Land, terwyl daar verdelging in sy hand is.
17 En hy sal sy aangesig daarop rig om met die sterkte van sy hele koninkryk te kom, maar hy sal met hom vrede sluit; en hy sal vir hom 'n jongedogter gee om die land te gronde te rig. Maar dit sal nie tot stand kom nie, en daar sal niks vir hom wees nie.
18 Daarna sal hy sy aangesig wend na die kuslande en baie daarvan verower; maar 'n aanvoerder sal aan sy gesmaad 'n einde maak, ja, hy sal sy gesmaad op homself laat terugval.
19 Dan sal hy sy aangesig wend na die vestings van sy land, maar hy sal struikel en val en nie meer gevind word nie.
20 En in sy plek sal iemand optree wat 'n geldinsamelaar deur die pragtigste deel van die koninkryk sal laat deurtrek, maar binne enkele dae sal hy verbreek word, maar nie deur toorn of deur oorlog nie.
21 Daarna sal 'n veragtelike in sy plek optree op wie geen koninklike waardigheid gelê was nie, maar hy sal onverwags kom en met liste die koninkryk bemagtig.
22 En die leërs van die instromende mag sal voor hom weggespoel en verbreek word, en ook die vors van die verbond.
23 Want sodra 'n bondgenootskap met hom aangegaan is, pleeg hy bedrog; en hy sal omhoog kom en met min manskappe sterk word.
24 Onverwags en in die vetste dele van die provinsie sal hy inkom, en hy sal doen wat sy vaders en sy grootvaders nie gedoen het nie: roof en buit en goed sal hy onder hulle uitstrooi en teen vestings planne beraam, maar net vir 'n tyd.
25 En hy sal sy krag en sy hart opwek teen die koning van die Suide met 'n groot leër; en die koning van die Suide sal hom in die oorlog begewe met 'n groot en baie sterk leër, maar hy sal nie standhou nie, want hulle sal planne teen hom beraam.
26 En die wat sy spys eet, sal hom te gronde rig; en sy leër sal wegvloei, en daar sal baie gesneuweldes lê.
27 En wat die twee konings betref, hulle hart sal wees om kwaad te doen; en aan een tafel sal hulle leuens spreek, maar dit sal nie geluk nie, want die einde sal eers op die vasgestelde tyd wees.
28 En hy sal na sy land teruggaan met baie goed, en sy hart sal teen die heilige verbond wees, en hy sal optree en na sy land teruggaan.
29 Op die vasgestelde tyd sal hy terugkeer en in die Suide kom, maar dit sal die laaste keer nie wees soos die eerste keer nie.
30 Want skepe van die Kittiërs sal teen hom kom, en hy sal moedeloos word; dan sal hy teruggaan en sy toorn openbaar teen die heilige verbond en optree; en hy sal teruggaan en ag gee op die wat die heilige verbond versaak het.
31 En deur hom sal leërs op die been gebring word en die heiligdom, die vesting, ontheilig, en hulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel opstel.
32 En die wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy met vleiery afvallig maak, maar die volk wat hulle God ken, sal vashou en optree.
33 En die verstandiges onder die volk sal baie tot insig bring; maar hulle sal struikel deur swaard en vlam, deur gevangenskap en berowing, dae lank.
34 En terwyl hulle struikel, sal hulle met 'n klein hulp ondersteun word; dan sal baie uit listigheid by hulle aansluit.
35 En van die verstandiges sal sommige struikel, om onder hulle loutering en reiniging en suiwering aan te bring tot die tyd van die einde -- want dit sal nog duur tot op die vasgestelde tyd.
36 En die koning sal doen net wat hy wil en homself verhef en hom groot hou bo enige god, en teen die God van die gode sal hy wonderbaarlike dinge spreek; en hy sal voorspoedig wees, totdat die grimmigheid ten einde is; want wat vas besluit is, sal uitgevoer word.
37 En op die gode van sy vaders sal hy nie ag slaan nie, en op die liefling van die vroue en op enige god sal hy geen ag gee nie; want hy sal homself bo alles groot hou.
38 Maar in plaas daarvan sal hy die god van die vestings vereer, en die god wat sy vaders nie geken het nie, sal hy met goud en silwer en edelgesteente en kosbaarhede vereer.
39 So sal hy dan optree teen die versterkte vestings met behulp van 'n vreemde god; diegene wat hy erken, sal hy baie eer en hulle oor baie laat heers en grond as beloning uitdeel.
40 Maar in die tyd van die einde sal die koning van die Suide met hom in botsing kom, en die koning van die Noorde sal op hom afstorm met strydwaens en perderuiters en baie skepe, en hy sal daarmee in die lande inkom en instroom en dit oorvloei.
41 Hy sal ook kom in die Pragtige Land, en baie sal struikel; maar hierdie volke sal uit sy hand vryraak: Edom en Moab en die beste deel van die kinders van Ammon.
42 En hy sal sy hand uitsteek teen die lande; ook Egipteland sal nie vrykom nie.
43 En hy sal mag hê oor die skatte van goud en silwer en oor al die kosbaarhede van Egipte, terwyl die L¡biërs en die Kusiete sy voetstappe volg.
44 Maar gerugte uit die ooste en uit die noorde sal hom verskrik; daarom sal hy met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref.
45 En hy sal sy paleistente opslaan tussen die see en die berg van die heilige Prag; maar hy sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie.
1 "玛代人大利乌王第一年, 我曾经起来帮助米迦勒, 使他坚强。
2 现在我要把真理告诉你。看哪! 在波斯还有三个王要兴起; 第四个王必非常富有, 远超过所有的王; 他因富足成为强盛以后, 就必煽动众民攻击希腊国。
3 后来必有一个英勇的王兴起, 他必执掌大权, 任意而行。
4 他兴起的时候, 他的国就破裂, 向天的四方("四方"原文作"四风")分开, 却不归给他的后代, 国势也不及他掌权的时候; 因为他的国必被拔出, 归给他后代以外的人。
5 "南方的王必强盛, 他的将领中必有一个比他更强盛的, 这人必掌权, 他的权势很大。
6 过了多年, 南方王的女儿必到北方王那里去修好, 他们必互相结盟。但这女子的势力必存留不住; 王和他的势力也站立不住; 她连同那些带她来的、那生她的, 和那帮助她的, 都被交出处死。
7 但这女子的本家("本家"原文作"根")必另有一个儿子("儿子"原文作"枝子")兴起, 继承父位; 他必来攻击北方王的军队, 进入北方王的堡垒, 攻打他们, 而且得胜。
8 他又把他们的神像、铸成的偶像, 连同金银的宝器, 都一起掳掠到了埃及去。此后数年之久, 他不再去攻击北方王。
9 后来北方王必侵入南方王的国土, 然后撤退归回本国。
10 "北方王的众子必备战, 招集大军; 这大军前进, 如洪水泛滥, 横扫南方王的国土; 之后他又再去争战, 直到南方王的堡垒。
11 南方王必发大怒, 出来和北方王交战; 北方王必摆列大军, 但这大军必交在南方王的手里。
12 这大军被扫除以后, 南方王就心高气傲; 他虽然使千万人倒毙, 他的胜利却不能持久。
13 北方王必再招聚大军, 比先前的更多; 时机成熟的时候, 他就率领装备好了的大军而来。
14 "那时, 必有许多人起来攻击南方王, 并且你同胞中的强暴人必挺身而起, 要使那异象应验, 但他们必失败。
15 北方王必来, 堆土筑垒攻取坚固城。南方的军力必抵挡不住, 甚至精锐的部队也无力抵抗。
16 那来攻击南方王的, 必任意而行; 没有人能在他面前站立得住; 他必站在那荣美之地, 手握毁坏之权。
17 他决意倾全国的力量而来, 但他先和南方王修好, 把自己的女儿给南方王为妻, 好毁灭南国; 可是他的计划没有成功, 他自己也得不到什么好处。
18 后来他必转向沿海的岛屿, 夺取了许多海岛。但有一个将领要制止他的骄横, 并且使他的骄横归回他身上。
19 于是他转向自己国中的堡垒, 终于绊跌仆倒, 不再存在了。
20 "那时, 必有一个人兴起来代替他; 这人要派一个横征暴敛的人, 为了王国的荣华, 走遍全地; 可是不多几日, 这人就必被毁灭, 不是因为忿怒, 也不是因为战争。
21 必另有一个卑鄙的人兴起来代替他; 虽然人未曾把王国的尊荣给这人, 这人却乘人不备的时候来到, 用奉承的话夺得了王国。
22 必有无数的军兵在他面前像洪水冲没, 并且溃败; 立约的君也必这样。
23 他结盟以后, 就必行诡诈; 他虽然只有少数的国民, 却渐渐强盛起来。
24 他必乘人不备的时候, 侵入省内最富庶的地区, 行他列祖和他列祖的祖先所未曾行过的; 他把掳掠之物和财物分给自己的部属; 又必设下计谋攻打堡垒, 只是这都是暂时的。
25 他必竭尽己力, 鼓起勇气, 率领大军攻击南方王; 南方王也必带领极强大的军队奋起还击, 却抵挡不住, 因为有人设下计谋陷害南方王。
26 那些吃王膳的必毁灭他; 他的军队必被冲没, 受重伤而倒毙的很多。
27 至于那两个王, 他们都存心不良; 他们同桌吃饭, 也彼此说谎; 他们的阴谋却不成功, 因为要到了指定的时候, 结局才会来到。
28 "北方王必带着大批财物返回自己的国土去; 他的心既然反对圣约, 必任意而行, 然后返回自己的国土去。
29 "到了指定的时候, 他必回来, 再侵入南方的王国, 不过这次的情况却不像前一次。
30 因为基提的战船必来攻击他, 他就丧胆而回; 他又恼恨圣约, 任意而行; 他必回来, 听取那些背弃圣约的人的建议。
31 他的军队必起来, 亵渎圣殿, 就是那堡垒, 废除常献祭, 又在殿里设立了那使地荒凉的可憎的像。
32 那些作恶违背圣约的人, 他必用奉承的话败坏他们; 但认识 神的人民, 必刚强行事。
33 民中的智慧人必使许多人明白是非; 但他们必有很多日子倒在刀剑之下, 或被火烧, 或被掳去, 或被抢掠。
34 他们仆倒的时候, 必得到一些援助, 必有许多人用奉承的话要和他们联盟。
35 智慧人中有些仆倒的, 为要锻炼他们, 洁净他们, 使他们成为雪白, 直到末了, 因为要到了指定的时候, 结局才会来到。
36 "那王必任意而行, 自高自大, 超过所有的神, 又说一些怪诞的话攻击万神之 神。他必行事顺利, 直到 神的忿怒完毕; 因为所定的事必会实现。
37 他必不尊重他列祖所拜的神, 也不尊重妇女所爱慕的神, 无论什么神他都不尊重, 因为他必自大, 高过一切。
38 他倒要敬拜堡垒的神, 用金银宝石和各样珍宝去敬拜他列祖所不认识的神。
39 他必得着外族神的帮助, 攻破坚固的堡垒; 凡承认他的, 他必使他们大得尊荣, 又使他们管辖许多人, 并且把土地分给他们作赏赐。
40 "到了末期, 南方王要和他交战; 北方王必带着战车、骑兵和大批战船, 像暴风一般来到他那里; 他必侵入列国, 如洪水泛滥, 横扫而过。
41 他也必侵入那荣美之地; 必有许多国倾覆; 但那些以东人、摩押人和亚扪人的首领, 必被拯救脱离他的手。
42 他必伸手攻击列国, 埃及地也不能逃脱。
43 他必掌管埃及的金银宝藏和一切珍宝; 吕彼亚人和古实人都必追随他。
44 但从东方和北方必有消息传来, 使他惊惶, 他就在烈怒之下出兵, 要把许多人杀尽灭绝。
45 他必在海和荣美的圣山之间支搭如宫殿一般的帐幕; 然而他们的结局来到, 必没有人能帮助他。"