1 Die woord wat tot Jeremia gekom het aan al die Jode wat in Egipteland woonagtig was, wat in Migdol en in Tagp nhes en in Nof en in die land Patros gewoon het:

2 So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Julle het self gesien al die onheil wat Ek oor Jerusalem en oor al die stede van Juda gebring het; en kyk, hulle is vandag 'n puinhoop, sonder dat daar iemand in woon;

3 weens hulle boosheid wat hulle bedryf het, om My te terg deur heen te gaan om rook te laat opstyg en ander gode te dien wat hulle nie geken het, hulle, julle en julle vaders nie.

4 En Ek het na julle gestuur al my knegte, die profete, vroeg en laat, om te sê: Moet tog nie hierdie gruwelike saak wat Ek haat, doen nie.

5 Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee om hulle van hul boosheid te bekeer nie, om vir ander gode geen rook te laat opgaan nie.

6 Daarom is my grimmigheid en my toorn uitgestort en het dit gebrand in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem, sodat hulle 'n puinhoop, 'n wildernis geword het soos dit vandag is.

7 So sê dan nou die HERE, die God van die leërskare, die God van Israel: Waarom berokken julle julself 'n groot onheil om onder julle man en vrou, kind en suigling uit Juda uit te roei, om vir julle niemand te laat oorbly nie,

8 deurdat julle My terg met die werke van julle hande, om vir ander gode rook te laat opgaan in Egipteland waar julle gekom het om as vreemdelinge te vertoef, sodat julle julself uitroei en 'n voorwerp van vervloeking en van smaad onder al die nasies van die aarde word?

9 Het julle vergeet die booshede van julle vaders en die booshede van die konings van Juda en die booshede van hulle vroue en julle eie booshede en die booshede van julle vroue wat hulle bedryf het in die land Juda en op die strate van Jerusalem?

10 Hulle is tot vandag toe nie verbrysel van hart nie, en hulle was nie bevrees en het nie gewandel in my wet en in my insettinge wat Ek julle en jul vaders voorgehou het nie.

11 Daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek rig my aangesig teen julle ten kwade en om die hele Juda uit te roei.

12 En Ek sal die oorblyfsel van Juda wegneem, wat hulle aangesig gerig het om na Egipteland te trek, om daar as vreemdelinge te vertoef; en hulle sal almal in Egipteland omkom. Deur die swaard sal hulle val, deur die hongersnood sal hulle verteer word, groot sowel as klein; deur die swaard en die hongersnood sal hulle sterwe; en hulle sal 'n voorwerp van verwensing, van verbasing en van vervloeking en smaad word.

13 En Ek sal besoeking doen oor die wat in Egipteland woon, soos Ek besoeking gedoen het oor Jerusalem deur die swaard, die hongersnood en die pes;

14 sodat daar geeneen sal wees wat ontvlug of vryraak vir die oorblyfsel van Juda wat in Egipteland gekom het om daar as vreemdelinge te vertoef nie, dat hulle kan teruggaan in die land Juda waar hulle siel na verlang om terug te gaan, om daar te woon; want hulle sal nie teruggaan behalwe enkele vlugtelinge nie.

15 En al die manne wat geweet het dat hulle vroue vir ander gode rook laat opgaan, en al die vroue wat daar staan, 'n groot menigte, en die hele volk wat in Egipteland, in Patros gewoon het, het Jeremia geantwoord en gesê:

16 Aangaande die woord wat u ons in die Naam van die HERE verkondig het -- ons sal na u nie luister nie.

17 Maar ons sal stellig alles doen wat uit ons mond uitgegaan het -- om vir die hemelkoningin rook te laat opgaan en vir haar drankoffers uit te giet soos ons gedoen het, ons en ons vaders, ons konings en ons vorste, in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem; toe is ons met brood versadig en was gelukkig, en ons het geen onheil gesien nie.

18 Maar vandat ons opgehou het om vir die hemelkoningin rook te laat opgaan en vir haar drankoffers uit te giet, het ons aan alles gebrek gehad en het ons deur die swaard en die hongersnood omgekom.

19 En as ons vir die hemelkoningin rook laat opgaan en vir haar drankoffers uitgiet -- is dit dan sonder ons mans dat ons vir haar koeke maak om haar af te beeld en drankoffers vir haar uitgiet?

20 Toe het Jeremia gespreek met die hele volk, met die manne en die vroue en die hele volk wat hom antwoord gegee het, en gesê:

21 Aan die offerrook wat julle laat opgaan het in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem, julle en julle vaders, julle konings en julle vorste en die volk van die land -- het die HERE daaraan nie gedink nie en het dit nie in sy hart opgekom nie? --

22 sodat die HERE dit nie langer kon verdra weens die boosheid van julle handelinge, weens die gruwels wat julle bedryf het nie. So het julle land dan 'n puinhoop geword en 'n voorwerp van verbasing en van vervloeking, sonder inwoners, soos dit vandag is;

23 omdat julle rook laat opgaan het en teen die HERE gesondig en nie na die stem van die HERE geluister het nie en in sy wet en in sy insettinge en in sy getuienisse nie gewandel het nie; daarom het hierdie onheil oor julle gekom soos dit vandag is.

24 Verder het Jeremia aan die hele volk en al die vroue gesê: Hoor die woord van die HERE, o hele Juda wat in Egipteland is!

25 So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel, en sê: Julle en julle vroue, julle het dan met julle mond gespreek en dit met julle hande in vervulling laat gaan, terwyl julle sê: Ons sal ons geloftes wat ons gedoen het, stellig hou om rook te laat opgaan vir die hemelkoningin en vir haar drankoffers uit te giet -- bevestig dan nou maar julle geloftes, ja, hou nou maar julle geloftes!

26 Daarom, hoor die woord van die HERE, o hele Juda wat in Egipteland woon! Kyk, Ek sweer by my grote Naam, sê die HERE: Nooit sal my Naam meer aangeroep word deur die mond van enige man van Juda in die hele Egipteland nie, met die woorde: So waar as die Here HERE leef!

27 Kyk, Ek is wakker oor hulle ten kwade en nie ten goede nie; en al die manne van Juda wat in Egipteland is, sal deur die swaard en die hongersnood omkom, totdat dit met hulle gedaan is.

28 Maar die wat van die swaard vryraak, sal uit Egipteland terugkom in die land Juda, min in getal; so sal dan die hele oorblyfsel van Juda wat in Egipteland gekom het om daar as vreemdelinge te vertoef, weet wie se woord sal bestaan, myne of hulle s'n.

29 En dit sal vir julle die teken wees, spreek die HERE, dat Ek oor julle besoeking sal doen in hierdie plek, sodat julle kan weet dat my woorde sekerlik teen julle sal bestaan ten kwade --

30 so sê die HERE: Kyk, Ek gee Farao Hofra, die koning van Egipte, in die hand van sy vyande en in die hand van die wat sy lewe soek, soos Ek Sedek¡a, die koning van Juda, gegee het in die hand van Nebukadr,sar, die koning van Babel, sy vyand, wat ook sy lewe gesoek het.

1 以下的话临到耶利米, 论到所有住在埃及地的犹大人, 就是那些住在密夺、答比匿、挪弗和巴忒罗地的人, 说:

2 "万军之耶和华以色列的 神这样说: ‘你们都亲眼看见我降在耶路撒冷和犹大各城的一切灾祸。看哪! 那些城镇今天仍然荒凉, 没有人居住,

3 这是因为他们所行的恶事的缘故; 他们向别神烧香, 事奉它们, 惹我发怒。这些神是他们和你们, 以及你们的列祖所不认识的。

4 虽然我不断差遣我的仆人众先知到你们那里去, 说: 你们千万不可行我所恨恶, 这可憎的事!

5 他们却不听从, 毫不留心, 不肯离开他们的恶行, 仍向别神烧香。

6 因此, 我必倾出我的烈怒和怒气, 在犹大的各城镇和耶路撒冷的街上烧起, 以致它们都荒凉废弃, 像今天一样。’

7 现在, 耶和华万军的 神以色列的 神这样说: ‘你们为什么自己招来这样的大灾祸, 使你们的男人、女人、孩童和婴儿都从犹大中除灭, 一个余剩的人也不留下呢?

8 为什么因你们手所作的, 在你们来寄居的埃及地向别神烧香, 惹我发怒, 以致你们被除灭, 成为地上万国咒诅和羞辱的对象呢?

9 你们列祖的恶行、犹大列王的恶行、他们妻子的恶行、你们自己的恶行和你们妻子的恶行, 就是在犹大地和耶路撒冷街上所行的, 你们忘记了吗?

10 直到今日, 他们还没有痛悔, 没有畏惧, 也没有遵行我在你们和你们列祖面前所立的律法和条例。’

11 "因此万军之耶和华以色列的 神这样说: ‘看哪! 我决意向你们降下灾祸, 把全犹大都除灭。

12 那些决意去埃及地, 在那里寄居的犹大余剩的人, 我必把他们除去; 他们必在埃及地灭绝; 他们必倒在刀下, 必因饥荒灭亡; 他们从最小的到最大的都必因刀剑和饥荒而死, 以致成了令人惊骇、被人咒骂、咒诅和羞辱的对象。

13 我必用刀剑、饥荒和瘟疫惩罚那些住在埃及地的人, 好像惩罚耶路撒冷一样。

14 那些去埃及地, 在那里寄居的犹大余剩的人, 必不能逃脱, 不能幸存, 不能返回他们心里渴望回去居住的犹大地; 除了一些逃脱了的人以外, 一个都不能返回。’"

15 那些知道自己的妻子曾向别神烧香的众人, 和一大群站在那里的妇女, 以及住在埃及地巴忒罗的众民, 回答耶利米说:

16 "你奉耶和华的名对我们所说的话, 我们不听从。

17 我们口中说过的一切话, 我们一定去作, 我们要向天后烧香, 浇奠祭, 好像我们自己和我们的列祖, 以及我们的君王和领袖, 在犹大的各城和耶路撒冷的街上所行的一样。那时我们吃得饱, 得享福乐, 不见灾祸。

18 但是, 自从我们停止向天后烧香和浇奠祭以后, 我们就样样都缺乏, 又因刀剑和饥荒灭亡。"

19 那些妇女又说: "我们不错是向天后烧香和浇奠祭, 难道我们的丈夫不知道我们照着天后的形象制饼供奉她, 向她浇奠祭吗?"

20 耶利米对全体人民, 对那些用这话答复他的男人、女人和众民说:

21 "你们和你们的列祖, 以及你们的君王、领袖, 和全国的人民, 在犹大的各城和耶路撒冷的街上烧的香, 耶和华怎能忘记, 他心里怎能不想起呢?

22 耶和华再不能容忍你们邪恶的行为, 和你们所行可憎的事; 故此, 你们的土地荒凉, 成了令人惊骇、被人咒诅的对象, 没有人居住, 好像今天一样。

23 因为你们向别神烧香, 得罪了耶和华, 不听从耶和华的话, 不遵行他的律法、条例和法度, 所以这灾祸临到你们, 好像今天一样。"

24 耶利米又对众民和众妇女说: "在埃及地所有的犹大人哪, 要听耶和华的话!

25 万军之耶和华以色列的 神这样说: ‘你们和你们的妻子亲口说过: 我们一定要实行我们的愿, 向天后烧香, 浇奠祭。你们果然亲手作了。现在你们只管持定你们所许的愿, 只管实行你们的誓言吧! ’

26 但所有住在埃及地的犹大人哪, 你们要听耶和华的话! 耶和华说: ‘看哪! 我指着我伟大的名起誓: 在埃及全地每一个犹大人的口中, 再不会呼唤我的名, 说: 我指着永活的主耶和华起誓。

27 看哪! 我要留意向他们降祸不降福; 在埃及地所有的犹大人都必因刀剑和饥荒灭亡, 直到灭绝。

28 那些逃脱刀剑的, 必从埃及地返回犹大地; 他们人数很少。这样, 所有去埃及地在那里寄居的犹大余剩的人, 就知道谁的话实现: 我的, 还是他们的。

29 "‘我要在这地方惩罚你们, 这是给你们的征兆, 好使你们知道我说要降祸给你们的话, 一定实现。’这是耶和华的宣告。

30 耶和华这样说: ‘看哪! 我必把埃及王法老合弗拉交在他仇敌的手中, 和那些寻索他性命的人的手中, 像我把犹大王西底家交在他仇敌, 那寻索他性命的巴比伦王尼布甲尼撒的手中一样。’"