1 Toe het al die owerstes van die leërs aangekom, naamlik Johanan, die seun van Kar,ag, en As rja, die seun van Hos ja, en die hele volk, klein en groot,
2 en aan die profeet Jeremia gesê: Laat ons smeking tog voor u kom en bid tot die HERE u God vir ons, vir hierdie hele oorblyfsel -- want ons het as 'n klein klompie uit baie oorgebly, soos u oë ons sien --
3 dat die HERE u God ons bekend mag maak die pad wat ons moet trek, en die saak wat ons moet doen.
4 En die profeet Jeremia het hulle geantwoord: Ek hoor; kyk, ek sal tot die HERE julle God bid volgens julle woorde; en alles wat die HERE julle antwoord, sal ek julle bekend maak; ek sal vir julle niks agterhou nie.
5 Toe sê hulle vir Jeremia: Laat die HERE 'n waaragtige en geloofwaardige getuie teen ons wees as ons nie stip handel ooreenkomstig elke woord waarmee die HERE u God u na ons sal stuur nie.
6 Laat dit goed of sleg wees -- ons sal luister na die stem van die HERE onse God na wie ons u stuur, dat dit met ons goed kan gaan as ons luister na die stem van die HERE onse God.
7 En aan die einde van tien dae het die woord van die HERE tot Jeremia gekom,
8 en hy het Johanan, die seun van Kar,ag, geroep en al die owerstes van die leërs wat by hom was, en die hele volk, klein en groot,
9 en aan hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel, na wie julle my gestuur het om julle smeking eerbiediglik voor sy aangesig te bring:
10 As julle rustig in hierdie land bly, sal Ek julle bou en nie afbreek nie, en julle plant en nie uitruk nie; want Ek het berou oor die onheil wat Ek julle aangedoen het.
11 Vrees nie vir die koning van Babel vir wie julle bang is nie; wees nie vir hom bevrees nie, spreek die HERE, want Ek is met julle om julle te verlos en julle uit sy hand te red.
12 En Ek sal julle barmhartigheid bewys, sodat hy hom oor julle sal ontferm en julle terugbring na julle land toe.
13 Maar as julle sê: Ons wil in hierdie land nie bly nie, sodat julle nie luister na die stem van die HERE julle God nie,
14 en sê: Nee, maar ons sal na Egipteland trek waar ons geen oorlog sal sien of basuingeluid sal hoor of honger na brood sal hê nie, en daar wil ons woon --
15 daarom hoor dan nou die woord van die HERE, o oorblyfsel van Juda! So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: As julle werklik julle aangesig rig om na Egipte te trek en weggaan om daar as vreemdelinge te vertoef,
16 dan sal die swaard waar julle voor vrees, julle daar in Egipteland inhaal; en die honger waar julle voor bang is, sal daar in Egipte kort agter julle aankom, en julle sal daar sterwe.
17 Ja, al die manne wat hulle aangesig gerig het om na Egipte te trek om daar as vreemdelinge te vertoef, sal sterwe deur die swaard, die hongersnood en die pes; en daar sal vir hulle niemand wees wat vryraak of ontvlug van die onheil wat Ek oor hulle bring nie.
18 Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Soos my toorn en my grimmigheid uitgestort is oor die inwoners van Jerusalem, so sal my grimmigheid oor julle uitgestort word as julle na Egipte trek; en julle sal wees 'n voorwerp van verwensing, van verbasing, van vervloeking en van smaad, en julle sal hierdie plek nie meer sien nie.
19 Die HERE het oor julle gespreek, o oorblyfsel van Juda: Trek nie na Egipte nie! Weet verseker dat ek julle vandag waarsku.
20 Want julle het gedwaal ten koste van julle lewe, dat julle my na die HERE julle God gestuur het, met die woorde: Bid tot die HERE onse God vir ons; en net soos die HERE onse God sal sê, maak dit ons so bekend en ons sal dit doen.
21 So het ek julle dit dan vandag bekend gemaak, en julle het nie geluister na die stem van die HERE julle God, naamlik na alles waarmee Hy my na julle gestuur het nie.
22 Weet dan nou verseker dat julle deur die swaard, die hongersnood en die pes sal sterwe in die plek waarheen julle verkies om te trek om daar as vreemdelinge te vertoef.
1 所有的将领, 包括加利亚的儿子约哈难和何沙雅的儿子耶撒尼亚, 以及全体人民, 从最小的到最大的, 都上前来,
2 对耶利米先知说: "求你容我们向你恳求, 请为我们这余剩的民向耶和华你的 神祷告; 因为我们从前人数众多, 现在剩下的极少, 就像你现在亲眼所见的一样。
3 请为我们求耶和华你的 神指示我们当走的路和该作的事。"
4 耶利米先知对他们说: "我听见了! 我必照着你们的话祷告耶和华你们的 神。耶和华回答你们所说的一切话, 我必告诉你们, 一句也不会向你们隐瞒。"
5 于是他们对耶利米说: "我们若不照着耶和华你的 神差遣你到我们这里来所说的一切话去作, 愿耶和华作真实和诚信的见证, 指控我们。
6 不论是甜是苦, 我们都愿听从耶和华我们 神的话, 因为是我们委派你向他祈求的; 我们听从耶和华我们 神的话, 就必凡事亨通。"
7 过了十天, 耶和华的话临到耶利米。
8 耶利米就把加利亚的儿子约哈难, 和所有与他一起的将领, 以及全体人民, 从最小的到最大的, 都叫了来,
9 对他们说: "耶和华以色列的 神, 就是你们委派我去为你们向他恳求的那位, 这样说:
10 ‘你们若决意住在这地, 我就建立你们, 必不拆毁; 栽植你们, 必不拔除; 因我为那已经降在你们身上的灾祸回心转意。
11 你们所怕的巴比伦王, 你们不要惧怕他; 你们不要惧怕他(这是耶和华的宣告), 因为我与你们同在, 要拯救你们, 要搭救你们脱离他的手。
12 我要向你们施怜悯, 他也会怜悯你们, 使你们归回自己的土地。’
13 但是, 你们若说: ‘我们不住在这地’, 不听从耶和华你们的 神的话,
14 或说: ‘不! 我们要去埃及地, 在那里看不到战争, 听不见号角的声音, 也不会因缺乏粮食而饥饿; 我们要留在那里。’
15 这样, 犹大余剩的人哪, 你们现在要听耶和华的话! 万军之耶和华以色列的 神这样说: ‘你们若决意去埃及, 到那里寄居,
16 你们惧怕的刀剑必在埃及地追上你们; 你们恐惧的饥荒必在埃及紧随着你们; 你们必死在那里。
17 所有决意去埃及, 在那里寄居的人, 必因刀剑、饥荒和瘟疫而死; 他们没有一人能幸存, 或避过我降在他们身上的灾祸。’
18 "因为万军之耶和华以色列的 神这样说: ‘我从前怎样把我的怒气和烈怒倾倒在耶路撒冷的居民身上, 现在你们进入埃及的时候, 我也必照样把我的烈怒倾倒在你们身上。你们就必成为令人惊骇、被人咒骂、咒诅和羞辱的对象。你们必不能再看见这地方。
19 犹大余剩的人哪, 耶和华曾对你们说: ‘你们不要去埃及。’你们要确实知道, 我今天已经警告你们了。
20 你们实在自己欺骗自己, 因为是你们委派我去见耶和华你们的 神, 你们说: ‘请为我们向耶和华我们的 神祷告; 无论耶和华我们的 神说什么, 你都要告诉我们, 我们就必照着去作。’
21 我今天告诉了你们, 你们却不听从耶和华你们的 神派我来告诉你们的一切话。
22 现在你们要确实知道, 在你们想去寄居的那地方, 你们必因刀剑、饥荒和瘟疫而死。"