1 Die woord van die HERE wat tot Jeremia gekom het weens die groot droogte.

2 Juda treur en sy poorte verval; hulle sit in rou op die grond, en die geskreeu van Jerusalem gaan op.

3 En die vernames onder hulle stuur hulle ondergeskiktes na die water; hulle kom by die bakke, hulle kry geen water nie; leeg kom hulle kanne terug; hulle het beskaamd gestaan en in die skande gekom en bedek hulle hoof.

4 Weens die land wat verslae is, omdat daar geen reën op die aarde is nie, kom die landbouers in die skande, hulle bedek hulle hoof.

5 Want selfs die wildsbok in die veld lam en gooi haar lam weg, omdat daar geen jong gras is nie.

6 En wilde-esels staan op die kaal heuwels, hulle snuif die wind op soos die jakkalse; hulle oë versmag, omdat daar geen gras is nie.

7 Hoewel ons ongeregtighede teen ons getuig, o HERE, doen dit om u Naam ontwil; want ons afkerighede is baie, ons het teen U gesondig.

8 o Verwagting van Israel, sy Verlosser in tyd van benoudheid! Waarom sou U wees soos 'n vreemdeling in die land en soos 'n reisiger wat uitdraai om te vernag?

9 Waarom sou U wees soos 'n man wat verslae is, soos 'n held wat nie kan verlos nie? U is tog in ons midde, o HERE, en u Naam is oor ons uitgeroep. Verlaat ons nie!

10 So sê die HERE van hierdie volk: So het hulle daarvan gehou om te swerwe, hulle het hul voete nie teruggehou nie; daarom het die HERE geen behae in hulle nie. Nou sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink en hulle sondes besoek.

11 Verder het die HERE vir my gesê: Bid nie vir hierdie volk ten goede nie.

12 As hulle vas, luister Ek nie na hulle gesmeek nie; en as hulle brandoffer en spysoffer bring, het Ek in hulle geen behae nie; maar deur die swaard en die hongersnood en die pes maak Ek hulle tot niet.

13 Toe sê ek: Ag, Here HERE, kyk, die profete sê vir hulle: Julle sal geen swaard sien en geen hongersnood hê nie; maar Ek sal julle 'n duursame vrede gee in hierdie plek.

14 En die HERE het vir my gesê: Die profete profeteer vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur en hulle geen bevel gegee en met hulle nie gespreek nie; hulle profeteer vir julle 'n leuengesig en nietige waarsêery en bedrieëry van hulle hart.

15 Daarom, so spreek die HERE: Aangaande die profete wat profeteer in my Naam sonder dat Ek hulle gestuur het, en wat sê: Daar sal geen swaard of hongersnood in hierdie land wees nie -- die profete sal deur die swaard en die hongersnood omkom.

16 En die volk vir wie hulle profeteer, sal in die strate van Jerusalem weggegooi lê vanweë die hongersnood en die swaard sonder dat iemand hulle begrawe; hulle, hulle vrouens en hulle seuns en hulle dogters. So sal Ek dan hulle boosheid oor hulle uitstort.

17 Sê aan hulle dan hierdie woord: Laat my oë afloop in trane nag en dag en nie ophou nie; want die jonkvrou, die dogter van my volk, is gebreek met 'n groot verbreking, met 'n baie smartlike wond.

18 As ek uitgaan in die veld, lê daar die wat verslaan is deur die swaard; en as ek kom in die stad, is daar die kwale van die hongersnood. Ja, selfs profeet en priester trek rond in die land sonder om iets te weet.

19 Het U Juda dan heeltemal verwerp? Of het u siel 'n afsku van Sion? Waarom het U ons geslaan, sodat daar geen genesing vir ons is nie? Hulle wag op vrede, maar daar is niks goeds nie; en op 'n tyd van beterskap, maar daar is verskrikking.

20 HERE, ons ken ons goddeloosheid, die ongeregtigheid van ons vaders, want ons het teen U gesondig.

21 Verwerp ons nie ter wille van u Naam; onteer die troon van u heerlikheid nie; hou tog in gedagtenis, verbreek nie u verbond met ons nie.

22 Is daar onder die nietige afgode van die nasies wat reën kan maak? Of kan die hemel reënbuie gee? Is U dit nie, o HERE onse God? En ons wag op U, want U doen al hierdie dinge.

1 耶和华的话临到耶利米, 是关于旱灾的事:

2 "犹大悲哀, 她的城镇("城镇"原文作"城门")衰落, 人人都坐在地上悲伤痛哭; 耶路撒冷的哀声上达于天。

3 他们的显贵差派童仆去打水; 童仆来到池边, 却找不到水, 就拿着空的器皿回来; 他们失望难过, 蒙着自己的头。

4 土地干裂, 因为地上没有雨水; 农夫失望, 都蒙着自己的头。

5 甚至母鹿在田野生产了小鹿, 也得把它丢弃, 因为没有青草。

6 野驴站在光秃的高冈上, 像野狗喘着气; 它们双目发呆, 因为没有青草。"

7 "耶和华啊! 即使我们的罪孽指证我们, 还求你因你名的缘故施行拯救。我们实在多次背道, 得罪了你。

8 以色列的盼望啊! 以色列遭难时的拯救者啊! 你为什么在本地像一个寄居的人, 又像个只住宿一夜的旅客呢?

9 你为什么像个受惊的人, 又像个不能拯救人的勇士呢?耶和华啊! 你是在我们中间, 我们是称为你名下的人, 求你不要离弃我们。"

10 耶和华论到这人民这样说: "他们喜爱这样流荡, 不约束自己的脚; 因此耶和华不悦纳他们, 现在就要记念他们的罪孽, 并要惩罚他们的罪恶。"

11 耶和华对我说: "不要为这人民祈求好处;

12 即使他们禁食, 我也不会听他们的呼求; 即使他们献上燔祭和素祭, 我也不会悦纳; 我却要用刀剑、饥荒和瘟疫去灭尽他们。"

13 我就说: "唉, 主耶和华啊! 你看, 那些先知常对他们说: ‘你们必不会看见刀剑, 也必不会有饥荒; 因为我耶和华要在这地方赐给你们恒久的平安。’"

14 耶和华对我说: "那些先知借我的名说假预言; 我并没有差遣他们, 没有吩咐他们, 也没有向他们说话。他们对你们所预言的, 是虚假的异象、占卜的预兆、虚无的事, 和他们自己心里的诡诈。"

15 因此, 耶和华这样说: "关于那些借我名说预言的先知, 我并没有差遣他们, 他们竟说: ‘这地必不会有刀剑和饥荒。’那些先知必被刀剑和饥荒灭绝。

16 至于那些听他们说预言的人民, 必因刀剑和饥荒被拋弃在耶路撒冷的街上, 没有人埋葬他们, 也没有人埋葬他们的妻子和儿女。我必要把他们作恶应得的报应倒在他们身上。

17 "你要对他们说这话: ‘愿我的眼泪直流, 日夜不停; 因为我的同胞("同胞"原文作"人民的处女")遭受极大的毁灭, 受到很严重的打击。

18 如果我出到田间, 就看见那些被刀剑所杀的人; 如果我走进城里, 就看见因饥荒而来的各种疾病。连先知和祭司也流亡到他们素不认识的地方。’"

19 你真的弃绝犹大吗?你真的讨厌锡安吗?你为什么击打我们, 使我们无法医治呢?我们期待平安, 却得不到好处; 期待得医治的时候, 不料, 只有惊慌。

20 耶和华啊! 我们承认我们的罪恶, 和我们列祖的罪孽; 我们实在得罪了你。

21 求你为你名的缘故, 不要厌弃我们! 不要叫你荣耀的宝座蒙羞! 求你记念你和我们所立的约, 不要废除!

22 列国虚无的偶像中, 有可以降雨的吗?天能自降甘霖吗?耶和华我们的 神啊! 能够这样作的, 不是只有你吗?所以我们仰望你, 因为这一切都是你所作的。