1 Hoor die woord wat die HERE oor julle gespreek het, o huis van Israel!
2 So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie.
3 Want die insettinge van die volke is nietigheid; want 'n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van 'n ambagsman met die byl.
4 Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie.
5 Soos 'n voëlverskrikker in 'n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie.
6 Geeneen is soos U nie, o HERE! U is groot, en u Naam is groot in krag.
7 Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? Want U kom dit toe; want onder al die wyse manne van die nasies en in hulle hele koninkryk is geeneen soos U nie.
8 Maar almal saam word hulle dom en dwaas, die tugtiging van die nietige afgode -- dit is hout.
9 Silwer wat plat geslaan is, word uit Tarsis gebring en goud uit Ufas, die werk van die ambagsman en van die hande van die goudsmid; pers en purperrooi is hulle klere; 'n werk van kunstenaars is hulle almal.
10 Maar die HERE is waarlik God, Hy is die lewende God en 'n ewige Koning; vir sy toorn beef die aarde, en die nasies kan sy grimmigheid nie verdra nie --
11 so moet julle vir hulle sê: Die gode wat die hemel en die aarde nie gemaak het nie, sal vergaan van die aarde af en onder hierdie hemel uit --
12 Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, wat die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand.
13 As Hy sy stem laat hoor, is daar 'n geruis van waters in die hemel; en Hy laat dampe opgaan van die einde van die aarde; Hy maak bliksems vir die reën en laat wind uitgaan uit sy voorraadskure.
14 Elke mens word dom, sonder kennis; elke goudsmid staan beskaamd deur die gesnede beeld; want sy gegote beeld is 'n leuen, en daar is geen gees in hulle nie.
15 Nietige afgode is hulle, werk vir spotterny; in die tyd van hulle besoeking gaan hulle tot niet.
16 Jakob se deel is nie soos hulle nie; want Hy is die Formeerder van alles, en Israel is die stam van sy erfenis; HERE van die leërskare is sy Naam.
17 Tel jou pak goed van die grond af op, jy wat in die beleëring vertoef.
18 Want so sê die HERE: Kyk, Ek slinger die inwoners van die land hierdie keer weg, en Ek doen hulle benoudheid aan, dat hulle kan vind.
19 Wee my vanweë my verbreking! Smartlik is my wond! Ja, ,k het gesê: Waarlik, dit is 'n lyding, en ek sal dit moet dra.
20 My tent is verwoes, en al my lyne is afgeruk; my kinders het van my af weggegaan, en hulle is daar nie; daar is niemand meer wat my tent uitspan en my tentdoeke opsit nie.
21 Want die herders het dom geword en die HERE nie gesoek nie; daarom was hulle nie voorspoedig nie, en hulle hele kudde is verstrooi.
22 Hoor! 'n Gerug. Daar kom dit, en wel 'n groot geraas uit die Noordland, om die stede van Juda 'n woesteny te maak, 'n lêplek van jakkalse.
23 Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan 'n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.
24 Tugtig my, HERE, maar met mate; nie in u toorn, dat U my nie te klein maak nie.
25 Stort u grimmigheid uit oor die nasies wat U nie ken nie, en oor die geslagte wat u Naam nie aanroep nie; want hulle het Jakob opgeëet, ja, hulle het hom opgeëet en hom verteer en sy woning verwoes.
1 以色列家啊! 你们要听耶和华对你们所说的话。
2 耶和华这样说: "你们不要学习列国的行径, 列国因天象惊惶, 你们却不要因这些惊惶。
3 因为万民所信奉的都是虚空, 只是从林中砍下的树木, 是匠人用凿刀制成的产品。
4 他们用金银把它修饰, 用钉子和锤子把它钉牢, 使它不动摇。
5 它们像瓜田里的稻草人, 不能说话; 它们必须要人抬着走, 因为它们不能走路。你们不要害怕它们, 因它们不能降祸, 也不能降福。"
6 耶和华啊! 没有可以跟你相比的; 你是伟大的, 你的名大有能力。
7 万国的王啊! 谁敢不敬畏你呢?这是你应得的。因为在列国所有的智慧人中, 以及在他们的全国里, 没有可以跟你相比的。
8 他们全是顽梗愚昧, 他们所领受的教导是来自那些虚无、木做的偶像。
9 那些偶像镶有经过锤炼的银片, 银子是从他施运来的, 也有从乌法运来的金子, 都是匠人和金匠手作的产品。它们穿着蓝色和紫色的衣服, 全都是巧匠的作品。
10 只有耶和华是真神; 他是永活的 神, 是永远的君王。他一发怒, 大地就震动, 万国都不能抵受他的忿怒。
11 你们要对他们这样说: "那些没有创造天地的神, 必从地上、从天下消灭。"
12 耶和华用自己的能力创造了大地, 用自己的智慧坚立了世界, 又用自己的聪明展开了诸天。
13 他一发声, 空中众水就澎湃; 他使云雾从地极上腾; 他造了闪电和雷雨, 又使风从他的仓库里吹出来。
14 人人都是顽梗无知; 所有的金匠都因偶像羞愧, 因为他们铸造的像都是虚假、没有气息的。
15 偶像都是虚无的, 是荒谬可笑的作品; 到了讨罪的时候, 它们必被除灭。
16 那作雅各产业的并不像这些偶像, 因为他是万物的创造者; 以色列是属他的民族, 万军之耶和华是他的名。
17 住在被围困的城中的人哪! 你们从地上拾起自己的行囊。
18 因为耶和华这样说: "看哪! 在这时候, 我要把这地的居民投掷出去; 又使他们受困苦, 以致他们被压倒。"
19 因我的损伤, 我有祸了! 我的创伤不能医治; 但我说: "这是我的痛苦, 我必须忍受。"
20 我的帐棚毁坏, 我的绳索都折断了; 我的儿女都离我而去, 不在这里了; 再没有人支搭我的帐棚, 挂起我的幔子。
21 牧人都是顽梗的, 他们不求问耶和华; 因此, 他们不得亨通, 他们所有的羊群都四散。
22 听哪! 有风声传来, 有大骚动从北方之地而来, 要使犹大的城市荒凉, 成为野狗的巢穴。
23 耶和华啊! 我知道人的道路是不由自己的; 人行走时, 也不能确定自己的脚步。
24 耶和华啊! 求你只按着公正惩治我, 不要按着你的忿怒施行惩治, 免得你使我衰微。
25 愿你把你的烈怒倾倒在不认识你的列国, 和不求告你名的万族身上; 因为他们吞吃了雅各, 他们吞吃了他, 把他消灭, 使他的住处荒凉。