1 En toe Jeremia geëindig het om die hele volk toe te spreek met al die woorde van die HERE hulle God, waarmee die HERE hulle God hom na hulle gestuur het, naamlik al hierdie woorde,

2 het As rja, die seun van Hos ja, en Johanan, die seun van Kar,ag, en al die vermetele manne gespreek en aan Jeremia gesê: U spreek onwaarheid; die HERE onse God het u nie gestuur om te sê: Julle mag nie na Egipte trek om daar as vreemdelinge te vertoef nie.

3 Maar Barug, die seun van Ner¡a, hits u teen ons op om ons oor te gee in die hand van die Chaldeërs, dat hulle ons kan doodmaak en ons in ballingskap na Babel kan wegvoer.

4 So het Johanan, die seun van Kar,ag, en al die owerstes van die leërs en die hele volk dan nie geluister na die stem van die HERE om in die land Juda te bly nie.

5 Maar Johanan, die seun van Kar,ag, en al die owerstes van die leërs het die hele oorblyfsel van Juda geneem wat uit al die nasies waarheen hulle verdryf was, teruggekom het om in die land Juda te woon,

6 die manne en die vroue en die kinders en die dogters van die koning en al die mense wat Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, by Ged lja, die seun van Ah¡kam, die seun van Safan, laat staan het -- ook die profeet Jeremia en Barug, die seun van Ner¡a --

7 en hulle het na Egipteland getrek; want hulle het nie geluister na die stem van die HERE nie. En hulle het tot by Tagp nhes gekom.

8 Toe het die woord van die HERE tot Jeremia gekom in Tagp nhes en gesê:

9 Neem groot klippe in jou hand en begrawe hulle in klei in die vierkant wat by die ingang van Farao se paleis in Tagp nhes is, voor die oë van die Joodse manne;

10 en sê vir hulle: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek stuur en laat my kneg Nebukadr,sar, die koning van Babel, haal, en Ek sal sy troon neersit bo-op hierdie klippe wat Ek begrawe het; en hy sal sy pragtapyt daaroor uitspan.

11 En hy sal kom en Egipteland verower: wie vir die pes bestem is, vir die pes; en wie vir die gevangenskap, vir die gevangenskap; en wie vir die swaard, vir die swaard!

12 En Ek sal 'n vuur aansteek in die huise van die gode van Egipte; en hy sal hulle verbrand en hulle as gevangenes wegvoer; en hy sal hom wikkel in die land van Egipte soos 'n herder hom wikkel in sy kleed, en hy sal daarvandaan in vrede wegtrek.

13 En hy sal die klippilare van Bet-Semes wat in Egipteland is, verbreek en die huise van die gode van Egipte met vuur verbrand.

1 耶利米向众民说完了耶和华他们的 神吩咐他的一切话, 就是耶和华他们的 神差遣他去对他们说的一切话。

2 何沙雅的儿子亚撒利雅, 和加利亚的儿子约哈难, 以及所有狂傲的人, 就对耶利米说: "你在说谎! 耶和华我们的 神并没有差遣你来说: ‘你们不可去埃及, 在那里寄居。’

3 只是尼利亚的儿子巴录怂恿你来反对我们, 为要把我们交在迦勒底人的手中, 好使我们被杀害, 或被掳到巴比伦去。"

4 于是加利亚的儿子约哈难和众将领, 以及众民, 都不听从耶和华要他们留在犹大地的命令。

5 相反地, 加利亚的儿子约哈难和众将领却率领犹大所有余剩的人, 就是那些从被赶逐到各国回来住在犹大地的,

6 包括男人、女人、孩童和王的众公主, 以及护卫长尼布撒拉旦留给沙番的孙子、亚希甘的儿子基大利管理的众人, 还有耶利米先知和尼利亚的儿子巴录,

7 把他们都带进埃及地, 去到答比匿, 没有听从耶和华的话。

8 在答比匿耶和华的话临到耶利米, 说:

9 "你要在犹大人眼前亲手拿几块大石头, 埋藏在答比匿法老宫殿门前砖窑的灰泥中;

10 然后对他们说: ‘万军之耶和华以色列的 神这样说: 看哪! 我要派人去领我的仆人巴比伦王尼布甲尼撒来; 我要在我所埋藏的这些石头上安设他的王位; 他必在上面张开他的帐篷。

11 他必来攻打埃及地; 那些注定死亡的, 必要死亡; 那些注定被掳的, 必要被掳; 那些注定被刀杀的, 必被刀杀。

12 他("他"按照《马索拉抄本》应作"我"; 现参照《七十士译本》翻译)必焚烧埃及的神庙, 把它们烧毁, 并且掳掠; 他必得着埃及地, 好像牧人披上衣服那么容易; 他必安然离开那里。

13 他必打碎埃及地伯.示麦("伯.示麦"或译: "太阳神庙")的神柱, 放火烧毁埃及神庙。’"