1 En in die vierde jaar van Jojakim, die seun van Jos¡a, die koning van Juda, het van die HERE hierdie woord tot Jeremia gekom:

2 Neem vir jou 'n boekrol en skrywe daarop al die woorde wat Ek met jou gespreek het oor Israel en Juda en oor al die nasies, van die dag af dat Ek met jou gespreek het, van die dae van Jos¡a af, tot vandag toe.

3 Miskien sal die huis van Juda luister na al die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen, sodat hulle hul bekeer elkeen van sy verkeerde weg en Ek hulle ongeregtigheid en hulle sonde vergewe.

4 En Jeremia het Barug, die seun van Ner¡a, geroep; en Barug het op 'n boekrol geskrywe, uit die mond van Jeremia, al die woorde van die HERE wat Hy met hom gespreek het.

5 En Jeremia het aan Barug bevel gegee en gesê: Ek is verhinder, ek kan nie gaan in die huis van die HERE nie.

6 Gaan jy dan en lees uit die rol wat jy uit my mond beskrywe het, die woorde van die HERE voor die ore van die volk in die huis van die HERE, op die vasdag; en jy moet dit ook lees voor die ore van die hele Juda wat uit hulle stede kom.

7 Miskien sal hulle smeking voor die aangesig van die HERE kom en sal hulle hul bekeer elkeen van sy verkeerde weg; want groot is die toorn en die grimmigheid wat die HERE teen hierdie volk uitgespreek het.

8 En Barug, die seun van Ner¡a, het gedoen net soos die profeet Jeremia hom beveel het deur uit die boek te lees die woorde van die HERE, in die huis van die HERE.

9 Want in die vyfde jaar van Jojakim, die seun van Jos¡a, die koning van Juda, in die negende maand, het hulle 'n vasdag voor die aangesig van die HERE uitgeroep -- die hele volk in Jerusalem en die hele volk wat uit die stede van Juda in Jerusalem gekom het.

10 En Barug het uit die boek gelees die woorde van Jeremia, in die huis van die HERE, in die kamer van Gem rja, die seun van Safan, die skrywer, in die boonste voorhof by die ingang van die Nuwe Poort van die huis van die HERE, voor die ore van die hele volk.

11 En toe Mig ja, die seun van Gem rja, die seun van Safan, al die woorde van die HERE uit die boek hoor,

12 gaan hy af na die huis van die koning, in die kamer van die skrywer, waar toe juis al die vorste gesit het: Elis ma, die skrywer, en Del ja, die seun van Sem ja, en lnatan, die seun van Akbor, en Gem rja, die seun van Safan, en Sedek¡a, die seun van Han nja, en al die vorste.

13 Daarop maak Mig ja aan hulle bekend al die woorde wat hy gehoor het toe Barug uit die boek voor die ore van die volk gelees het.

14 Toe stuur al die vorste Jehudi, die seun van Net nja, die seun van Sel,mja, die seun van Kusi, na Barug, met die boodskap: Die rol waaruit jy voor die ore van die volk gelees het, neem dit in jou hand en kom. Daarop neem Barug, die seun van Ner¡a, die rol in sy hand, en hy het by hulle gekom.

15 En hulle sê vir hom: Sit tog en lees dit voor ons ore. En Barug het voor hulle ore gelees.

16 Toe hulle al die woorde hoor, het hulle mekaar verskrik aangekyk en vir Barug gesê: Ons moet al hierdie woorde sekerlik aan die koning bekend maak.

17 En hulle het Barug gevra: Vertel ons tog hoe het jy al hierdie woorde uit sy mond opgeskrywe?

18 Toe antwoord Barug hulle: Uit sy mond het hy my al hierdie woorde voorgesê, en ek het hulle met ink in die boek geskrywe.

19 Daarop sê die vorste vir Barug: Gaan, verberg jou, jy en Jeremia, en laat geen mens weet waar julle is nie.

20 En hulle het na die koning in die voorhof gegaan -- die rol het hulle weggesit in die kamer van Elis ma, die skrywer -- en al die woorde voor die ore van die koning gemeld.

21 Toe stuur die koning Jehudi om die rol te gaan haal; en hy het dit gaan haal uit die kamer van Elis ma, die skrywer. En Jehudi het dit gelees voor die ore van die koning en van al die vorste wat by die koning staan,

22 terwyl die koning gesit het in die winterpaleis, in die negende maand, met die brandende vuurpan voor hom.

23 En elke keer het hy, as Jehudi drie of vier kolomme gelees het, dit met die mes van 'n skrywer stukkend gesny en in die vuur gegooi wat op die vuurpan was, totdat die hele rol in die vuur op die vuurpan verteer was.

24 En hulle was nie verskrik nie en het hulle klere nie geskeur nie -- die koning en al sy dienaars wat al hierdie woorde gehoor het;

25 alhoewel selfs lnatan en Del ja en Gem rja by die koning daarop aangedring het om die rol nie te verbrand nie; maar hy het na hulle nie geluister nie.

26 Toe gee die koning bevel aan Jer gmeël, die seun van die koning, en Ser ja, die seun van Asriël, en Sel,mja, die seun van Abdeël, om die skrywer Barug en die profeet Jeremia te vang. Maar die HERE het hulle verberg.

27 Toe kom die woord van die HERE tot Jeremia -- nadat die koning die rol verbrand het met die woorde wat Barug uit die mond van Jeremia opgeskrywe het -- en sê:

28 Neem vir jou weer 'n ander rol en skrywe daarop al die vorige woorde wat op die eerste rol was, wat Jojakim, die koning van Juda, verbrand het.

29 En aangaande Jojakim, die koning van Juda, moet jy sê: So spreek die HERE: Jy het hierdie rol verbrand met die woorde: Waarom het jy daarop geskrywe en gesê: Die koning van Babel sal sekerlik kom en hierdie land verwoes en mens en dier daar uitroei?

30 Daarom, so spreek die HERE aangaande Jojakim, die koning van Juda: Hy sal nooit een hê wat op die troon van Dawid sit nie, en sy lyk sal weggegooi lê, bedags in die hitte en snags in die koue.

31 En Ek sal aan hom en sy geslag en sy dienaars hulle ongeregtigheid besoek; en Ek sal oor hulle en die inwoners van Jerusalem en die manne van Juda al die onheil bring wat Ek teen hulle gespreek het sonder dat hulle geluister het.

32 Toe het Jeremia 'n ander rol geneem en dit aan die skrywer Barug, die seun van Ner¡a, gegee; en hy het daarop uit die mond van Jeremia geskrywe al die woorde van die boek wat Jojakim, die koning van Juda, met vuur verbrand het; en nog baie dergelike woorde is daaraan toegevoeg.

1 犹大王约西亚的儿子约雅敬第四年, 耶和华那里有这话临到耶利米, 说:

2 "你取一卷书卷来, 在上面写下我在约西亚作王的时候开始, 直到今日, 对你所说论到以色列和犹大, 以及列国的一切话。

3 或者犹大家听见我想要降给他们的一切灾祸, 各人就回转, 离开自己的恶道, 我就赦免他们的罪孽和罪恶。"

4 于是耶利米把尼利亚的儿子巴录叫了来, 巴录就从耶利米口中, 把耶和华向耶利米所说的一切话, 都写在书卷上。

5 耶利米吩咐巴录说: "我被阻止, 不能进耶和华的殿里去。

6 所以你要进去, 趁禁食的日子, 在耶和华的殿里, 向众人宣读书卷上的话, 就是你从我口中所录下耶和华的话。你要向从犹大各城来的人宣读。

7 也许他们会向耶和华恳求, 各人回转, 离开自己的恶道, 因为耶和华向这人民所说要发的怒气和烈怒是很大的。"

8 尼利亚的儿子巴录就照着耶利米先知吩咐的一切去行, 在耶和华的殿里宣读书上耶和华的话。

9 犹大王约西亚的儿子约雅敬第五年九月, 耶路撒冷的众民, 和所有从犹大各城来到耶路撒冷的人民, 都在耶和华面前宣告禁食。

10 巴录就在耶和华的殿里, 向众民宣读书上耶利米的话。那时他是在沙番的儿子书记基玛利雅的房间里, 这房间是在上院, 靠近耶和华殿里新门的入口。

11 沙番的孙子基玛利雅的儿子米该亚, 听见了书上耶和华的一切话,

12 就下到王宫, 进入书记的房间里; 所有领袖都在那里坐着, 他们是书记以利沙玛、示玛雅的儿子第莱雅、亚革波的儿子以利拿单、沙番的儿子基玛利雅、哈拿尼雅的儿子西底家和所有其余的领袖。

13 米该亚就把所听见的一切都告诉他们, 就是巴录向众人宣读那书的时候, 他所听见的。

14 于是所有的领袖差派古示的曾孙、示利米雅的孙子、尼探雅的儿子犹底, 去见巴录, 说: "请你把向众人宣读的那书卷亲自拿来。"尼利亚的儿子巴录就把书卷亲自带到他们那里。

15 他们对他说: "请坐下, 念给我们听。"巴录就向他们宣读。

16 他们听见这一切话, 就惊惧起来, 面面相觑, 对巴录说: "我们必须把这一切话禀告王。"

17 他们向巴录说: "请告诉我们, 你怎样写下这一切话, 是耶利米亲口说的吗?"

18 巴录对他们说: "这一切话是他亲口向我讲述的, 我就用墨写在书上。"

19 众领袖对巴录说: "你和耶利米都要去躲藏起来; 不要给人知道你们在什么地方。"

20 众领袖把书卷存在书记以利沙玛的房间里, 然后进内院去见王, 把这一切话都禀告给王听。

21 于是王差派犹底去把书卷拿来; 犹底就从书记以利沙玛的房间里把书卷取来, 向王和所有侍立在王左右的领袖宣读。

22 那时正是九月, 王坐在冬宫里, 在他面前有一盆炭火烧着。

23 每逢犹底宣读完三四段, 王就用书记的小刀把书割破, 丢进盆中的火里, 直到全卷都在盆中的火里烧尽了。

24 王和他所有听见这一切话的臣仆, 都不惊惧, 也不撕裂衣服。

25 虽然以利拿单、第莱雅和基玛利雅恳求王不要烧这书卷, 王却不听他们,

26 更吩咐王子耶拉篾、亚次列的儿子西莱雅和亚伯叠的儿子示利米雅, 去捉拿文士巴录和耶利米先知; 但耶和华把他们隐藏起来。

27 王烧了那载有巴录从耶利米口中录下的话的书卷以后, 耶和华的话又临到耶利米, 说:

28 "你再取一书卷来, 把犹大王约雅敬烧掉的前一书卷里原来的一切话, 都写在书卷上面。

29 论到犹大王约雅敬你要说: ‘耶和华这样说: 你烧了那书卷, 说: 你为什么在上面写着说: 巴比伦王一定来, 毁灭这地, 使地上的人畜都灭绝呢?

30 因此, 耶和华论到犹大王约雅敬这样说: 他的后代必没有人坐在大卫的王位上; 他的尸体必拋弃在外, 日间受炎热, 夜间受寒霜。

31 我必惩罚他和他的后裔, 以及他臣仆的罪孽; 我必使我对他们预告过的一切灾祸, 临到他们和耶路撒冷的居民, 以及犹大人的身上; 他们却不听从。’"

32 于是耶利米取了另一卷书卷, 交给尼利亚的儿子文士巴录; 巴录就从耶利米的口中, 把犹大王约雅敬在火中烧掉的那书上的一切话, 都写在书卷上, 还加上很多类似的话。