1 En Salomo het hom verswaer met Farao, die koning van Egipte; hy het naamlik die dogter van Farao geneem en haar in die stad van Dawid ingebring totdat hy met die bou van sy huis en die huis van die HERE en die muur van Jerusalem rondom klaar sou wees.
2 Alleenlik het die volk gedurig op die hoogtes geoffer, omdat tot op daardie dae daar geen huis vir die Naam van die HERE gebou was nie.
3 En Salomo het die HERE liefgehad deur in die insettinge van sy vader Dawid te wandel; hy het net gedurig op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.
4 En die koning het na G¡beon gegaan om daar te offer, omdat dit die vernaamste hoogte was; duisend brandoffers het Salomo op daardie altaar geoffer.
5 Toe verskyn die HERE in G¡beon in 'n nagtelike droom aan Salomo; en God het gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.
6 En Salomo sê: U het aan u kneg, my vader Dawid, 'n groot guns bewys, net soos hy voor u aangesig gewandel het in trou en in geregtigheid en in opregtheid van hart met U; en U het vir hom hierdie groot guns bewaar, dat U hom 'n seun gegee het wat op sy troon sit, soos dit vandag is.
7 Nou dan, HERE my God, U het u kneg koning gemaak in my vader Dawid se plek; maar ek is 'n jong seun; ek weet nie om uit of in te gaan nie.
8 En u kneg is midde onder u volk wat U verkies het, 'n groot volk wat nie getel of bereken kan word weens die menigte nie.
9 Gee dus aan u kneg 'n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kan regeer?
10 En dit was goed in die oë van die Here dat Salomo dit begeer het.
11 En God het vir hom gesê: Omdat jy hierdie versoek gedoen het en nie vir jou 'n lang lewe begeer het en nie vir jou rykdom begeer het en nie die lewe van jou vyande begeer het nie, maar vir jou verstand begeer het om regsake te verhoor,
12 so doen Ek dan volgens jou woord: Kyk, Ek gee jou 'n wyse en verstandige hart, sodat een soos jy voor jou nie gewees het en een soos jy n jou nie sal opstaan nie.
13 Ja, selfs wat jy nie begeer het nie, sal Ek jou gee, rykdom sowel as eer, sodat onder die konings niemand soos jy sal wees al jou dae nie.
14 En as jy in my weë wandel, deur my insettinge en my gebooie te onderhou, soos jou vader Dawid gewandel het, dan sal Ek jou dae verleng.
15 Toe word Salomo wakker, en -- dit was 'n droom! Daarop het hy in Jerusalem gekom en voor die verbondsark van die Here gaan staan en brandoffers gebring en dankoffers berei en 'n maaltyd vir al sy dienaars aangerig.
16 In die tyd kom daar twee vroue wat hoere was, na die koning, en hulle gaan voor hom staan.
17 En die een vrou sê: Ag, my heer, ek en hierdie vrou woon in een huis, en ek het by haar in die huis gebaar.
18 En op die derde dag n my bevalling het hierdie vrou ook gebaar terwyl ons saam was; niemand anders was by ons in die huis nie, maar net ons twee in die huis.
19 En die seun van hierdie vrou het in die nag gesterwe, omdat sy op hom gelê het.
20 Toe staan sy in die middel van die nag op en neem my seun langs my weg terwyl u dienares slaap; en sy het hom in haar skoot neergelê, maar haar dooie seun in my skoot neergelê.
21 Toe ek die môre opstaan om my seun te soog, was hy dood; maar in die môre het ek hom goed bekyk, en dit was nie my seun wat ek gebaar het nie!
22 Maar die ander vrou sê: Nee, maar die lewendige is my seun, en die dooie is jou seun. Maar die eerste sê: Nee, maar die dooie is jou seun, en die lewendige is my seun. So het hulle dan voor die koning gestry.
23 Toe dink die koning: Die een sê: Dit is my seun, die lewendige, en jou seun, die dooie. En die ander sê: Nee, maar die dooie is jou seun, en die lewendige my seun.
24 Daarop gee die koning bevel: Bring vir my 'n swaard! En hulle het die swaard voor die koning gebring.
25 En die koning sê: Sny die lewendige kind in twee stukke, en gee die helfte aan die een en die helfte aan die ander.
26 Maar die vrou wie se kind die lewendige was, het met die koning gespreek, want haar binneste was ontroerd oor haar seun -- sy het gesê: Ag, my heer, gee haar die lewendige kind en maak hom tog nie dood nie! -- terwyl die ander een sê: Hy sal nie myne en ook nie joue wees nie; sny deur!
27 Toe antwoord die koning en sê: Gee haar die lewendige kind en maak hom in geen geval dood nie: sy is die moeder.
28 En die hele Israel het gehoor van die vonnis wat die koning uitgespreek het, en was bevrees vir die koning; want hulle het gesien dat daar goddelike wysheid in sy binneste was om reg te doen.
1 所罗门与埃及王法老结亲, 娶了法老的女儿, 把她迎进大卫城, 直等到他的王宫、耶和华的殿和耶路撒冷周围的城墙都建造完了。
2 不过在那些日子, 人民仍然在邱坛上献祭, 因为还没有为耶和华的名建造殿宇。
3 所罗门爱耶和华, 遵行他父亲大卫的律例; 只是他仍然在邱坛上宰杀和焚烧祭牲。
4 有一次, 王到基遍去献祭, 因为那里有极大的邱坛。所罗门在那祭坛上献上了一千燔祭。
5 那天晚上在基遍, 耶和华在梦中向所罗门显现; 神说: "你无论求什么, 我必赐给你。"
6 所罗门说: "你仆人我父亲大卫以诚实、公义和正直的心在你面前行事为人, 你就以极大的慈爱待他; 你又为他存留这极大的慈爱, 赐给他一个儿子坐在他的王位上, 正如今日一样。
7 耶和华我的 神啊, 现在你使仆人接续我的父亲大卫作王, 但我还年轻, 不知道应当怎样处事。
8 仆人住在你拣选的子民中; 这些子民很多, 多得不能数算。
9 所以, 求你赐给仆人一颗明辨的心, 可以判断你的子民, 能辨别是非, 因为谁能判断你这众多的子民呢?"
10 所罗门因为求这些事, 就蒙主的喜悦。
11 神对他说: "因为你求这事, 不为自己求长寿, 不为自己求财富, 也不求你仇敌的性命, 单单为自己求聪明可以明辨是非公平,
12 我就照着你所求的而行; 赐给你一个智慧和明辨的心, 在你以前没有人像你, 在你以后也不会有人像你。
13 连你所没有求的, 我也赐给你, 就是财富、尊荣, 以至你一生的年日, 在列王之中没有一人能像你。
14 如果你遵行了我的道, 谨守我的律例、诫命, 正如你父亲大卫所行的, 我就必延长你的寿数。"
15 所罗门醒来, 原来是一个梦。于是他回到耶路撒冷, 站在耶和华的约柜前, 献上燔祭, 又献上平安祭, 也为他的众臣仆摆设筵席。
16 有一天, 有两个作妓女的妇人来见王, 站在他面前。
17 其中一个妇人说: "我主啊, 我和这妇人同住; 她与我在房子里的时候, 我生了一个孩子。
18 我生了孩子以后的第三天, 这妇人也生了一个孩子。我们都住在一起。除了我们两个人在房子里以外, 再没有别人与我们一起在这房子里。
19 夜间, 这妇人睡觉的时候, 压死了她的孩子。
20 她却在半夜, 趁着婢女睡着的时候, 起来, 从我身旁把儿子抱去, 放在她的怀里; 又把她死了的儿子放在我的怀里。
21 第二天早上我起来, 要给我的儿子吃奶的时候, 发觉他死了。那天早晨我再仔细察看, 发觉他并不是我所生的儿子! "
22 那一个妇人说: "不! 活的儿子是我的, 死的儿子才是你的。"但这一个妇人说: "不! 死的儿子是你的, 活的儿子才是我的。"她们在王面前彼此争辩。
23 王说: "这个妇人说: ‘活的儿子是我的, 死的儿子才是你的’, 那个妇人却说: ‘不! 死的儿子是你的, 活的儿子才是我的。’"
24 王就吩咐: "给我拿一把刀来! "人就把刀带到王面前。
25 王说: "把活的孩子劈成两半, 一半给这个妇人, 一半给那个妇人。"
26 那活孩子的母亲因为爱子心切, 就对王说: "我主啊, 把那活的孩子给她吧, 千万不可杀死他! "另一个妇人却说: "这孩子也不归我, 也不归你, 把他劈开吧! "
27 王回答说: "把活孩子给这个妇人, 千万不可杀死他, 这个妇人实在是他的母亲。"
28 以色列众人听见王判断的这案件, 就都敬畏他, 因为看见他心里有 神的智慧, 能够判案。