1 Paulus, 'n dienskneg van God en 'n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is,
2 in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het,
3 en op die regte tyd sy woord bekend gemaak het deur die prediking wat aan my toevertrou is, ooreenkomstig die gebod van God, ons Verlosser -- aan Titus, my ware kind volgens die gemeenskaplike geloof:
4 Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en die Here Jesus Christus, ons Verlosser!
5 Om hierdie rede het ek jou in Kreta agtergelaat, dat jy nog verder sou regmaak wat oorgebly het, en van stad tot stad ouderlinge sou aanstel soos ek jou beveel het --
6 as iemand onberispelik is, die man van een vrou, gelowige kinders het wat nie beskuldig word van losbandigheid of tugteloos is nie.
7 Want 'n opsiener moet as 'n rentmeester van God onberispelik wees, nie eiesinnig, nie oplopend, geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie;
8 maar gasvry, een wat die goeie liefhet, ingetoë, regverdig, heilig, een wat homself beheers;
9 een wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te weerlê.
10 Want daar is baie wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is, veral die wat uit die besnydenis is;
11 hulle mond moet gestop word. Hulle keer hele huise onderstebo deur te leer wat nie betaam nie, ter wille van vuil wins.
12 Een uit hulle, hul eie profeet, het gesê: Die Kretense is altyd leuenaars, ongediertes, lui buike.
13 Hierdie getuienis is waar. Daarom moet jy hulle skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees,
14 en hulle nie besig hou met Joodse fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie.
15 Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel.
16 Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.
1 神的仆人、耶稣基督的使徒保罗(这是为着 神选民的信心, 和那合乎敬虔真理的知识;
2 这都是根据永生的盼望, 这永生就是没有谎言的 神在万世以前所应许的。
3 到了适当的时候, 神就借着福音的宣讲, 把他的道显明出来。照着 神我们救主的命令, 这宣讲的使命交托了我),
4 写信给提多, 就是那在共同的信仰上作我真儿子的。愿恩惠平安从父 神和我们的救主基督耶稣临到你。
5 我从前留你在克里特岛, 是要你办好没有办完的事, 并且照我所吩咐的, 在各城设立长老。
6 如果有人无可指摘, 只作一个妻子的丈夫, 儿女都信主, 也没有人控告他们放荡或不受约束, 才可以作长老。
7 因为监督是 神的管家, 所以必须无可指摘、不任性、不随便动怒、不好酒、不打人、不贪不义之财;
8 却要接待客旅、喜爱良善、自律、公正、圣洁、自制,
9 坚守那合乎教义、可靠的真道, 好使他能够用纯正的道理劝勉人, 并且能够折服反对的人。
10 因为有许多不受约束、好讲空话和欺骗人的, 尤其是那些守割礼的人,
11 他们为了可耻的利益, 教训一些不应该教导的事, 败坏人的全家, 你务要堵住他们的嘴。
12 有一个克里特本地的先知说过: "克里特人是常常说谎的, 是恶兽, 好吃懒作。"
13 这见证是真的。为了这缘故, 你要严厉地责备他们, 好使他们在信仰上健全,
14 不再理会犹太人的无稽之谈和偏离正道的人的规条。
15 在清洁的人, 一切都是清洁的; 但在污秽和不信的人, 没有一样是清洁的, 连他们的意念和良心都污秽了。
16 他们声称认识 神, 却在行为上否认他。他们是可憎的、悖逆的, 在各样的善事上, 是毫无用处的。