1 Maar spreek jy wat by die gesonde leer pas.
2 Die ou manne moet nugter wees, waardig, ingetoë, gesond in die geloof, in die liefde, in die lydsaamheid.
3 Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is,
4 sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê,
5 ingetoë te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie.
6 Vermaan die jong manne net so om ingetoë te wees.
7 Betoon jou in alles 'n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid.
8 Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees, sodat die teëstanders beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie.
9 Die diensknegte moet onderdanig wees aan hul eie here, hulle in alles behaag en nie teëpraat nie;
10 hulle moet niks ontvreemd nie, maar alle goeie trou betoon, sodat hulle die leer van God, ons Verlosser, in alles kan versier.
11 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn
12 en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,
13 terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus,
14 wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.
15 Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns. Laat niemand jou verag nie.
1 至于你, 你应当讲合乎纯正的道理。
2 劝老年人要有节制、庄重、自律, 在信心、爱心、忍耐上都要健全。
3 照样, 劝年老的妇女要生活敬虔, 不说谗言, 不被酒奴役, 用善道教导人,
4 好提醒年轻的妇女爱丈夫爱儿女,
5 并且自律、贞洁、理家、善良、顺从自己的丈夫, 免得 神的道受毁谤。
6 照样, 劝年轻的男子要自律。
7 无论在什么事上你都要显出好行为的榜样, 在教导上要纯全, 要庄重,
8 言词要纯正, 无可指摘, 使反对的人因为无从毁谤, 就自觉惭愧。
9 劝仆人要凡事顺服自己的主人, 讨他欢喜, 不要顶嘴。
10 不要私取财物, 却要显示绝对的诚实, 好使我们救主 神的道理, 在凡事上都得着尊荣。
11 神拯救万人的恩典已经显明出来了。
12 这恩典训练我们除去不敬虔的心, 和属世的私欲, 在今生过着自律、公正、敬虔的生活,
13 等候那有福的盼望, 就是我们伟大的 神, 救主耶稣基督荣耀的显现。
14 他为我们舍己, 为的是要救赎我们脱离一切不法的事, 并且洁净我们作他自己的子民, 热心善工。
15 你要传讲这些事, 运用各样的权柄去劝戒人, 责备人; 不要让人轻看你。