1 Maar die HERE het vir my gesê: Al staan Moses en Samuel voor my aangesig, my siel wil niks van hierdie volk weet nie; dryf hulle van my aangesig af weg, en laat hulle heengaan.
2 En as hulle jou vra: Waar moet ons heengaan? sê dan vir hulle: So spreek die HERE: Wie vir die pes bestem is, na die pes; en wie vir die swaard, na die swaard; en wie vir die hongersnood, na die hongersnood; en wie vir die gevangenskap, na die gevangenskap.
3 En Ek sal oor hulle vier soorte besoekinge doen, spreek die HERE: die swaard om dood te maak en die honde om weg te sleep en die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde om op te eet en te vernietig.
4 En Ek sal hulle 'n skrikbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde vanweë Manasse, die seun van Hisk¡a, die koning van Juda, oor wat hy in Jerusalem gedoen het.
5 Want wie sal jou bejammer, o Jerusalem? Of wie sal met jou medelyde hê? Of wie sal uitdraai om na jou welstand te vra?
6 Jy het My verwerp, spreek die HERE, jy het l agteruitgegaan; daarom strek Ek my hand teen jou uit en verwoes jou; Ek is moeg om berou te hê.
7 En Ek wan hulle uit met 'n gaffel by die ingange van die land. Ek maak my volk kinderloos, maak hulle tot niet; hulle kom van hulle weë nie terug nie.
8 Hulle weduwees het vir My meer geword as die sand van die see; Ek bring vir hulle oor die moeder van die jong manskappe 'n verwoester op die middag; Ek laat skielik op haar val angs en verskrikkinge.
9 Sy wat sewe gebaar het, het weggekwyn; sy het magteloos neergesink; haar son het ondergegaan terwyl dit nog dag was; sy staan beskaamd en het rooi van skaamte geword. En hulle oorblyfsel gee Ek aan die swaard oor, voor hulle vyande, spreek die HERE.
10 Wee my, my moeder, dat u my gebaar het -- 'n man van twis en 'n man van stryd vir die hele land! Ek het nie uitgeleen nie, en hulle het nie aan my geleen nie; almal vloek my.
11 Die HERE het gesê: Waarlik, Ek bevry jou ten goede; waarlik, Ek maak dat die vyand jou ootmoedig smeek in tyd van onheil en in tyd van benoudheid.
12 Kan 'n mens yster breek, yster uit die noorde, en koper?
13 Jou rykdom en jou skatte sal Ek as buit gee, sonder betaling; en dit weens al jou sondes en in jou hele grondgebied.
14 En Ek sal jou jou vyande laat dien in 'n land wat jy nie ken nie; want 'n vuur is aangesteek in my toorn, oor julle sal dit brand.
15 o HERE, U weet dit; dink aan my en besoek my, en wreek my op my vervolgers. Neem my in u lankmoedigheid nie weg nie. Weet dat ek smaad dra om U ontwil.
16 Toe u woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart; want u Naam is oor my uitgeroep, HERE, God van die leërskare!
17 Ek het nie gesit in 'n vergadering van spotters of was nie uitgelate nie; vanweë u hand het ek alleen gesit, want U het my met grimmigheid vervul.
18 Waarom is my smart ewigdurend en my wond ongeneeslik? Dit weier om gesond te word. Sou U vir my waarlik wees soos 'n bedrieglike stroom, waters wat nie standhoudend is nie?
19 Daarom, so sê die HERE: As jy terugkeer, sal Ek jou laat terugkeer, sal jy voor my aangesig staan; en as jy voortbring wat edel is, en niks onedels nie, sal jy soos my mond wees. Laat hulle na jou terugkeer, maar jy moet nie na hulle terugkeer nie.
20 En Ek sal jou 'n onneembare kopermuur vir hierdie volk maak; en hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorweldig nie; want Ek is met jou om jou te verlos en om jou te red, spreek die HERE.
21 En Ek sal jou red uit die hand van die goddelose mense en jou verlos uit die vuis van die tiranne.
1 耶和华对我说: "即使摩西和撒母耳站在我面前代求, 我的心也不会转向这人民。你把他们从我面前赶走, 叫他们出去!
2 如果他们问你: ‘我们要去哪里?’你就告诉他们: ‘耶和华这样说: 该死亡的, 就死亡; 该被刀剑所杀的, 就被刀剑所杀; 该遭遇饥荒的, 就遭遇饥荒; 该被掳的, 就被掳去! ’
3 我要命定四种刑罚对付他们, 就是刀剑杀戮, 尸体被野狗拖走, 被空中的飞鸟和地上的走兽吞吃与毁灭。"这是耶和华的宣告。
4 "因犹大王希西家的儿子玛拿西在耶路撒冷的所作所为, 我必使地上万国看见他们的遭遇就惊恐。"
5 "耶路撒冷啊! 谁会可怜你呢?谁会为你悲伤呢?谁会转身向你问安呢?
6 你离弃了我, 你转身背着我; 因此我要伸手攻击你, 毁灭你, 我不会再回心转意。"这是耶和华的宣告。
7 "我在这地的城门口, 用簸箕簸了我的子民, 使他们丧掉儿女, 使他们灭亡; 他们仍不转离自己所行的路。
8 我使他们寡妇的数目比海沙还多; 我使行毁灭的在午间临到我的子民, 打击年轻人的母亲, 使痛苦的惊恐忽然临到她们身上。
9 那生过七个子女的母亲衰竭疲弱, 几乎气绝; 还在白昼, 她的太阳已经西落, 她必惭愧蒙羞。我必使他们余剩的人在敌人面前死于刀下。"这是耶和华的宣告。
10 我母亲哪! 我有祸了, 因为你生了我, 这个跟全地相争相斗的人。我从没有借钱给人, 也没有向人借钱, 可是人人都咒骂我。
11 耶和华说: "我必为你的好处释放你; 在遭遇祸患和灾难的时候, 我必叫你的仇敌恳求你。
12 谁可以折断铁, 就是从北方来的铁和铜呢?
13 因你在四境之内所犯的一切罪, 我必把你的财产和宝物, 白白给敌人作掠物。
14 我必使你在你不认识的地方, 服事你的仇敌(有古抄本作"我必使你的仇敌过去, 到你所不认识的地方"); 因为我的怒火燃烧起来, 要烧灭你们。"
15 耶和华啊! 你知道这一切; 求你记念我, 看顾我, 替我向那些逼迫我的人报复。求你忍怒, 不要取去我的性命; 要知道, 我为你的缘故受了侮辱。
16 我一得到你的话, 就把它们吃了; 你的话成了我心中的欢喜快乐; 耶和华万军的 神啊! 因为我是称为你名下的人。
17 我没有坐在欢笑者的集会中一同欢乐; 因为你的手在我身上, 你使我满了忿怒, 我就独自静坐。
18 我的痛苦为什么长久不止呢?我的创伤为什么无法医治, 不得痊愈呢?你对我真的像叫人失望、靠不住的溪流吗?
19 因此, 耶和华这样说: "如果你回转, 我必让你回来, 你就可以侍立在我面前。如果你说宝贵的话, 不说无价值的话, 就必作我的口。他们要归向你, 你却不要归向他们。
20 我要使你成为坚固的铜墙抵挡这人民, 他们必攻击你, 却不能胜过你; 因为我与你同在, 要拯救你, 搭救你。"这是耶和华的宣告。
21 "我必搭救你脱离恶人的手, 救赎你脱离强暴人的掌握("掌握"原文作"手掌")。"