1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:

2 Jy mag vir jou geen vrou neem nie, en jy mag geen seuns of dogters hê in hierdie plek nie.

3 Want so sê die HERE van die seuns en die dogters wat in hierdie plek gebore word, en van hulle moeders wat hulle baar, en van hulle vaders wat hulle verwek in hierdie land:

4 Aan dodelike siektes sal hulle sterwe, hulle sal nie beklaag of begrawe word nie, hulle sal mis op die aarde wees; en hulle sal deur die swaard en die hongersnood verteer word, en hulle lyke sal dien as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde.

5 Want so sê die HERE: Kom nie in die klaaghuis en gaan nie om te rouklaag nie, en betuig geen deelneming met hulle nie; want Ek het my vrede van hierdie volk weggeneem, spreek die HERE, die goedertierenheid en die barmhartigheid.

6 Groot sowel as klein sal sterwe in hierdie land; hulle sal nie begrawe word nie, en niemand sal hulle beklaag en homself stukkend kerwe of vir hom 'n kaal plek skeer om hulle ontwil nie.

7 Ook sal niemand vir hulle treurbrood breek om iemand te troos oor 'n dooie, of aan hulle die troosbeker gee om te drink oor iemand se vader of oor iemand se moeder nie.

8 Kom ook nie in 'n huis van maaltye om met hulle saam aan te sit nie, om te eet en te drink nie.

9 Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek laat uit hierdie plek ophou voor julle oë en in julle dae die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid.

10 En as jy al hierdie woorde aan hierdie volk bekend maak en hulle jou vra: Waarom het die HERE al hierdie groot onheile oor ons gespreek? En wat is ons ongeregtigheid en ons sonde wat ons teen die HERE onse God begaan het? --

11 dan moet jy vir hulle sê: Omdat julle vaders My verlaat het, spreek die HERE, en agter ander gode aan geloop en hulle gedien en hul daarvoor neergebuig het, maar My verlaat het en my wet nie gehou het nie,

12 en julle nog erger gehandel het as julle vaders; want kyk, julle wandel elkeen na die verhardheid van sy bose hart, om na My nie te luister nie.

13 Daarom sal Ek julle wegslinger uit hierdie land na 'n land wat julle nie geken het, julle en julle vaders nie; en daar sal julle ander gode dien dag en nag, omdat Ek julle geen genade sal bewys nie.

14 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat daar nie meer gesê sal word: So waar as die HERE leef, wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie;

15 maar: So waar as die HERE leef, wat die kinders van Israel laat optrek het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Hy hulle verdryf het. Ja, Ek sal hulle terugbring in hulle land wat Ek aan hulle vaders gegee het.

16 Kyk, Ek stuur baie vissers, spreek die HERE, wat hulle sal vang, en daarna sal Ek baie jagters stuur wat hulle sal opjaag, van elke berg en van elke heuwel en uit die klipskeure.

17 Want my oë is op al hulle weë, dit is nie voor my aangesig bedek nie, en hulle ongeregtigheid is nie voor my oë verborge nie.

18 Daarom sal Ek eers hulle ongeregtigheid en hulle sonde dubbel vergelde, omdat hulle my land ontheilig het met die lyke van hulle verfoeisels en my erfenis gevul het met hulle gruwels.

19 o HERE, my sterkte en my beskutting en my toevlug in die dag van benoudheid, tot U sal volke van die eindes van die aarde af kom en sê: Net leuens het ons vaders geërwe, nietige afgode, en daaronder was niks wat voordeel kon bring nie.

20 Sal 'n mens vir hom gode maak wat tog geen gode is nie?

21 Daarom, kyk, Ek laat hulle hierdie keer voel, voel my hand en my mag; en hulle sal weet dat my Naam HERE is.

1 耶和华的话临到我, 说:

2 "在这地方你不可娶妻, 不可生儿育女。"

3 因为论到这地方出生的儿女, 和在这地生养他们的父母, 耶和华这样说:

4 "他们都必死于致命的疫症, 没有人为他们哀哭, 他们的尸体也没有人埋葬, 必在地面上成为粪肥。他们必被刀剑和饥荒所灭, 他们的尸体成了空中飞鸟和地上走兽的食物。"

5 耶和华这样说: "你不可进入丧家, 也不可去为他们哀哭悲伤; 因为我已经从这人民身上收回我的平安、慈爱和怜悯。"这是耶和华的宣告。

6 "尊大的和卑微的都必死在这地; 没有人埋葬他们, 没有人为他们哀哭, 也没有人为他们割伤自己, 剃光头发。

7 没有人为哀悼的人擘饼, 为死者安慰他们; 丧父或丧母的人, 都没有人给他们喝一杯安慰酒。

8 你也不可进入欢宴之家, 跟他们同坐, 一起吃喝。

9 因为万军之耶和华以色列的 神这样说: ‘看哪! 我必在你们眼前, 在你们还活着的日子, 使欢笑和快乐的声音, 新郎和新娘的声音, 都从这地方止息了。’"

10 "你向这人民传讲这一切时, 如果他们问你: ‘耶和华为什么宣告这一切严重的灾祸对付我们呢?我们有什么罪孽?我们犯了什么罪, 得罪了耶和华我们的 神呢?’

11 你就要回答他们: ‘因为你们的列祖离弃了我(这是耶和华的宣告), 他们随从别的神, 事奉敬拜他们; 他们离弃了我, 不遵守我的律法。

12 至于你们, 你们作坏事比你们的列祖更厉害; 看哪! 你们各人都随从自己顽梗的恶心行事, 不听从我。

13 因此, 我要把你们从这地赶出去, 去到你们和你们列祖所不认识的地; 你们在那里必昼夜事奉别的神, 因为我不再向你们施恩。’

14 "看哪! 日子快到, 人必不再指着那领以色列人从埃及地上来的永活的耶和华起誓。"这是耶和华的宣告。

15 "他们却要指着那领以色列人从北方之地, 从他们被赶逐到的各国上来的永活的耶和华起誓。因我要领他们回到自己的土地, 就是我从前赐给他们列祖的。

16 "看哪! 我要差人去叫许多渔夫来, 捕捉以色列人; 然后我要差人去叫许多猎人来, 从各大山、小山和岩石的裂缝里, 猎取他们。"这是耶和华的宣告。

17 "因为我的眼察看他们所行的一切; 在我面前这一切都无法隐藏, 他们的罪孽不能从我眼前遮掩起来。

18 首先我要加倍报应他们的罪孽和罪恶, 因为他们用自己那些毫无生气、可憎的偶像("毫无生气、可憎的偶像"原文作"可憎的偶像的尸体")玷污了我的土地, 他们那些可厌之物充满了我的产业。"

19 耶和华, 我的力量、我的堡垒、我遭难时的避难所啊! 万国要从地极前来朝见你, 说: "我们列祖所承受的只是虚假的偶像, 是虚空、一无用处的。

20 人岂能为自己制造神呢?其实这些偶像并不是神。"

21 "因此, 看哪! 我要使他们知道, 这一次我必叫他们认识我的手和我的能力, 他们就知道我的名是耶和华。"