1 Die woorde van Jeremia, die seun van Hilk¡a, uit die priesters wat in Anatot, in die land Benjamin was,

2 tot wie die woord van die HERE gekom het in die dae van Jos¡a, die seun van Amon, die koning van Juda, in die dertiende jaar van sy regering,

3 en gekom het in die dae van Jojakim, die seun van Jos¡a, die koning van Juda, tot die einde van die elfde jaar van Sedek¡a, die seun van Jos¡a, die koning van Juda, totdat Jerusalem ontvolk is in die vyfde maand.

4 Die woord van die HERE het dan tot my gekom en gesê:

5 Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot 'n profeet vir die nasies gemaak.

6 Toe het ek gesê: Ag, Here HERE, voorwaar, ek kan nie praat nie, want ek is jonk.

7 Maar die HERE het vir my gesê: Moenie sê: Ek is jonk nie; want na wie Ek jou ook al stuur, moet jy gaan; en wat Ek jou ook al beveel, moet jy spreek.

8 Wees vir hulle nie bevrees nie, want Ek is met jou om jou uit te red, spreek die HERE.

9 Toe het die HERE sy hand uitgestrek en my mond aangeroer; en die HERE het vir my gesê: Hiermee lê Ek my woorde in jou mond.

10 Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en te verwoes, om te bou en te plant.

11 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: Wat sien jy, Jeremia? En ek antwoord: Ek sien 'n amandeltak.

12 Toe sê die HERE vir my: Jy het goed gesien, want Ek is wakker oor my woord om dit te volbring.

13 En die woord van die HERE het vir die tweede keer tot my gekom en gesê: Wat sien jy? En ek antwoord: Ek sien 'n kokende pot wat van die noorde af kyk.

14 Toe sê die HERE vir my: Van die noorde af sal die onheil losbreek oor al die inwoners van die land.

15 Want kyk, Ek roep al die geslagte van die koninkryke van die noorde, spreek die HERE; en hulle sal kom, en hulle sal elkeen sy troon neersit by die ingang van die poorte van Jerusalem en teen al sy mure rondom en teen al die stede van Juda.

16 En Ek sal my oordele oor hulle uitspreek, weens al hulle boosheid; dat hulle My verlaat het en vir ander gode rook laat opgaan het en hulle voor die werke van hulle hande neergebuig het.

17 Jy dan, omgord jou heupe en maak jou klaar en sê aan hulle alles wat Ek jou sal beveel; wees nie vir hulle verskrik nie, dat Ek jou nie vir hulle laat skrik nie.

18 Want kyk, Ek maak jou vandag 'n versterkte stad en 'n ysterpilaar en kopermure teen die hele land: teen die konings van Juda, teen sy vorste, teen sy priesters en teen die volk van die land.

19 En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie; want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou uit te red.

1 便雅悯地亚拿突城的一位祭司, 希勒家的儿子耶利米的话记在下面。

2 犹大王亚们的儿子约西亚作王第十三年, 耶和华的话临到耶利米。

3 从犹大王约西亚的儿子约雅敬年间, 直到犹大王约西亚的儿子西底家末年, 就是第十一年五月, 耶路撒冷人被掳的时候, 耶和华的话也常临到耶利米。

4 耶和华的话临到我, 说:

5 "我使你在母腹中成形以先, 就认识你; 你还未出母胎, 我已把你分别为圣, 立你作列国的先知。"

6 我就说: "主耶和华啊! 我不晓得说话, 因为我年轻。"

7 耶和华对我说: "你不要说: ‘我年轻’, 因为无论我差你到谁那里, 你都要去; 无论我吩咐你说什么, 你都要说。

8 你不要怕他们, 因为我与你同在, 要拯救你。"这是耶和华的宣告。

9 于是耶和华伸手按着我的口, 对我说: "看哪! 我把我的话放在你口中。

10 今日我立你在列邦列国之上, 为要拔出、拆毁、毁灭、倾覆, 又要建立和栽植。"

11 耶和华的话又临到我, 说: "耶利米, 你看见什么?"我说: "我看见一根杏树枝子。"

12 耶和华对我说: "你看得不错, 因为我要留意使我的话成就。"

13 耶和华的话再次临到我, 说: "你看见什么?"我说: "我看见一个沸腾的锅, 锅口从北面向南倾侧。"

14 耶和华对我说: "必有灾祸从北方发出, 临到这地所有的居民。

15 看哪! 我要呼召北方列国的众族, 他们要来, 各人在耶路撒冷的城门口, 设立自己的座位, 攻击耶路撒冷周围的城墙, 又攻击犹大各城镇。"这是耶和华的宣告。

16 "为了他们的一切恶事, 就是离弃我, 向别神烧香, 叩拜自己手所做的, 我要宣判他们的罪。

17 "因此, 你要束腰, 你要起来, 把我吩咐你的一切话, 都告诉他们。不要因他们惊惶, 不然我就使你在他们面前惊惶。

18 看哪! 今日我使你成为坚城、铁柱、铜墙, 抵挡全地, 就是抵挡犹大的君王、首领、祭司和这地的众民。

19 他们必攻击你, 却不能胜过你, 因为我与你同在, 要拯救你。"这是耶和华的宣告。