1 Die sonde van Juda is geskrywe met 'n ystergriffel, met 'n diamantpunt; dit is gegrif op die tafel van hulle hart en op die horings van julle altare --

2 telkens as hulle kinders aan hulle altare dink en aan hulle heilige boomstamme by die groen bome, op die hoë heuwels.

3 My berg in die veld, jou rykdom, al jou skatte sal Ek as buit gee saam met jou hoogtes, weens die sonde in jou hele grondgebied.

4 En jy sal uitval -- en dit deur jouself -- uit jou erfenis wat Ek jou gegee het, en Ek sal jou jou vyande laat dien in 'n land wat jy nie ken nie; want julle het 'n vuur aangesteek in my toorn, tot in ewigheid sal dit brand.

5 So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk.

6 En hy sal wees soos 'n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, 'n brakkerige en onbewoonde land.

7 Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.

8 Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.

9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?

10 Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.

11 'n Voël wat eiers uitbroei sonder dat hy dit gelê het, is hy wat rykdom verwerf maar nie eerlik nie; in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly, en in sy einde sal hy 'n dwaas wees.

12 'n Troon van heerlikheid, verhewe van die begin af, is die plek van ons heiligdom.

13 o HERE, Verwagting van Israel! almal wat U verlaat, sal beskaamd staan; wie van My afwyk, sal op die aarde geskryf word; want hulle het die HERE, die fontein van lewende water, verlaat.

14 Maak my gesond, HERE, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof.

15 Daar sê hulle vir my: Waar is die woord van die HERE? Laat dit tog kom!

16 Wat my aangaan, ek het my nie onttrek om U as herder te volg nie, en die ongelukkige dag het ek nie begeer nie. U weet dit. Wat uit my lippe uitgegaan het, was voor u aangesig.

17 Wees my nie tot 'n verskrikking nie; U is my toevlug in die dag van onheil.

18 Laat my vervolgers beskaamd staan, maar laat my nie beskaamd staan nie; laat hulle verskrik wees, maar laat my nie verskrik wees nie. Bring oor hulle die dag van onheil, en verbreek hulle met 'n dubbele verbreking.

19 So het die HERE vir my gesê: Gaan staan in die poort van die kinders van die volk, waardeur die konings van Juda ingaan en waardeur hulle uitgaan, ja, al die poorte van Jerusalem;

20 en sê vir hulle: Hoor die woord van die HERE, konings van Juda en die hele Juda en al die inwoners van Jerusalem wat deur hierdie poorte ingaan:

21 So spreek die HERE: Neem julle in ag om julle siele ontwil, dat julle geen las dra op die sabbatdag en dit inbring deur die poorte van Jerusalem nie.

22 Ook mag julle geen las uit julle huise op die sabbatdag uitdra of enige werk doen nie; maar julle moet die sabbatdag heilig soos Ek julle vaders beveel het.

23 Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar hul nek verhard om nie te luister nie en geen tugtiging aan te neem nie.

24 As julle dan aandagtig na My luister, spreek die HERE, om geen las deur die poorte van hierdie stad op die sabbatdag in te bring nie en om die sabbatdag te heilig deur daarop g,,n werk te doen nie,

25 dan sal deur die poorte van hierdie stad konings en vorste ingaan wat op die troon van Dawid sit, wat op strydwaens en op perde ry, hulle en hulle vorste, die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem; en hierdie stad sal vir ewig bewoon word.

26 En hulle sal kom uit die stede van Juda en uit die omstreke van Jerusalem en uit die land Benjamin en uit die Laeveld en uit die Gebergte en uit die Suidland, hulle wat brandoffer en slagoffer en spysoffer en wierook aanbring, en lofoffer aanbring in die huis van die HERE.

27 Maar as julle na My nie luister om die sabbatdag te heilig nie en om geen las te dra of deur die poorte van Jerusalem op die sabbatdag in te gaan nie, sal Ek 'n vuur in sy poorte aansteek, wat die paleise van Jerusalem sal verteer en nie uitgeblus sal word nie.

1 "犹大的罪是用铁笔铭记的, 是用金钢钻刻在他们的心版上, 和他们("他们"有古抄本作"你们")祭坛的角上。

2 他们的儿女也怀念着那些在各高冈上、在繁茂树旁的祭坛和亚舍拉。

3 我在田野的山哪! 因你在四境之内所犯的罪, 我必把你的财产、一切宝物和你的邱坛, 给敌人作掠物。(本节或译: "因你在四境之内所犯的罪, 我必把我在田野的山、你的财产、一切宝物和你的邱坛, 给敌人作掠物。")

4 因你自己的缘故, 我赐给你的产业, 你必失掉; 我必使你在你不认识的地方, 服事你的仇敌; 因为你们惹起我的怒火, 我的怒火必燃烧到永远。"

5 耶和华这样说: "倚靠世人, 恃凭肉体为自己的力量, 心里偏离耶和华的, 这人该受咒诅。

6 他必像沙漠中的灌木, 福乐来到, 他也必看不见, 却要住在旷野干旱之地、无人居住的咸地。

7 但倚靠耶和华, 以耶和华为他所信赖的, 这人是有福的。

8 他必像一棵树, 栽种在水边, 树根伸进河里; 炎热来到, 并不害怕, 树叶仍然繁茂; 在荒旱之年, 它不挂虑, 并且不断结果子。"

9 人心比万物都诡诈, 无法医治; 谁能识透呢?

10 "我耶和华是察透人心, 试验人肺腑的, 要照着各人的行为, 和各人所作的事应得的结果报应各人。"

11 使用不公正的方法发财的, 就像一只鹧鸪孵了不是自己所生的蛋; 到了中年, 那财富必离开他, 最后他必成为一个愚昧人。

12 我们的圣所是荣耀的宝座, 从起初就矗立在高处。

13 耶和华以色列的盼望啊! 离弃你的, 都必蒙羞; 偏离你("你"原文作"我")的, 他们的名字必写在沙土上, 因为他们离弃了耶和华这活水的源头。

14 耶和华啊! 求你医治我, 我就得医治; 求你拯救我, 我就得拯救; 因为你是我所赞美的。

15 看哪! 他们常常对我说: "耶和华的话在哪里?使它应验("应验"原文作"来")吧! "

16 至于我, 我没有急忙离弃那跟从你作牧人的职分("我没有急忙离弃那跟从你作牧人的职分"有古译本作"我没有催逼你降灾祸"), 也没有想望灾难的日子, 这是你知道的; 我嘴里所出的话都在你面前。

17 求你不要使我因你惊恐, 在灾祸的日子, 你是我的避难所。

18 愿那些迫害我的蒙羞, 却不要叫我蒙羞; 愿他们惊恐, 却不要使我惊恐; 求你使灾祸的日子临到他们, 加倍毁灭他们。

19 耶和华对我这样说: "你去站在犹大列王出入的城门("城门"原文作"人民城门"), 又站在耶路撒冷的各城门口,

20 对他们说: ‘耶路撒冷诸王、犹大众民和所有进入这些城门的犹大居民哪! 你们要听他耶和华的话。

21 耶和华这样说: 为了自己的性命, 你们要谨慎, 不可在安息日挑担子, 不可挑进耶路撒冷的城门。

22 也不可在安息日从你们家里挑担子出来; 什么工都不可作, 却要守安息日为圣日, 正如我吩咐你们列祖的。

23 你们的列祖却没有听从, 毫不在意, 反而硬着颈项不肯听, 不受管教。’"

24 耶和华宣告说: "但如果你们真心听从我, 不在安息日挑担子进入这城的城门, 并且守安息日为圣日, 在那日不作任何工作;

25 这样, 就必有坐大卫王位的列王, 并有众领袖随着, 进入这城的城门; 列王和众领袖乘着车, 骑着马, 跟犹大人和耶路撒冷的居民一同进入这城。这城必永远有人居住。

26 必有人从犹大的各城和耶路撒冷周围的各处, 从便雅悯地、低地、山地和南地而来; 他们带着燔祭、平安祭、素祭、乳香和感恩祭到耶和华的殿里去。

27 但如果你们不听从我, 不守安息日为圣日, 仍在安息日挑担子, 进入耶路撒冷的城门; 这样, 我就必在耶路撒冷的各城门点起火来, 烧毁耶路撒冷的堡垒, 没有人能够扑灭。"