1 En daar was 'n man uit die Fariseërs met die naam van Nikod,mus, 'n owerste van die Jode.

2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U 'n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie.

3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

4 Nikod,mus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?

5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.

8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

9 Nikod,mus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur?

10 Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?

11 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.

12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?

13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.

14 En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,

15 sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.

19 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.

20 Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.

21 Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.

22 Hierna het Jesus en sy dissipels na die land van Judiagegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop.

23 En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop.

24 Want Johannes was nog nie in die gevangenis gewerp nie.

25 Daar het toe van die kant van die dissipels van Johannes 'n redenasie met die Jode ontstaan oor die reiniging.

26 En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.

27 Johannes antwoord en sê: 'n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.

28 Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uitgestuur is.

29 Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.

30 Hy moet meer word, maar ek minder.

31 Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.

32 En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie.

33 Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is.

34 Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.

35 Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.

36 Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.

1 有一个法利赛人, 名叫尼哥德慕, 是犹太人的官长。

2 他夜间来到耶稣那里, 对他说: "拉比, 我们知道你是从 神那里来的教师, 因为如果没有 神同在, 你所行的这些神迹, 就没有人能行。"

3 耶稣回答: "我实实在在告诉你, 人若不重生, 就不能见 神的国。"

4 尼哥德慕说: "人老了, 怎能重生呢?难道他能再进母腹生出来吗?"

5 耶稣回答: "我实实在在告诉你, 人若不是从水和圣灵生的, 就不能进 神的国。

6 从肉身生的就是肉身, 从灵生的就是灵。

7 你不要因为我对你说‘你们必须重生’而感到希奇。

8 风随意而吹, 你听见它的响声, 却不知道它从哪里来, 往哪里去; 凡从圣灵生的, 也是这样。"

9 尼哥德慕说: "怎能有这事呢?"

10 耶稣说: "你是以色列人的教师, 还不明白这事吗?

11 我实实在在告诉你, 我们知道的, 才讲论; 见过的, 就作证, 然而你们却不接受我们的见证。

12 我对你们讲地上的事, 你们尚且不信, 如果讲天上的事, 怎能相信呢?

13 除了那从天上降下来的人子(有些抄本作"除了那从天上降下来仍旧在天上的人子"), 没有人升过天。

14 摩西在旷野怎样把铜蛇举起, 人子也必照样被举起来,

15 使所有信他的人都得永生。

16 " 神爱世人, 甚至把他的独生子赐给他们, 叫一切信他的, 不至灭亡, 反得永生。

17 因为 神差他的儿子到世上来, 不是要定世人的罪, 而是要使世人借着他得救。

18 信他的, 不被定罪; 不信的, 罪已经定了, 因为他不信 神独生子的名。

19 光来到世上, 世人因为自己的行为邪恶, 不爱光倒爱黑暗, 定他们罪的原因, 就在这里。

20 凡作恶的都恨光, 不来接近光, 免得他的恶行暴露出来。

21 凡行真理的, 就来接近光, 好显明他所作的都是靠着 神而作的。"

22 这事以后, 耶稣和门徒来到犹太地, 他和他们住在那里, 并且施洗。

23 约翰也在靠近撒冷的艾嫩施洗, 因为那里水多; 众人都去受洗。

24 那时约翰还没有入狱。

25 约翰的门徒和一个犹太人为洁净礼发生辩论。

26 他们来到约翰那里, 对他说: "拉比, 你看, 从前和你在约旦河东, 你为他作见证的那一位, 他也在施洗, 众人都到他那里去了。"

27 约翰回答: "除了从天上赐下来给他的, 人就不能得到什么。

28 你们自己可以为我作证: 我曾说, 我不是基督, 不过是奉差遣作他的先锋的。

29 娶新娘的是新郎。新郎的好友站在那里听着, 听见新郎的声音就非常喜乐。因此, 我这喜乐满溢了!

30 他必兴旺, 我必衰微。

31 "那从天上来的, 是在万有之上; 从地上来的, 是属于地, 所讲的也是属于地。那从天上来的, 是超越万有之上。

32 他把所见所闻的见证出来, 可是没有人接受他的见证。

33 那接受他的见证的, 就确认 神是真的。

34 神所差来的那一位讲 神的话, 因为 神把圣灵无限地赐给他。

35 父爱子, 已经把万有交在他手里。

36 信子的, 有永生; 不信从子的, 必不得见永生, 神的震怒却常在他身上。"