1 Daarna het Jesus na die oorkant van die see van Galil,a, dit is, van Tib,rias, gegaan;
2 en 'n groot menigte het Hom gevolg, omdat hulle sy tekens gesien het wat Hy aan die siekes doen.
3 En Jesus het op die berg geklim en daar met sy dissipels gaan sit.
4 En die pasga, die fees van die Jode, was naby.
5 Toe Jesus dan sy oë opslaan en sien dat 'n groot menigte na Hom kom, sê Hy vir Filippus: Waarvandaan sal ons brood koop, sodat hierdie mense kan eet?
6 Maar Hy het dit gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self geweet wat Hy wou doen.
7 Filippus antwoord Hom: Brood vir twee honderd pennings sal nie genoeg wees vir hulle, sodat elkeen van hulle 'n stukkie kan kry nie.
8 Een van sy dissipels, Andr,as, Simon Petrus se broer, sê vir Hom:
9 Hier is 'n seuntjie wat vyf garsbrode en twee vissies het, maar wat is dit vir so baie mense?
10 En Jesus sê: Laat die mense gaan sit. En daar was baie gras op die plek. Die manne het toe gaan sit, omtrent vyf duisend in getal.
11 En Jesus het die brode geneem, en nadat Hy gedank het, deel Hy dit uit aan die dissipels en die dissipels aan die wat daar sit; so ook van die vissies, soveel as hulle wou hê.
12 En nadat hulle versadig was, sê Hy vir sy dissipels: Maak die brokstukke bymekaar wat oorgeskiet het, sodat niks verlore gaan nie.
13 Hulle maak toe bymekaar en het twaalf mandjies gevul met brokstukke van die vyf garsbrode wat oorgeskiet het by die wat geëet het.
14 Toe die mense dan die teken sien wat Jesus gedoen het, sê hulle: Hy is waarlik die profeet wat in die wêreld sou kom.
15 En toe Jesus merk dat hulle wou kom en Hom met geweld neem om Hom koning te maak, het Hy weer weggegaan na die berg, Hy alleen.
16 En toe dit aand geword het, het sy dissipels afgegaan na die see toe.
17 En nadat hulle in die skuit geklim het, het hulle oor die see gevaar na Kap,rnaÂm; en dit was al donker, en Jesus het nog nie by hulle gekom nie.
18 En die see was onstuimig, omdat 'n sterk wind gewaai het.
19 En toe hulle omtrent drie of vier myl geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom; en hulle het bang geword.
20 Maar Hy sê vir hulle: Dit is Ek, moenie vrees nie.
21 Toe was hulle gewillig om Hom in die skuit te neem, en dadelik het die skuit by die land aangekom waar hulle na toe gegaan het.
22 Die volgende dag sien die skare wat oorkant die see gestaan het, dat daar geen ander skuit was nie, behalwe daardie een waarin sy dissipels gegaan het; en dat Jesus nie saam met sy dissipels in die skuit gegaan het nie, maar dat sy dissipels alleen weggevaar het.
23 Maar ander skuite het van Tib,rias aangekom naby die plek waar hulle die brood geëet het, nadat die Here gedank het.
24 Toe die skare dan sien dat Jesus nie daar was nie en sy dissipels ook nie, het hulle self ook in die skuite geklim en na Kap,rnaÂm gegaan om Jesus te soek.
25 En toe hulle Hom oorkant die see gevind het, sê hulle vir Hom: Rabbi, wanneer het U hier gekom?
26 Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het.
27 Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël.
28 Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?
29 Jesus antwoord en sê vir hulle: D¡t is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.
30 En hulle sê vir Hom: Watter teken doen U dan, sodat ons kan sien en U glo? Wat werk U?
31 Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet.
32 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel.
33 Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.
34 Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood.
35 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.
36 Maar Ek het vir julle gesê dat julle My gesien het, en tog glo julle nie.
37 Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.
38 Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.
39 En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.
40 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
41 Toe murmureer die Jode oor Hom, omdat Hy gesê het: Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.
42 En hulle sê: Is Hy nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe sê Hy dan: Ek het uit die hemel neergedaal?
43 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Moenie onder mekaar murmureer nie.
44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
45 Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe.
46 Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van God kom: Hy het die Vader gesien.
47 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
48 Ek is die brood van die lewe.
49 Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe.
50 D¡t is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie.
51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.
52 Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet?
53 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.
54 Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
55 Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank.
56 Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.
57 Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.
58 D¡t is die brood wat uit die hemel neergedaal het -- nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.
59 Hierdie dinge het Hy gesê in die sinagoge toe Hy in Kap,rnaÂm onderrig gegee het.
60 En baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?
61 En Jesus het in Homself geweet dat sy dissipels hieroor murmureer, en Hy sê vir hulle: Is dit julle tot 'n aanstoot?
62 Hoe dan as julle die Seun van die mens daarheen sien opvaar waar Hy tevore was?
63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
64 Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai.
65 En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie.
66 Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.
67 Toe sê Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie?
68 En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.
69 En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.
70 Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is 'n duiwel!
71 En Hy het bedoel Judas Isk riot, die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.
1 这些事以后, 耶稣渡过加利利海, 就是提比里亚海。
2 有一大群人, 因为看见了他在病人身上所行的神迹, 就跟随了他。
3 耶稣上了山, 同门徒坐在那里。
4 那时犹太人的逾越节近了。
5 耶稣举目观看, 见一大群人向他走过来, 就对腓力说: "我们从哪里买饼给这些人吃呢?"
6 他说这话, 是要试验腓力, 因他自己早已知道要怎样作。
7 腓力回答: "就算二百银币买的饼, 每人分一点, 也是不够的。"
8 有一个门徒, 就是西门.彼得的弟弟安得烈, 对耶稣说:
9 "这里有个小孩子, 带着五个大麦饼、两条鱼; 只是分给这么多人, 有什么用呢?"
10 耶稣吩咐他们: "你们叫众人坐下。"原来那地方的草很多, 众人就坐下, 单是男人的数目约有五千。
11 耶稣拿起饼来, 祝谢了, 就分给坐着的人; 分鱼也是这样, 都是随着他们所要的。
12 他们吃饱了之后, 耶稣对门徒说: "把剩下的零碎收拾起来, 免得浪费。"
13 门徒就把众人吃剩那五个大麦饼的零碎收拾起来, 装满了十二个篮子。
14 众人看见耶稣所行的神迹, 就说: "这真是那要到世上来的先知。"
15 耶稣知道群众要来强迫他作王, 就独自又退到山上去了。
16 到了晚上, 他的门徒下到海边去。
17 他们上了船, 要渡海往迦百农去。那时天已经黑了, 耶稣还没有到他们那里。
18 忽然海上起了狂风, 波浪翻腾。
19 门徒摇橹约行了五六公里, 看见耶稣在海面上行走, 渐渐靠近船, 就害怕起来。
20 耶稣对他们说: "是我, 不要怕。"
21 他们这才把他接上船, 船就立刻到了他们要去的地方。
22 第二天, 站在海那边的群众, 看见只有一只小船留在那里, 并且知道耶稣没有和他的门徒一同上船, 门徒是自己去的;
23 不过有几只从提比里亚来的船停在那里, 靠近他们在主祝谢以后吃饼的地方。
24 群众见耶稣和门徒都不在那里, 就上船往迦百农去找耶稣。
25 他们在对岸找到了耶稣, 就问他: "拉比, 你几时到这里来的?"
26 耶稣回答: "我实实在在告诉你们, 你们找我, 不是因为看见了神迹, 而是因为吃了饼又吃饱了。
27 不要为那必朽坏的食物操劳, 却要为那存到永生的食物操劳, 就是人子所要赐给你们的, 因为人子是父 神所印证的。"
28 众人又问他: "我们应该作什么, 才算是作 神的工作呢?"
29 耶稣回答: "信 神所差来的, 就是作 神的工了。"
30 于是他们就说: "你要行什么神迹, 让我们看了就信你呢?你到底能作什么呢?
31 我们的祖宗在旷野吃过吗哪, 正如经上所记: ‘他把从天上来的食物赐给他们吃。’"
32 耶稣对他们说: "我实实在在告诉你们, 不是摩西把那从天上来的食物赐给你们, 而是我父把天上来的真食物赐给你们;
33 因为 神的食物就是从天上降下来, 把生命赐给世人的那一位。"
34 他们对耶稣说: "主啊, 求你常把这食物赐给我们。"
35 耶稣说: "我就是生命的食物, 到我这里来的, 必定不饿; 信我的, 永远不渴。
36 但我告诉你们, 你们虽然见了我, 还是不信。
37 凡是父赐给我的人, 必到我这里来; 到我这里来的, 我决不丢弃他,
38 因为我从天上降下来, 不是要行自己的意思, 而是要行那差我来者的旨意。
39 那差我来者的旨意就是: 他所赐给我的人, 我连一个也不失落, 并且在末日我要使他们复活。
40 因为我父的旨意, 是要使所有看见了子而信的人有永生, 并且在末日我要使他们复活。"
41 犹太人因为耶稣说"我是从天上降下来的食物", 就纷纷议论他。
42 他们说: "这不是约瑟的儿子耶稣吗?他的父母我们不都认识吗?他现在怎么说‘我是从天上降下来的’呢?"
43 耶稣回答: "你们不要彼此议论。
44 如果不是差我来的父吸引人, 就没有人能到我这里来; 到我这里来的, 在末日我要使他复活。
45 先知书上记着: ‘众人都必受 神的教导。’凡听见从父那里来的教训而又学习的, 必到我这里来。
46 这不是说有人见过父; 只有从 神那里来的那一位, 他才见过父。
47 我实实在在告诉你们, 信的人有永生。
48 我就是生命的食物,
49 你们的祖宗在旷野吃过吗哪, 还是死了。
50 这是从天上降下来的食物, 使人吃了就不死。
51 我就是从天上降下来生命的食物, 人若吃了这食物, 就必活到永远。我要赐的食物就是我的肉, 是为了世人的生命而赐的。"
52 于是, 犹太人彼此争论, 说: "这个人怎能把他的肉给我们吃呢?"
53 耶稣就对他们说: "我实实在在告诉你们, 你们若不吃人子的肉, 不喝人子的血, 就没有生命在你们里面。
54 吃我肉、喝我血的, 就有永生, 在末日我要使他复活;
55 因为我的肉是真正的食物, 我的血是真正的饮料。
56 吃我肉、喝我血的人, 就住在我里面, 我也住在他里面。
57 正如永活的父差遣了我, 我也因父活着; 照样, 吃我肉的人也必因我而活。
58 这就是从天上降下来的食物, 不像吗哪, 你们的祖宗吃过, 还是死了; 吃这食物的, 必活到永远。"
59 这些话是耶稣在迦百农会堂里教导人的时候说的。
60 他的门徒中, 有许多人听了, 就说: "这话很难, 谁能接受呢?"
61 耶稣心里知道门徒为了这事议论纷纷, 就对他们说: "这话使你们动摇吗?
62 如果你们看见人子升到他原来所在的地方, 又怎样呢?
63 使人活的是灵, 肉体是无济于事的。我对你们所说的话是灵、是生命。
64 然而你们中间却有不信的人。"原来从起初耶稣就知道那些不信的是谁, 那要把他出卖的又是谁。
65 耶稣跟着说: "所以我对你们说过, 如果不是父所赐的, 没有人能到我这里来。"
66 从此, 他的门徒中有许多人退去了, 不再与他同行。
67 于是耶稣对十二门徒说: "你们也想离去吗?"
68 西门.彼得回答: "主啊, 你有永生之道, 我们还跟从谁呢?
69 我们已经相信, 并且知道你是 神的圣者。"
70 耶稣说: "我不是拣选了你们十二个人吗?但你们中间有一个是魔鬼。"
71 耶稣这话是指着加略人西门的儿子犹大说的, 因为他虽然是十二门徒之一, 却要出卖耶稣。