1 En daarna het Jesus in Galil,a rondgegaan, want Hy wou nie in Judiarondgaan nie, omdat die Jode probeer het om Hom dood te maak.

2 En die fees van die Jode, die huttefees, was naby.

3 Sy broers het toe vir Hom gesê: Vertrek hiervandaan en gaan na Jud,a, sodat u dissipels ook u werke kan sien wat U doen.

4 Want niemand doen iets in die geheim en soek tegelykertyd om in iedereen se mond te wees nie. As U hierdie dinge doen, vertoon Uself aan die wêreld.

5 Want ook sy broers het nie in Hom geglo nie.

6 Toe sê Jesus vir hulle: My tyd is nog nie daar nie. Maar julle tyd is altyd daar.

7 Die wêreld kan julle nie haat nie; maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke boos is.

8 Gaan julle op na hierdie fees. Ek gaan nog nie op na hierdie fees nie, omdat my tyd nog nie daar is nie.

9 En nadat Hy dit aan hulle gesê het, het Hy in Galil,a gebly.

10 Maar nadat sy broers opgegaan het, toe het Hy ook opgegaan na die fees, nie openlik nie, maar in die geheim.

11 En die Jode het Hom op die fees gesoek en gesê: Waar is Hy?

12 En daar is baie oor Hom gemompel onder die skare. Sommige het gesê: Hy is goed. Ander weer het gesê: Nee, maar Hy mislei die skare.

13 Tog het niemand openlik oor Hom gepraat nie, uit vrees vir die Jode.

14 En toe dit al in die middel van die fees was, het Jesus opgegaan na die tempel en geleer.

15 En die Jode het hulle verwonder en gesê: Hoe kom Hy aan die geleerdheid terwyl Hy geen onderwys ontvang het nie?

16 Jesus antwoord hulle en sê: My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het.

17 As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.

18 Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van die Een wat Hom gestuur het, Hy is waaragtig en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie.

19 Het Moses julle nie die wet gegee nie? En niemand van julle hou die wet nie. Waarom wil julle My om die lewe bring?

20 Die skare antwoord en sê: U is van die duiwel besete; wie wil U om die lewe bring?

21 Jesus antwoord en sê vir hulle: Een werk het Ek gedoen, en julle verwonder julle almal.

22 Daarom het Moses julle die besnydenis gegee -- nie dat dit van Moses is nie, maar van die vaders -- en op die sabbat besny julle 'n mens.

23 As 'n mens die besnydenis op die sabbat ontvang, sodat die wet van Moses nie verbreek mag word nie, is julle kwaad vir My, omdat Ek 'n mens op die sabbat heeltemal gesond gemaak het?

24 Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel 'n regverdige oordeel.

25 Daarop sê sommige van die inwoners van Jerusalem: Is dit nie Hy wat hulle soek om dood te maak nie?

26 En kyk, Hy spreek openlik en hulle sê vir Hom niks nie! Sou die owerstes dan waarlik weet dat Hy werklik die Christus is?

27 En hierdie man -- ons weet van waar Hy is; maar die Christus, wanneer Hy kom, weet niemand van waar Hy is nie.

28 Jesus roep toe uit, terwyl Hy in die tempel leer, en sê: Julle ken My en julle weet ook van waar Ek is; tog het Ek nie uit Myself gekom nie; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig, vir wie julle nie ken nie.

29 Maar Ek ken Hom, omdat Ek van Hom kom en Hy My gestuur het.

30 Toe probeer hulle om Hom gevange te neem; en niemand het die hand aan Hom geslaan nie, omdat sy uur nog nie gekom het nie.

31 Maar baie van die skare het in Hom geglo en gesê: Wanneer die Christus kom, sal Hy meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het?

32 Die Fariseërs het gehoor dat die skare dit van Hom mompel, en die Fariseërs en die owerpriesters het dienaars gestuur om Hom gevange te neem.

33 Toe sê Jesus vir hulle: Nog 'n klein tydjie is Ek by julle, en Ek gaan na Hom wat My gestuur het.

34 Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie.

35 En die Jode sê onder mekaar: Waar wil Hy heengaan, dat ons Hom nie sal vind nie? Hy wil tog nie na die verstrooides onder die Grieke gaan en die Grieke leer nie?

36 Wat beteken hierdie woord wat Hy gesê het: Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie?

37 En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!

38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.

39 En dit het Hy gesê van die Gees wat die sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.

40 Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: Hy is waarlik die profeet.

41 Ander het gesê: Hy is die Christus. En ander het gesê: Kom die Christus dan uit Galil,a?

42 Het die Skrif nie gesê dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie?

43 Daar het toe verdeeldheid onder die skare gekom oor Hom.

44 En sommige van hulle wou Hom gevange neem, maar niemand het die hand aan Hom geslaan nie.

45 Die dienaars kom toe by die owerpriesters en die Fariseërs, en die sê vir hulle: Waarom het julle Hom nie gebring nie?

46 Die dienaars antwoord: Nooit het 'n mens so gespreek soos hierdie mens nie.

47 En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie?

48 Het iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs?

49 Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek!

50 Nikod,mus -- hy wat in die nag na Hom gegaan het, wat een van hulle was -- sê vir hulle:

51 Oordeel ons wet die mens sonder om hom eers te hoor en te weet wat hy doen?

52 Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is tog nie ook uit Galil,a nie? Ondersoek en sien dat daar geen profeet uit Galil,a opgestaan het nie.

53 En elkeen het huis toe gegaan.

1 这事以后, 耶稣周游加利利, 不愿在犹太往来, 因为犹太人想要杀他。

2 犹太人的住棚节快到了,

3 耶稣的弟弟就对他说: "你应当离开这里上犹太去, 好让你的门徒也可以看见你所行的事;

4 因为没有人想引人注目, 却在暗处行事的。你既然行这些事, 就应该向世人显明自己。"

5 原来连他的弟弟也不信他。

6 耶稣就对他们说: "我的时候还没有到, 你们的时候却常常是方便的。

7 世人不能恨你们, 却憎恨我, 因为我指证他们的行为是邪恶的。

8 你们上去过节吧! 我现在不上去, 因为我的时机还没有成熟。"

9 他说了这些话以后, 仍然住在加利利。

10 然而, 他的弟弟上去过节以后, 他也上去过节, 不是公开地去, 却是暗中地去。

11 过节的时候, 犹太人寻找耶稣, 说: "那人在哪里呢?"

12 群众因他纷纷议论, 有的说: "他是好人。"有的说: "不, 他是欺骗众人的。"

13 但没有人敢公开讲论他, 因为怕犹太人。

14 节期当中, 耶稣上圣殿去教导人。

15 犹太人就希奇, 说: "这个人没有学过, 怎会通晓经书呢?"

16 耶稣说: "我的教训不是我自己的, 而是出于那差我来的。

17 人若愿意遵行 神的旨意, 就会知道这教训是出于 神, 还是我凭着自己的意思说的。

18 那凭着自己的意思说的, 是求自己的荣誉; 但那寻求差他来者的荣耀的, 才是真诚的人, 在他里面没有不义。

19 摩西不是曾经把律法传给你们吗?你们竟然没有一个人遵行律法。你们为什么想要杀我呢?"

20 群众回答: "你是鬼附的, 谁想要杀你呢?"

21 耶稣说: "我行了一件事, 你们都以为希奇。

22 摩西曾经把割礼传给你们(其实割礼不是从摩西开始的, 而是从列祖开始的), 因此, 你们在安息日也给人行割礼。

23 如果人在安息日行割礼, 为的是要遵守摩西的律法, 那么我在安息日使一个人痊愈, 你们就向我生气吗?

24 不要按外貌判断人, 总要公公平平地判断人。"

25 当时, 有些耶路撒冷人说: "这不是他们想要杀的人吗?

26 你看, 他还在公开地讲话, 竟然没有人对他说什么, 难道官长们真的认为这个人就是基督吗?

27 可是我们知道这个人是从哪里来的, 只是基督来的时候, 没有人知道他是从哪里来的! "

28 当时耶稣在殿里教导人, 大声说: "你们以为认识我, 也知道我从哪里来, 其实我不是凭着自己的意思来的, 但那差我来的是真实的, 你们却不认识他。

29 然而我认识他, 因为我从他那里来, 也是他差我来的。"

30 于是他们想逮捕他, 只是没有人下手, 因为他的时候还没有到。

31 群众中有许多人信了他。他们说: "基督来的时候, 他所行的神迹, 能比这人所行的更多吗?"

32 法利赛人听见群众纷纷议论这些关于耶稣的事, 祭司长和法利赛人就派差役去逮捕耶稣。

33 于是耶稣说: "我跟你们在一起的时候不多了, 我要回到那差我来的那里去。

34 你们要寻找我, 却找不着; 我所在的地方, 你们是不能去的。"

35 犹太人彼此说: "这个人要到哪里去, 使我们找不着他呢?难道他要到散居在希腊人中的犹太人那里, 去教导希腊人吗?

36 他说‘你们要寻找我, 却找不着; 我所在的地方, 你们是不能去的’这话, 是什么意思呢?"

37 节期的最后一天, 就是最隆重的那一天, 耶稣站着高声说: "人若渴了, 可以到我这里来喝!

38 信我的人, 就像圣经所说的, 从他的腹中要涌流出活水的江河来。"

39 他这话是指着信他的人要接受圣灵说的; 那时圣灵还没有降临, 因为耶稣还没有得着荣耀。

40 群众中有人听了这些话, 就说: "这真是‘那位先知’! "

41 另有人说: "他是基督。"还有人说: "基督是从加利利出来的吗?

42 圣经不是说基督是大卫的后裔, 是从大卫本乡伯利恒出来的吗?"

43 群众因为耶稣的缘故, 就起了纷争。

44 他们中间有人想逮捕耶稣, 只是没有人下手。

45 差役回到祭司长和法利赛人那里。他们就问差役: "你们为什么没有把他带来?"

46 差役回答: "从来没有人像他这样讲话的! "

47 法利赛人说: "连你们也受了欺骗吗?

48 官长或法利赛人中间有谁是信他的呢?

49 至于这群不明白律法的人, 他们是可咒诅的。"

50 他们当中有一个人, 就是以前来见耶稣的尼哥德慕, 对他们说:

51 "如果不先听取人的口供, 查明他所作的事, 我们的律法怎能把他定罪呢?"

52 他们回答: "你也是从加利利出来的吗?你去考查一下, 就知道先知是不会从加利利兴起的。"

53 于是各人都回家去了。(后期抄本才加上7:53-8:11)