1 Maar Jesus het na die Olyfberg gegaan.
2 En vroeg in die môre het Hy weer in die tempel gegaan, en al die mense het na Hom gekom, en Hy het gaan sit en hulle geleer.
3 En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het 'n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring.
4 En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op 'n daad van egbreuk betrap;
5 en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?
6 En dit het hulle gesê om Hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe.
7 Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat die een van julle wat sonder sonde is, die eerste 'n klip op haar gooi.
8 En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe.
9 En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het.
10 En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?
11 En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.
12 En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.
13 Toe sê die Fariseërs vir Hom: U getuig van Uself; u getuienis is nie waar nie.
14 Jesus antwoord en sê vir hulle: Al getuig Ek ook van Myself, my getuienis is waar, omdat Ek weet van waar Ek gekom het en waarheen Ek gaan. Maar julle weet nie van waar Ek kom en waarheen Ek gaan nie.
15 Julle oordeel volgens die vlees. Ek oordeel niemand nie.
16 En al oordeel Ek, my oordeel is waar, omdat Ek nie alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het.
17 En dit is ook in julle wet geskrywe dat die getuienis van twee mense waar is.
18 Dit is Ek wat van Myself getuig; en die Vader wat My gestuur het, getuig van My.
19 Hulle sê toe vir Hom: Waar is u Vader? Jesus antwoord: Julle ken My nie en ook nie my Vader nie; as julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het.
20 Hierdie woorde het Jesus gespreek by die skatkis terwyl Hy in die tempel geleer het. En niemand het Hom gevange geneem nie, omdat sy uur nog nie gekom het nie.
21 En Jesus het weer vir hulle gesê: Ek gaan weg, en julle sal My soek en in julle sonde sterwe. Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie.
22 Toe sê die Jode: Hy sal Homself tog nie om die lewe bring nie, omdat Hy sê: Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie?
23 En Hy sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie.
24 Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.
25 Toe sê hulle vir Hom: Wie is U dan? En Jesus antwoord hulle: Net dit wat Ek vir julle sê.
26 Ek het baie dinge om van julle te sê en te oordeel; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig; en Ek, wat Ek van Hom gehoor het, dit spreek Ek tot die wêreld.
27 Hulle het nie verstaan dat Hy met hulle van die Vader gespreek het nie.
28 En Jesus sê vir hulle: Wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek.
29 En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.
30 Terwyl Hy hierdie dinge spreek, het baie in Hom geglo.
31 En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels.
32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
33 Hulle antwoord Hom: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?
34 Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, 'n dienskneg van die sonde is.
35 En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd.
36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.
37 Ek weet dat julle die geslag van Abraham is; maar julle probeer om My om die lewe te bring, omdat my woord geen ingang in julle vind nie.
38 Ek spreek van wat Ek by my Vader gesien het, en julle doen ook wat julle by jul vader gesien het.
39 Hulle antwoord en sê vir Hom: Ons vader is Abraham. Jesus sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen;
40 maar nou probeer julle om My om die lewe te bring, iemand wat aan julle die waarheid vertel het, wat Ek van God gehoor het. Dit het Abraham nie gedoen nie.
41 Julle doen die werke van jul vader. Toe sê hulle vir Hom: Ons is nie uit ontug gebore nie; ons het een Vader, naamlik God.
42 En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur.
43 Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie.
44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.
45 Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie.
46 Wie van julle oortuig My van sonde? En as Ek die waarheid spreek, waarom glo julle My nie?
47 Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.
48 Die Jode antwoord toe en sê vir Hom: Sê ons nie met reg dat U 'n Samaritaan is en van die duiwel besete is nie?
49 Jesus antwoord: Ek is nie van die duiwel besete nie; maar Ek eer my Vader, en julle doen My oneer aan.
50 En Ek soek nie my eer nie; daar is Een wat dit soek en wat oordeel.
51 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie.
52 Toe sê die Jode vir Hom: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie.
53 Is U dan groter as ons vader Abraham wat gesterf het? En die profete het gesterwe. Vir wie gee U Uself uit?
54 Jesus antwoord: As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks nie. Dit is my Vader wat My verheerlik, van wie julle sê dat Hy julle God is.
55 En julle ken Hom nie, maar Ek ken Hom; en as Ek sê dat Ek Hom nie ken nie, sal Ek soos julle 'n leuenaar wees. Maar Ek ken Hom en bewaar sy woord.
56 Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly.
57 Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien?
58 Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.
59 Hulle het toe klippe opgetel om Hom te stenig; maar Jesus het stilletjies uit die tempel gegaan en tussen hulle deurgeloop; en so het Hy vertrek.
1 耶稣往橄榄山去。
2 黎明的时候, 他又到圣殿去, 众人都来到他那里, 他就坐下教导他们。
3 经学家和法利赛人带了一个行淫时被抓到的妇人来, 叫她站在中间,
4 就对耶稣说: "先生, 这妇人是正在犯奸淫的时候被抓到的。
5 摩西在律法上吩咐我们把这样的妇人用石头打死, 你怎样说呢?"
6 他们说这话是要试探耶稣, 要找把柄来控告他。耶稣却弯下身, 用指头在地上写字。
7 他们不住地问耶稣, 他就挺起身来, 说: "你们中间谁是没有罪的, 他就可以先拿起石头打她。"
8 于是又弯下身在地上写字。
9 他们听了这话, 就从年老的开始, 一个一个地都离开了, 留下的只有耶稣和那个还站在那里的妇人。
10 耶稣挺起身来, 问她: "妇人, 他们在哪里?没有人定你的罪吗?"
11 她说: "主啊! 没有。"耶稣说: "我也不定你的罪。走吧, 从现在起不要再犯罪了。"
12 耶稣又对众人说: "我是世界的光, 跟从我的, 必定不在黑暗里走, 却要得着生命的光。"
13 法利赛人对他说: "你为自己作证, 你的见证不是真实的。"
14 耶稣回答: "即使我为自己作证, 我的见证还是真实的, 因为我知道我从哪里来, 往哪里去, 但你们却不知道我从哪里来, 往哪里去。
15 你们按着外貌判断人, 我却不判断人。
16 即使我判断人, 我的判断也是正确的, 因为我不是独自一人, 而是差我来的父和我在一起。
17 你们的律法上也写着: ‘两个人的见证才是真的。’
18 我为自己作证, 差我来的父也为我作证。"
19 他们问: "你的父在哪里?"耶稣回答: "你们不认识我, 也不认识我的父; 如果你们认识我, 也就认识我的父了。"
20 这些话是耶稣在殿里教导人的时候, 在银库的院中说的。当时没有人逮捕他, 因为他的时候还没有到。
21 耶稣又对他们说: "我要去了, 你们要寻找我, 并且要在自己的罪中死亡; 我去的地方, 你们不能到。"
22 于是犹太人说: "他说‘我去的地方, 你们不能到’, 难道他要自杀吗?"
23 耶稣说: "你们是从地上来的, 我是从天上来的; 你们属这世界, 我却不属这世界,
24 所以我对你们说, 你们要在自己的罪中死亡; 你们若不信我就是‘那一位’, 就要在自己的罪中死亡。"
25 他们就问: "你是谁?"耶稣说: "我不是从起初就告诉你们吗?
26 关于你们, 我有许多事要说, 要判断; 但那差我来的是真实的, 我从他那里听见的, 就告诉世人。"
27 他们不明白耶稣是对他们讲论父的事。
28 所以耶稣说: "你们举起了人子以后, 必定知道我就是‘那一位’, 并且知道我不凭着自己作什么事; 我说的这些话, 是照着父所教导我的。
29 那差我来的和我同在, 他没有留下我独自一人, 因为我常作他喜悦的事。"
30 耶稣说这些话的时候, 就有许多人信了他。
31 于是耶稣对信了他的犹太人说: "你们若持守我的道, 就真是我的门徒了;
32 你们必定认识真理, 真理必定使你们自由。"
33 他们说: "我们是亚伯拉罕的后裔, 从来没有被谁奴役过, 你怎么说‘你们必得自由’呢?"
34 耶稣说: "我实实在在告诉你们, 凡犯罪的都是罪的奴隶。
35 奴隶不能永远住在家里, 唯有儿子才可以永远住在家里。
36 所以, 神的儿子若使你们自由, 你们就真的得自由了。
37 我知道你们是亚伯拉罕的后裔; 但你们想杀我, 因为你们心里不能容纳我的道。
38 我所说的, 是我在父那里看见的; 但你们所作的, 却是从你们的父那里听见的。"
39 他们说: "我们的祖宗是亚伯拉罕。"耶稣说: "你们若是亚伯拉罕的子孙, 就必作亚伯拉罕所作的。
40 现在我把从 神那里听见的真理告诉了你们, 你们竟然想杀我, 这不是亚伯拉罕所作的。
41 你们要作的, 正是你们的父要作的。"他们说: "我们不是从淫乱生的; 我们只有一位父, 就是 神。"
42 耶稣说: "如果 神是你们的父, 你们就必爱我, 因为我是从 神那里来的; 我已经来到这里。我不是凭着自己来的, 而是 神差了我来。
43 你们为什么不明白我的话呢?因为我的道你们听不进去。
44 你们是出于你们的父魔鬼, 喜欢按着你们的父的私欲行事。他从起初就是杀人的凶手, 不守真理, 因为他心里没有真理。他说谎是出于本性, 因为他本来就是说谎者, 也是说谎的人的父。
45 我讲真理, 你们却因此不信我。
46 你们中间有谁能指证我有罪呢?我既然讲真理, 你们为什么不信我呢?
47 出于 神的, 就听 神的话; 你们不听, 因为你们不是出于 神的。"
48 犹太人对耶稣说: "我们说你是撒玛利亚人, 并且是鬼附的, 不是很对吗?"
49 耶稣回答: "我不是鬼附的。我尊敬我的父, 你们却侮辱我。
50 我不求自己的荣耀, 但有一位是为我求荣耀, 并且是审判人的。
51 我实实在在告诉你们, 人若遵守我的道, 必定永远不见死亡。"
52 犹太人对他说: "现在我们知道你的确是鬼附的。亚伯拉罕死了, 先知们也死了, 你还说‘人若遵守我的道, 必定永远不尝死味’,
53 难道你比我们的祖宗亚伯拉罕还大吗?他死了, 先知们也死了; 你把自己当作什么人呢?"
54 耶稣回答: "如果我荣耀自己, 我的荣耀就算不得什么; 那使我得荣耀的是我的父, 就是你们说是你们的 神的那一位。
55 可是你们不认识他, 我却认识他。如果我说我不认识他, 我就像你们一样是说谎的; 然而我认识他, 也遵守他的道。
56 你们的祖宗亚伯拉罕, 因为可以看见我的日子就欢喜, 既然看见了, 他就很快乐。"
57 犹太人对他说: "你还不到五十岁, 怎会见过亚伯拉罕呢?"
58 耶稣说: "我实实在在告诉你们, 亚伯拉罕出生以前, 我已经存在了。"
59 于是他们拿起石头要打他。耶稣却躲起来, 从殿里出去了。