1 Toe het Dawid gevlug uit Najot by Rama, en hy het by Jonatan gekom en gevra: Wat het ek gedoen? Wat is my misdaad, en wat is my sonde voor jou vader, dat hy my lewe soek?
2 Maar hy sê vir hom: Volstrek nie! Jy sal nie sterwe nie. Kyk, my vader doen geen ding, klein of groot, sonder om dit aan my te openbaar nie; waarom sou my vader dan hierdie saak vir my wegsteek? Dit is nie so nie.
3 Toe sweer Dawid verder en sê: Jou vader weet baie goed dat ek guns in jou oë gevind het; daarom het hy gedink: Laat Jonatan dit nie weet nie, anders word hy bedroef. Maar so waar as die HERE leef en jou siel leef, daar is maar net een tree tussen my en die dood!
4 En Jonatan het Dawid geantwoord: Wat jy begeer, sal ek vir jou doen.
5 Toe sê Dawid vir Jonatan: Kyk, môre is dit nuwemaan, en ek moet sekerlik met die koning saam aansit om te eet; maar laat my gaan, dat ek my wegsteek in die veld tot oormôre -aand.
6 As jou vader my inderdaad mis, moet jy sê: Dawid het my dringend verlof gevra om gou na sy stad Betlehem te loop, want daar is die jaarlikse offer vir die hele geslag.
7 As hy so sê: Goed! dan is jou dienaar veilig; maar as hy baie kwaad word, weet dan dat die onheil van sy kant vas besluit is.
8 Bewys dan guns aan jou dienaar, want jy het jou dienaar met jou saam in 'n verbond van die HERE gebring. Maar as daar by my 'n misdaad is, maak jy my dan self dood -- waarom tog sou jy my na jou vader bring?
9 Toe sê Jonatan: Moenie so dink nie! Want as ek sekerlik bemerk dat die onheil van my vader se kant vas besluit is om oor jou te kom, sou ek jou dit dan nie te kenne gee nie?
10 En Dawid het Jonatan gevra: Wie sal my dit te kenne gee of jou vader jou miskien 'n harde antwoord gee?
11 En Jonatan sê vir Dawid: Kom, laat ons uitgaan die veld in. En hulle twee het die veld ingegaan.
12 Daarop sê Jonatan vir Dawid: Die HERE, die God van Israel,is getuie dat ek my vader môre of oormôre op hierdie tyd sal uitvra; en as dit gunstig is vir Dawid, sal ek dan nie na jou stuur en jou dit openbaar nie?
13 Mag die HERE so aan Jonatan doen en so daaraan toedoen: as my vader goedvind om onheil oor jou te bring, dan sal ek jou dit openbaar en jou laat gaan, dat jy veilig kan wegkom; en mag die HERE met jou wees soos Hy met my vader gewees het.
14 En sal jy my nie, as ek dan nog lewe, die guns van die HERE bewys nie, sodat ek nie sterwe nie?
15 Jy sal ook nimmer aan my huis jou guns onttrek nie; wanneer die HERE die vyande van Dawid, een vir een, van die aarde af uitroei nie.
16 So het Jonatan dan 'n verbond gesluit met die huis van Dawid. En die HERE het dit geëis van die hand van Dawid se vyande.
17 En Jonatan het Dawid weer laat sweer by sy liefde vir hom; want hy het hom liefgehad met die liefde van sy siel.
18 Verder het Jonatan vir hom gesê: M"re is dit nuwemaan, en jy sal gemis word, want jou sitplek sal leeg wees.
19 Maar oormôre moet jy sekerlik afkom en gaan na die plek waar jy jou op die werkdag weggesteek het, en jy moet langs die klip Esel gaan sit.
20 Dan sal ek drie pyle aan die kant daarvan skiet asof ek na 'n teiken skiet.
21 En kyk, ek sal die dienaar stuur en sê: Gaan soek die pyle! As ek uitdruklik aan die dienaar sê: Daar is die pyle, van jou af duskant toe, bring dit -- dan kan jy maar kom; want jy is veilig en daar is niks nie, so waar as die HERE leef!
22 Maar as ek so aan die jongman sê: Daar lê die pyle van jou af, verder -- gaan dan weg, want die HERE stuur jou weg.
23 En wat die saak aangaan wat ons bespreek het, ek en jy -- kyk, die HERE is tussen my en jou tot in ewigheid.
24 Daarop het Dawid hom in die veld weggesteek. En toe dit nuwemaan was, gaan die koning aan die maaltyd sit om te eet --
25 die koning het op sy sitplek gaan sit soos die vorige kere, op die sitplek teen die muur; en Jonatan het opgestaan, en Abner het langs Saul gesit, maar Dawid se plek was leeg.
26 En Saul het die dag niks gepraat nie, want hy het gedink: Daar het iets met hom gebeur dat hy nie rein is nie; waarlik, hy is nie rein nie.
27 Maar toe op die volgende, die tweede dag na die nuwemaan, Dawid se plek leeg was, sê Saul vir sy seun Jonatan: Waarom kom die seun van Isai gister sowel as vandag nie na die maaltyd nie?
28 En Jonatan het Saul geantwoord: Dawid het my dringend verlof gevra na Betlehem toe
29 en gesê: Laat my tog gaan, want ons het 'n familie-offer in die stad, en my broer self het my laat roep. As ek dan nou guns in jou oë gevind het, laat my tog heengaan om my broers te besoek. Daarom het hy nie aan die koning se tafel gekom nie.
30 Toe ontvlam die toorn van Saul teen Jonatan, en hy sê vir hom: Jou ontaarde, wederstrewige seun, weet ek nie dat jy die seun van Isai verkies tot jou skande en tot skande van jou moeder se naaktheid nie?
31 Want al die dae dat die seun van Isai op die aarde lewe, sal jy en jou koningskap nie bevestig word nie; stuur dan nou en bring hom na my, want hy moet sterwe.
32 En Jonatan het sy vader Saul geantwoord en vir hom gesê: Waarom moet hy gedood word, wat het hy gedoen?
33 Daarop gooi Saul die spies na hom om hom te tref. Toe Jonatan dan merk dat dit van sy vader se kant vas besluit was om Dawid dood te maak,
34 staan Jonatan op van die tafel in gloeiende toorn, en hy het geen brood geëet op die tweede dag van die nuwemaan nie, want hy was bedroef oor Dawid, omdat sy vader hom smadelik bejeën het.
35 Die volgende môre gaan Jonatan, volgens afspraak met Dawid, na die veld toe uit, en 'n jong dienaar met hom saam.
36 En hy sê aan die dienaar: Loop soek tog die pyle wat ek afskiet. En terwyl die dienaar loop, skiet hy 'n pyl dwarsoor hom heen.
37 Toe die dienaar dan by die plek kom waar Jonatan die pyl geskiet het, roep Jonatan die dienaar agterna en sê: Lê die pyl nie van jou af, verder nie?
38 En Jonatan roep die dienaar agterna: Maak gou, hardloop, moenie bly staan nie. En die dienaar van Jonatan het die pyl opgetel en by sy heer gekom.
39 Maar die dienaar het van niks geweet nie: net Jonatan en Dawid het van die saak geweet.
40 Toe gee Jonatan sy wapens aan die dienaar wat by hom was, en sê vir hom: Gaan, bring dit na die stad.
41 Terwyl die dienaar huis toe gaan, staan Dawid op van die suidekant en val met sy aangesig op die aarde en buig drie maal; daarna het hulle mekaar gesoen en saam geween, totdat Dawid hardop gesnik het.
42 En Jonatan sê vir Dawid: Gaan in vrede, omdat ons twee in die Naam van die HERE gesweer en gesê het: Die HERE sal tussen my en jou wees, en tussen my nageslag en jou nageslag vir altyd.
1 大卫从拉玛的拿约逃走, 来见约拿单, 说: "我作了什么?我有什么罪孽?我在你父亲面前犯了什么罪, 他竟寻索我的性命呢?"
2 约拿单对他说: "绝对没有这事, 你必不会死。我父亲作事, 无论大小, 没有不让我知道的, 为什么这事他偏要隐瞒我呢?不会这样的。"
3 大卫再起誓说: "你父亲一定知道我在你眼中蒙恩, 就心里想: ‘不要让约拿单知道这事, 免得他伤心。’可是, 我指着永活的耶和华, 又指着你的性命起誓, 我离死只差一步。"
4 约拿单对大卫说: "你心里想要什么, 我必为你作成。"
5 大卫就对约拿单说: "你看, 明天是初一, 我本该与王一同坐席。但是, 求你容我去藏在田里, 直到后天晚上。
6 如果你父亲不见我在座, 你就说: ‘大卫恳求我让他赶回他的本城伯利恒去, 因为他全家在那里有献年祭的事。’
7 如果你父亲这样说: ‘好! ’那么仆人就平安无事了; 如果他大大发怒, 你就知道, 他决意要害我了。
8 求你以慈爱待仆人, 因为你曾与仆人在耶和华面前立盟约。如果我有罪孽, 你就亲手把我杀死, 为什么要把我交给你父亲呢?"
9 约拿单说: "绝对没有这事, 如果我知道我父亲决意要害你, 我会不告诉你吗?"
10 大卫对约拿单说: "如果你父亲严厉地回答你, 谁来告诉我呢?"
11 约拿单对大卫说: "你来, 我们出到田里去吧! "他们二人就出到田里去了。
12 约拿单对大卫说: "愿耶和华以色列的 神作证, 明天或后天约在这个时候, 我探出了我父亲的意思, 如果他对你有好感, 那时我会不派人来告诉你吗?
13 假如我父亲有意要害你, 我若是不告诉你, 不让你走, 不使你平平安安地离去, 愿耶和华加倍惩罚我。愿耶和华与你同在, 好像从前与我父亲同在一样。
14 我活着的时候, 求你以耶和华的慈爱待我, 使我不致于死。
15 我死了以后, 耶和华从地上一一剪除大卫的仇敌的时候, 你也不可向我的家永远断绝你的慈爱。"
16 于是约拿单与大卫家立盟约, 说: "愿耶和华借大卫仇敌的手追讨违背盟约的罪。"
17 约拿单由于爱大卫, 就使大卫再起誓; 他爱大卫如同爱自己的命。
18 约拿单对大卫说: "明天是初一, 因为你的座位空着, 人必注意到你不在。
19 到后天, 你要赶快下去, 到你以前出事那天藏身的地方, 在以色磐石旁边等候。
20 我要向磐石旁边射三支箭, 好像射箭靶一样。
21 然后, 我要派一个仆人去, 说: ‘你去把箭找回来。’如果我对那仆人说: ‘看哪! 箭在你的后面, 把箭拿回来。’你就可以回来, 因为我指着永活的耶和华起誓, 你必平安无事。
22 如果我对仆人说: ‘看哪! 箭在你的前面。’你就要离去, 因为是耶和华打发你去的。
23 至于你我之间所说的这事, 有耶和华永远在你我之间作证。"
24 于是大卫在田里藏起来。到了初一, 王坐席吃饭。
25 王照常坐在他的座位上, 就是靠墙的座位, 约拿单坐在对面, 押尼珥坐在扫罗旁边, 大卫的座位却空着。
26 那天扫罗没有说什么, 因为他心里想: "这是恰巧的事, 或许大卫沾染了不洁, 还没有得到洁净。"
27 次日, 就是初二, 大卫的座位仍是空着。于是扫罗问他的儿子约拿单: "为什么耶西的儿子昨天今天都没有来吃饭呢?"
28 约拿单回答扫罗: "大卫恳切地求我让他回伯利恒去。
29 他说: ‘求你让我去, 因为我们的家在城里有献祭的事, 我哥哥吩咐我去。所以, 我若是在你眼前蒙恩, 求你让我离开, 看看我的哥哥们。’因此, 大卫没有来赴王的筵席。"
30 于是扫罗向约拿单发怒, 对他说: "你这邪僻悖逆妇人所生的, 我岂不知道你喜悦耶西的儿子, 自取羞辱, 也羞辱生你的母亲吗?
31 因为只要耶西的儿子还活在这世上, 你和你的国就不能稳固。现在, 你要派人去把他抓到我这里来, 因为他是该死的。"
32 约拿单回答他父亲扫罗说: "为什么要把他处死呢?他作了什么事呢?"
33 扫罗向着约拿单把枪掷过去, 要刺杀他。约拿单就知道, 他父亲已经决意要杀死大卫。
34 约拿单怒气冲冲地从席间退去, 初二这天, 他没有吃饭; 因为他父亲羞辱了大卫, 他就为大卫担忧。
35 到了早晨, 约拿单照着与大卫约定的时候, 出到田里去, 有一个小童与他在一起。
36 他对那童仆说: "你跑去, 把我所射的箭找回来。"那童仆跑去的时候, 约拿单就把箭射到他前面。
37 那童仆到了约拿单的箭射到的地方, 约拿单就在那童仆的背后喊叫: "箭不是在你的前面吗?"
38 约拿单又在那童仆的背后喊叫: "赶快跑去! 不要停留! "那童仆就把箭拾起来, 回到他主人那里去。
39 那童仆一点也不知道这是什么意思, 只有约拿单和大卫知道。
40 约拿单把自己的武器交给他的童仆, 对他说: "你带回城里去吧! "
41 那童仆一离去, 大卫就从石堆的南边起来, 脸伏于地, 叩拜了三次。二人互相亲嘴, 相对哭泣, 大卫哭得更悲痛。
42 约拿单对大卫说: "你平平安安走吧! 我们二人曾指着耶和华的名起誓说: ‘愿耶和华在你我之间, 也在我的后裔和你的后裔之间作证, 直到永远。’"大卫就起身离开, 约拿单也回城里去了("大卫就起身离开, 约拿单也回城里去了。"在《马索拉抄本》为21:1)。