1 Toe het die manne van Kirjat-Je rim gekom en die ark van die HERE gaan haal en dit in die huis van Abin dab op die heuwel gebring; en hulle het sy seun Ele sar geheilig om die ark van die HERE te bewaak.
2 En van die dag af dat die ark in Kirjat-Je rim gebly het, het daar geruime tyd verloop -- dit was twintig jaar -- en die hele huis van Israel het agter die HERE aan geweeklaag.
3 Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot die HERE bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne.
4 Daarop het die kinders van Israel die Ba„ls en die Astartes verwyder en die HERE alleen gedien.
5 Verder het Samuel gesê: Versamel die hele Israel by Mispa, dan sal ek tot die HERE vir julle bid.
6 Hulle kom toe bymekaar by Mispa, en hulle het water geskep en dit voor die aangesig van die HERE uitgegiet, en die dag het hulle gevas en daar gesê: Ons het gesondig teen die HERE. En Samuel het die kinders van Israel in Mispa gerig.
7 Toe die Filistyne hoor dat die kinders van Israel by Mispa saamgekom het, het die vorste van die Filistyne teen Israel opgetrek. En die kinders van Israel het dit gehoor en bevrees geword vir die Filistyne.
8 En die kinders van Israel sê aan Samuel: Laat nie n om die HERE onse God vir ons aan te roep nie, dat Hy ons uit die hand van die Filistyne verlos.
9 Toe het Samuel 'n suiglam geneem en dit as 'n brandoffer in sy geheel aan die HERE geoffer, en Samuel het die HERE aangeroep vir Israel; en die HERE het hom verhoor.
10 Want onderwyl Samuel die brandoffer bring en die Filistyne nader kom om teen Israel te veg, het die HERE dit die dag met 'n groot geluid laat donder oor die Filistyne, en Hy het hulle in verwarring gebring, sodat hulle verslaan is voor Israel.
11 En die manskappe van Israel het uit Mispa uitgetrek en die Filistyne agtervolg en hulle verslaan tot onderkant Bet-Kar.
12 Toe het Samuel 'n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen, en dit Ebenha,ser genoem en gesê: Tot hiertoe het die HERE ons gehelp.
13 En die Filistyne is verneder, sodat hulle verder nie meer die gebied van Israel binnegekom het nie, en die hand van die HERE was teen die Filistyne al die dae van Samuel.
14 Ook die stede wat die Filistyne van Israel geneem het, het na Israel teruggekom, van Ekron af tot by Gat; en die gebied daarvan het Israel uit die hand van die Filistyne geruk. En daar was vrede tussen Israel en die Amoriete.
15 En Samuel was rigter oor Israel al die dae van sy lewe.
16 Hy het van jaar tot jaar rondgetrek na Bet-el en Gilgal en Mispa, en Israel op al hierdie plekke gerig.
17 Dan gaan hy na Rama terug, want daar was sy huis; en daar het hy Israel gerig en daar vir die HERE 'n altaar gebou.
1 基列.耶琳人就前来, 把耶和华的约柜抬上去; 他们把它抬到山上亚比拿达的家中, 又把他的儿子以利亚撒分别为圣, 看守耶和华的约柜。
2 约柜停留在基列.耶琳很久, 有二十年之久, 以色列全家都痛悔寻求耶和华。
3 于是撒母耳对以色列全家说: "如果你们一心归向耶和华, 就当把外族的神和亚斯他录从你们中间除掉, 专心归向耶和华, 单单事奉他, 他必救你们脱离非利士人的手。"
4 以色列人就除掉众巴力和亚斯他录, 单单事奉耶和华。
5 撒母耳又说: "你们要把以色列众人都聚集在米斯巴, 我好为你们向耶和华祷告。"
6 于是, 他们聚集在米斯巴, 打了水, 浇奠在耶和华面前; 当日他们禁食, 并且在那里说: "我们得罪了耶和华。"撒母耳就在米斯巴治理以色列人。
7 非利士人听见以色列人集合在米斯巴, 各城的领袖就上来攻打以色列人; 以色列人听见了, 都害怕起来。
8 以色列人对撒母耳说: "请你不要静默, 为我们呼求耶和华我们的 神吧, 好叫他拯救我们脱离非利士人的手。"
9 撒母耳就牵来一只还在吃奶的羊羔, 把它作全牲的燔祭献给耶和华, 又为以色列人向耶和华呼求, 耶和华就应允他。
10 撒母耳正在献上燔祭的时候, 非利士人前来要与以色列人争战。当天, 耶和华发出极大的雷声, 攻击非利士人, 使他们溃乱, 他们就在以色列人面前被击败。
11 于是以色列人从米斯巴出去, 追赶非利士人, 击杀他们, 直到伯.甲的下边。
12 撒母耳搬来了一块石头, 把它竖立在米斯巴和善之间, 给这块石头起名叫以便以谢, 说: "直到现在, 耶和华都帮助我们。"
13 这样, 非利士人就被制伏了, 不再侵犯以色列的境界。撒母耳在世的日子, 耶和华的手一直攻击非利士人。
14 非利士人从以色列人夺得的城市, 自以革伦直到迦特, 都归还以色列人; 属于这些城市的四境, 以色列人也从非利士人手中夺回。那时, 以色列人和亚摩利人和平相处。
15 撒母耳终生作以色列人的士师。
16 他每年都巡回伯特利、吉甲和米斯巴, 在这些地方治理以色列人。
17 然后, 他回到拉玛, 因为他的家在那里。他也在那里治理以色列人, 并且在那里为耶和华筑了一座祭坛。