1 En toe Samuel oud was, het hy sy seuns as rigters oor Israel aangestel.

2 Die naam van sy eersgeborene was Joël, en die naam van sy tweede Ab¡a, rigters in Bers,ba.

3 Maar sy seuns het nie in sy weë gewandel nie: hulle het onregverdige wins agternageloop en omkoopgeskenke aangeneem en die reg verdraai.

4 Toe kom al die oudstes van Israel bymekaar, en hulle gaan na Samuel in Rama

5 en sê vir hom: Kyk, u is oud, en u seuns wandel nie in u weë nie; stel nou 'n koning oor ons aan om ons te rig soos by al die nasies.

6 Maar die woord was verkeerd in die oë van Samuel toe hulle gesê het: Gee ons 'n koning om ons te rig, en Samuel het tot die HERE gebid.

7 Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.

8 Soos al die werke wat hulle gedoen het, van die dag af dat Ek hulle uit Egipte laat optrek het tot vandag toe, dat hulle My verlaat en ander gode gedien het -- so doen hulle ook met jou.

9 Luister dan nou na hulle: jy moet hulle net ernstig waarsku en hulle die reg van die koning meedeel wat oor hulle sal regeer.

10 Samuel het toe al die woorde van die HERE oorgebring aan die volk wat 'n koning van hom gevra het.

11 En hy het gesê: Dit sal die reg wees van die koning wat oor julle sal regeer: Julle seuns sal hy neem en hulle vir homself aanstel by sy wa en by sy perde, dat hulle voor sy wa uit hardloop;

12 en om hulle vir homself aan te stel as owerstes oor duisend en owerstes oor vyftig, en om sy land te ploeg en om sy oes in te samel, en om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak.

13 Ook julle dogters sal hy neem as salfmengsters en as kooksters en baksters.

14 En van julle lande en julle wingerde en julle olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy dienaars gee.

15 En van julle saailande en julle wingerde sal hy die tiendes neem en dit aan sy hofdienaars en sy dienaars gee.

16 En julle slawe en slavinne en julle beste jongmanne en julle esels sal hy neem en vir sy werk gebruik.

17 Van julle kleinvee sal hy die tiendes neem, en self sal julle sy slawe wees.

18 En in die dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die HERE sal julle in die dag nie verhoor nie.

19 Maar die volk het geweier om na Samuel te luister en gesê: Nee, maar daar moet 'n koning oor ons wees,

20 dat ons ook kan wees soos al die nasies -- dat ons koning ons kan rig en voor ons uit trek en ons oorloë voer.

21 En Samuel het al die woorde van die volk aangehoor en dit voor die ore van die HERE uitgespreek.

22 Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na hulle en stel 'n koning oor hulle aan. En Samuel het vir die manne van Israel gesê: Gaan heen, elkeen na sy stad.

1 撒母耳年老的时候, 立了他的儿子作以色列人的士师。

2 他的长子名叫约珥, 次子名叫亚比亚, 都在别是巴作士师。

3 两个儿子都没有行撒母耳的道路, 反而转去追求不义之财, 收受贿赂, 屈枉正直。

4 于是以色列所有的长老都集合起来, 到拉玛去见撒母耳,

5 对他说: "你老了, 看哪, 你的儿子不行你的道路, 现在求你为我们立一个王治理我们, 好像列国一样。"

6 他们说"求你为我们立一个王治理我们"这件事, 使撒母耳很不高兴, 他就祷告耶和华。

7 耶和华对撒母耳说: "众民对你所说的一切, 你只管听从, 因为他们不是厌弃你, 而是厌弃我, 不要我作他们的王。

8 自从我把他们从埃及领上来的那天起, 直到现在, 他们怎样离开我, 事奉别的神, 他们对我所行的一切, 也照样对你行。

9 现在你只管听从他们的话, 但必须郑重警告他们, 告诉他们那要统治他们的王要怎样治理他们。"

10 于是, 撒母耳把耶和华所讲的一切话都告诉那些向他要求一个王的民众,

11 说: "那要统治你们的王将这样治理你们: 他必征用你们的儿子, 派他们作他的战车兵、骑兵、在车前奔走的前锋,

12 又派他们作千夫长、五十夫长, 替他耕田、收他的庄稼、替他制造作战的武器和战车上的装备。

13 他必征用你们的女儿作配香膏的、烧饭的和烤饼的。

14 他必夺去你们最好的田地、葡萄园和橄榄园, 赐给自己的臣仆。

15 你们撒种所得的和葡萄园所出的, 他都征收十分之一, 赐给他的太监和臣仆。

16 他又必征收你们的仆婢、最精壮的青年和驴, 替他工作。

17 你们的羊群, 他要征收十分之一; 连你们自己也作他的奴仆。

18 到时, 你们必因你们为自己拣选的王而哀求, 那时耶和华却不应允你们。"

19 众民竟不肯听从撒母耳的话, 说: "不, 我们要一个王治理我们,

20 让我们也像列国一样, 有自己的王治理我们, 帅领我们出征, 为我们作战。"

21 撒母耳听了众民的一切话, 就向耶和华复述。

22 耶和华对撒母耳说: "你只管听从他们的话, 为他们立一个王。"于是撒母耳对以色列人说: "你们各人回自己的城去吧。"