1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
2 Kyk, Ek het Bes leël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;
3 en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk,
4 om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper,
5 en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk.
6 En kyk, Ek het hom Oholiab bygegee, die seun van Ah¡samag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:
7 die tent van samekoms en die ark van die Getuienis en die versoendeksel wat daarop moet wees, en alles wat behoort by die tent,
8 en die tafel met sy gereedskap en die suiwer kandelaar met al sy gereedskap en die reukaltaar;
9 ook die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk
10 en die kunstige klere en die heilige klere van die priester A„ron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien;
11 ook die salfolie en die reukwerk van speserye vir die heiligdom -- net soos Ek jou beveel het, moet hulle dit maak.
12 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
13 Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is 'n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.
14 Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, die siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.
15 Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees 'n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.
16 En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as 'n ewige verbond.
17 Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig 'n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.
18 En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.
1 耶和华对摩西说:
2 "看哪, 犹大支派中户珥的孙子, 乌利的儿子比撒列, 我已经提名召他。
3 我也用 神的灵充满了他, 使他有智慧, 有聪明, 有知识, 有能力作各样的手工,
4 可以设计巧工, 可以用金、银、铜制造各物。
5 又可以雕刻宝石, 镶嵌宝石; 可以雕刻木头, 制造各样巧工。
6 看哪, 我已经指派但支派中亚希撒抹的儿子亚何利亚伯和他同工; 所有心里有智慧的人, 我也把智慧赐给他们, 使他们可以作我吩咐你的一切工作,
7 就是会幕、法柜和柜上的施恩座, 以及会幕中一切的器具、
8 桌子和桌子上的器具, 纯金的灯台和灯台上的一切器具、香坛、
9 燔祭坛和坛上的一切器具、洗濯盆和盆座、
10 彩衣和亚伦祭司的圣衣, 以及他儿子们供祭司职分的衣服、
11 膏油和圣所使用的芬芳的香, 他们都要照着我吩咐你的一切去作。"
12 耶和华对摩西说:
13 "你要吩咐以色列人说: 你们务要守我的安息日, 因为这是你我之间世世代代的记号, 使你们知道我耶和华是把你们分别为圣的。
14 所以你们应该守安息日, 因为这是你们的圣日; 凡是违反这日的, 必要把他处死; 凡是在这日工作的, 那人必要从他的族人中被剪除。
15 六日可以工作, 但第七日是歇工的安息日, 是归耶和华为圣的, 凡是在这安息日工作的, 必须把那人处死。
16 所以, 以色列人要守安息日, 他们世世代代要遵行安息日的规例, 作为永远的约。
17 这是我和以色列人中间永远的记号, 因为六日之内耶和华创造了天地, 但第七日就歇了工休息了。"
18 耶和华在西奈山上与摩西说完了话, 就把两块法版交给他, 是 神用指头写的石版。