1 Toe hulle van Elim af wegtrek, het die hele vergadering van die kinders van Israel in die woestyn Sin gekom, wat tussen Elim en Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede maand n hulle uittog uit Egipteland.
2 En die hele vergadering van die kinders van Israel het teen Moses en teen A„ron in die woestyn gemurmureer.
3 En die kinders van Israel het aan hulle gesê: Het ons maar in Egipteland deur die hand van die HERE gesterwe toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe.
4 Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat van elke dag insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel of nie.
5 En op die sesde dag, as hulle berei wat hulle inbring, sal dit dubbel soveel wees as wat hulle daagliks insamel.
6 Toe sê Moses en A„ron aan al die kinders van Israel: Vanaand, dan sal julle weet dat die HERE julle uit Egipteland uitgelei het.
7 En môre vroeg, dan sal julle die heerlikheid van die HERE sien, omdat Hy julle murmureringe teen die HERE gehoor het -- want wat is ons, dat julle teen ons murmureer?
8 Daarop sê Moses: D¡t sal gebeur as die HERE julle in die aand vleis gee om te eet en in die môre volop brood, omdat die HERE julle murmureringe hoor wat julle teen Hom murmureer. Want wat is ons? Julle murmureringe is nie teen ons nie, maar teen die HERE.
9 Verder het Moses met A„ron gespreek: Sê aan die hele vergadering van die kinders van Israel: Kom nader voor die aangesig van die HERE, want Hy het julle murmureringe gehoor.
10 En onderwyl A„ron die hele vergadering van die kinders van Israel toespreek, draai hulle na die woestyn toe en meteens verskyn die heerlikheid van die HERE in die wolk.
11 Ook het die HERE met Moses gespreek en gesê:
12 Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor; spreek met hulle en sê: Teen die aand sal julle vleis eet en in die môre met brood versadig word; en julle sal weet dat Ek die HERE julle God is.
13 En in die aand het daar kwartels opgekom en die laer oordek. En in die môre was daar 'n doulaag rondom die laer.
14 En nadat die doulaag opgetrek het, het daar oor die woestyn iets gelê wat fyn en korrelrig was, fyn soos ryp op die grond.
15 Toe die kinders van Israel dit sien, sê hulle vir mekaar: Wat is dit? Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Daarop sê Moses vir hulle: Dit is die brood wat die HERE julle gee om te eet.
16 Dit is die saak wat die HERE beveel het: Samel daarvan in, elkeen na sy behoefte: 'n gomer vir elke persoon volgens julle sieletal; elkeen moet dit neem vir die wat in sy tent is.
17 En die kinders van Israel het so gedoen: hulle het ingesamel, die een baie en die ander min.
18 Maar toe hulle dit met die gomer meet, het hy wat baie ingesamel het, niks oorgehad nie; en hy wat min ingesamel het, nie te min nie. Elkeen na sy behoefte het hulle ingesamel.
19 En Moses het vir hulle gesê: Niemand moet daarvan laat oorbly tot môre toe nie.
20 Maar hulle het nie na Moses geluister nie: sommige het daarvan laat oorbly tot die môre toe. Toe kom daar wurms in en dit bederwe. Daarom het Moses baie kwaad geword vir hulle.
21 En hulle het dit môre vir môre ingesamel, elkeen na sy behoefte; en as die son warm word, smelt dit weg.
22 En op die sesde dag het hulle 'n dubbele porsie brood ingesamel, twee gomers vir elkeen. En al die owerstes van die vergadering het gekom en dit aan Moses vertel.
23 Toe sê hy vir hulle: Dit is wat die HERE gespreek het: M"re is dit rusdag, 'n heilige sabbat van die HERE. Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook, kook dit; en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die môre toe.
24 En hulle het dit gebêre tot die môre toe, soos Moses beveel het; en dit het nie bederwe nie, en daar het geen wurms in gekom nie.
25 Toe sê Moses: Eet dit vandag, want dit is vandag die sabbat van die HERE. Vandag sal julle dit nie in die veld kry nie.
26 Ses dae lank moet julle dit insamel, maar op die sewende dag is dit sabbat; dan sal dit daar nie wees nie.
27 En op die sewende dag het van die mense uitgegaan om in te samel, maar hulle het niks gekry nie.
28 Toe sê die HERE vir Moses: Hoe lank weier julle om my gebooie en my wette te onderhou?
29 Kyk, omdat die HERE julle die sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie.
30 So het die volk dan op die sewende dag gerus.
31 En die huis van Israel het dit MAN genoem. En dit was wit soos koljandersaad, en dit het gesmaak soos heuningkoek.
32 Verder het Moses gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het: 'n Gomer vol moet daarvan bewaar word vir julle geslagte, dat hulle die brood kan sien wat Ek julle in die woestyn laat eet het, toe Ek julle uit Egipteland uitgelei het.
33 Moses sê toe vir A„ron: Neem 'n kruik en gooi 'n gomer vol manna daarin, en sit dit voor die aangesig van die HERE neer, om dit vir julle geslagte te bewaar.
34 Soos die HERE Moses beveel het, so het A„ron dit voor die Getuienis neergesit om bewaar te word.
35 En die kinders van Israel het die manna veertig jaar lank geëet totdat hulle in 'n bewoonde land gekom het. Die manna het hulle geëet totdat hulle by die grens van die land Kana„n gekom het.
36 En 'n gomer is die tiende van 'n efa.
1 以色列全体会众从以琳起行, 在出埃及以后第二个月十五日, 来到以琳和西奈中间汛的旷野那里。
2 以色列全体会众在旷野都向摩西和亚伦发怨言;
3 以色列人对他们说: "我们宁愿在埃及地坐在肉锅旁边, 吃饭吃到饱的时候, 死在耶和华的手里! 你们倒把我们领出来, 到这旷野, 是要叫这全体会众饿死啊! "
4 耶和华对摩西说: "看哪, 我要把粮食从天上降给你们; 人民可以出去, 每天收取当天的分量, 我好试验他们是否遵行我的律法。
5 到第六天, 他们把收进来的预备好, 比每天收取的多一倍。"
6 摩西和亚伦对以色列众人说: "今晚你们必定知道是耶和华把你们从埃及地领出来。
7 明早你们必定看见耶和华的荣耀, 因为耶和华听见了你们向他所发的怨言了。我们算什么, 你们竟向我们发怨言呢?"
8 摩西又说: "耶和华晚上必给你们肉吃, 早晨必给你们食物吃饱, 因为耶和华听见了你们埋怨他所说的怨言了。我们算什么?你们的怨言不是向我们发的, 而是向耶和华发的。"
9 摩西对亚伦说: "你要对以色列全体会众说: ‘你们走近耶和华面前, 因为他已经听见了你们的怨言了。’"
10 亚伦对以色列全体会众说话的时候, 他们向着旷野观望, 看见耶和华的荣耀在云中显现出来。
11 耶和华吩咐摩西说:
12 "以色列人的怨言, 我已经听见了。你告诉他们说: ‘黄昏的时候你们必吃肉, 早晨的时候必有食物吃饱; 这样, 你们就知道我耶和华是你们的 神了。’"
13 到了晚上, 有鹌鹑飞上来, 把营都遮盖了; 到了早晨, 营的四周有一层露水。
14 露水上升以后, 就见野地上有细小鳞状的东西, 像小白霜一样细小的东西。
15 以色列人看见了, 就彼此对问说: "这是什么?"原来他们不知道那是什么。摩西对他们说: "这就是耶和华赐给你们吃的食物。
16 耶和华吩咐的话是这样的: ‘你们要按着各人的食量收取, 按着你们的人数为帐幕里的人收取, 一人两公升。’"
17 以色列人就这样行了; 有的多收、有的少收。
18 他们用升斗衡量的时候, 多收的没有剩余, 少收的也不缺乏; 各人按着自己的食量收取。
19 摩西对他们说: "谁也不可把一些留到早晨。"
20 他们却不听摩西的话, 有人把一些留到早晨, 就生虫发臭了。摩西就向他们发怒。
21 他们每天早晨都按着各人的食量去收取; 太阳一发热, 就融化了。
22 到第六日, 他们收取了两倍的食物, 每人四公升; 会众的首领都来告诉摩西。
23 摩西对他们说: "耶和华这样说: ‘明天是安息日, 是向耶和华守的圣安息日。你们要烤的, 就烤吧; 要煮的, 就煮吧; 所有余剩的要自己保存着, 直留到早晨。’"
24 他们就照着摩西吩咐的, 把余剩的留到早晨; 竟然不发臭, 里头也没有生虫。
25 摩西说: "今天吃这个吧, 因为今天是向耶和华守的安息日, 今日你们在田野里必找不着。
26 六天你们可以收取, 但第七天是安息日, 在那一天什么都没有了。"
27 第七天民间有人出去收取, 可是什么也找不着。
28 耶和华对摩西说: "你们拒绝遵守我的诫命和律法, 要到几时呢?
29 你们看, 耶和华把安息日赐给了你们, 所以第六日他赐给你们两天的食物; 第七天你们各人要住在家里, 谁都不可离开自己的地方。"
30 于是人民在第七天都安息了。
31 以色列家给这食物起名叫"吗哪", 它像芫荽的种子, 色白, 味道像搀蜜的薄饼。
32 摩西说: "耶和华吩咐的话是这样: 要把满两公升的吗哪保留起来给你们的后代, 好让他们可以看见当日我把你们从埃及地领出来的时候, 在旷野给你们吃的食物。"
33 摩西对亚伦说: "拿一个罐子来, 装满两公升吗哪, 存放在耶和华面前, 保留起来给你们的后代。"
34 亚伦就照着耶和华吩咐摩西的, 把吗哪存留在法柜前。
35 以色列人吃吗哪共四十年, 直到进了有人居住的地方为止; 他们吃吗哪, 直到进入迦南地的边界为止。
36 两公升就是当时的标准量器的十分之一。("两公升就是当时的标准量器的十分之一"原文作"一俄梅珥就是一伊法的十分之一")