1 Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek die HERE: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.

2 En as jy weier om hulle te laat trek, Kyk, dan sal Ek jou hele grondgebied met paddas teister,

3 sodat die Nyl van paddas sal wemel. En hulle sal opklim en in jou huis kom en in jou slaapkamer en op jou bed; ook in die huis van jou dienaars en onder jou volk, en in jou bakoonde en in jou bakskottels.

4 En die paddas sal teen jou en teen jou volk en teen al jou dienaars opspring.

5 Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê aan A„ron: Steek jou hand uit met jou staf oor die strome en oor die kanale en oor die waterkuile, en laat die paddas opkom oor Egipteland.

6 En A„ron het sy hand oor die waters van Egipte uitgesteek, en daar het paddas opgekom en Egipteland oordek.

7 Maar die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste en paddas laat opkom oor Egipteland.

8 Toe het Farao Moses en A„ron laat roep en gesê: Bid tot die HERE, dat Hy die paddas van my en van my volk wegneem. Dan sal ek die volk laat trek, dat hulle aan die HERE kan offer.

9 Maar Moses sê aan Farao: Aan u die eer bo my! Teen watter tyd moet ek vir u en u dienaars en vir u volk bid, dat die paddas van u en uit u huise uitgeroei word om net in die Nyl oor te bly?

10 En hy antwoord: Teen môre . Toe sê hy: Dit sal wees volgens u woord, dat u kan weet dat daar niemand is soos die HERE onse God nie.

11 En die paddas sal u en u huise en u dienaars en u volk verlaat. Net in die Nyl sal hulle oorbly.

12 Toe het Moses en A„ron van Farao af weggegaan; en Moses het tot die HERE geroep vanweë die paddas wat Hy oor Farao beskik het.

13 En die HERE het gedoen volgens die woord van Moses: die paddas het weggesterwe uit die huise, van die plase af en uit die veld.

14 En hulle het dit by hope bymekaargemaak, en die land het gestink.

15 En toe Farao sien dat daar verligting kom, het hy sy hart verhard en na hulle nie geluister nie, soos die HERE gespreek het.

16 Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê aan A„ron: Steek jou staf uit en slaan die stof van die aarde, en dit sal muskiete word in die hele Egipteland.

17 En hulle het so gedoen: A„ron het sy hand met sy staf uitgesteek en die stof van die aarde geslaan, en daar het muskiete gekom op die mense en op die vee. Al die stof van die aarde het muskiete geword in die hele Egipteland.

18 En die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste om die muskiete voort te bring, maar hulle kon nie. So was die muskiete dan op die mense en op die vee.

19 Toe sê die towenaars vir Farao: Dit is die vinger van God! Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie, soos die HERE gespreek het.

20 Verder het die HERE vir Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao -- kyk, hy sal na die water toe uitgaan en sê vir hom: So spreek die HERE: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.

21 Want as jy my volk nie laat trek nie, kyk, dan stuur Ek teen jou en teen jou dienaars en teen jou volk en teen jou huise die steekvlieë, sodat die huise van die Egiptenaars vol steekvlieë sal wees, en selfs die grond waar hulle op staan.

22 Maar Ek sal op die dag met die land Gosen, waarin my volk woon, 'n uitsondering maak, dat daar geen steekvlieë sal wees nie; sodat jy kan weet dat Ek die HERE is in die land.

23 En Ek sal 'n verlossing stel tussen my volk en jou volk. M"re sal hierdie teken plaasvind.

24 En die HERE het so gedoen: dik swerms steekvlieë het in die huis van Farao en in die huis van sy dienaars en in die hele Egipteland gekom; die land is deur die steekvlieë verwoes.

25 Toe laat Farao Moses en A„ron roep en sê: Gaan heen, offer aan julle God in die land.

26 Maar Moses antwoord: Dit is nie reg om so te doen nie; want wat ons aan die HERE onse God offer, is 'n gruwel vir die Egiptenaars. As ons iets wat 'n gruwel is vir die Egiptenaars, voor hulle oë offer, sal hulle ons dan nie stenig nie?

27 Laat ons drie dagreise ver die woestyn intrek, dat ons aan die HERE onse God kan offer soos Hy ons sal beveel.

28 Toe sê Farao: Ek sal julle laat trek, dat julle aan die HERE julle God kan offer in die woestyn; julle moet maar net nie te ver wegtrek nie. Bid vir my.

29 En Moses antwoord: Kyk, ek gaan van u af weg en sal tot die HERE bid, dat die steekvlieë môre Farao, sy dienaars en sy volk mag verlaat. Laat Farao ons net nie langer bedrieg deur die volk nie te laat trek om aan die HERE te offer nie.

30 Toe het Moses van Farao af weggegaan en tot die HERE gebid.

31 En die HERE het gedoen volgens die woord van Moses: Hy het die steekvlieë van Farao, van sy dienaars en sy volk weggeneem. Daar het nie een oorgebly nie.

32 Maar Farao het sy hart ook hierdie keer verhard en die volk nie laat trek nie.

1 耶和华对摩西说: "你到法老那里去, 对他说: ‘耶和华这样说: "让我的人民离开这里, 使他们可以事奉我。

2 如果你拒绝让他们离开这里, 看哪, 我必用青蛙击打你的全境。

3 河里必滋生青蛙; 青蛙必上来, 进到你的宫殿和卧房里去, 跳上你的床, 进你臣仆的房屋, 跳上你人民的身上, 进你的炉子和抟面盆。

4 青蛙也必跳上你、你的人民和臣仆的身上。"’"(本章第1-4节在《马索拉抄本》为7:26-29)

5 耶和华对摩西说: "你要对亚伦说把手中的杖伸在江、河、池之上, 使青蛙上到埃及地来。"(本节在《马索拉抄本》为8:1)

6 亚伦把手一伸在埃及的众水之上, 青蛙就上来了, 并且遮盖了埃及地。

7 众术士也用他们的巫术照样行了, 使青蛙上了埃及地来。

8 法老把摩西和亚伦召了来, 说: "请你们恳求耶和华, 好叫他使青蛙离开我和我的人民, 我就必让这人民离开这里, 使他们可以向耶和华献祭。"

9 摩西回答法老: "请指示, 我要在什么时候为你和你的臣仆, 以及你的人民, 恳求耶和华除灭青蛙, 使青蛙离开你和你的宫殿, 只留在河里呢?"

10 法老说: "明天。"摩西回答: "就照着你的话行吧, 好叫你知道没有神像耶和华我们的 神。

11 青蛙必离开你和你的宫殿、你的臣仆和你的人民, 只留在河里。"

12 于是, 摩西和亚伦离开法老走了出来; 摩西为了耶和华加在法老身上青蛙的灾害向耶和华呼求。

13 耶和华就照着摩西的话行了; 在房屋里、院子里和田野中的青蛙都死了。

14 有人把青蛙一堆一堆积聚起来, 那地就发臭了。

15 法老一见灾祸平息了, 就心里刚硬, 不肯听他们的话, 就像耶和华所说的。

16 耶和华对摩西说: "你要对亚伦说: ‘伸出你的手杖, 击打地上的尘土, 使尘土在埃及全地都变成虱子。’"

17 他们就这样行了; 亚伦伸出手中的杖, 击打地上的尘土, 就在人身上和牲畜身上有了虱子; 埃及全地所有地上的尘土都变成了虱子。

18 众术士也用他们的巫术照样行, 要生出虱子来, 却不能办到; 所以在人身上和牲畜身上都有虱子。

19 众术士就对法老说: "这是 神的手指头。"法老却心里刚硬, 不肯听摩西和亚伦, 就像耶和华所说的。

20 耶和华对摩西说: "你要清早起来, 站在法老面前; 看哪, 法老到水边来的时候, 你要对他说: ‘耶和华这样说: 你要让我的人民离开这里, 使他们可以事奉我。

21 如果你不让我的人民离开这里, 看哪, 我必叫苍蝇落在你和你臣仆, 以及人民的身上, 进到你的宫殿; 埃及人的房屋都必充满苍蝇, 他们所在的地方也是这样。

22 那日, 我必把我人民居住的地方歌珊分别出来, 使那里没有苍蝇, 为要使你知道在全地上只有我是耶和华。

23 我必把我的人民和你的人民分别出来, 明天必有这神迹。’"

24 耶和华就这样行了; 无数的苍蝇进了法老的宫殿和他臣仆的房屋, 并且遍布埃及全地; 那地就因为苍蝇的缘故毁坏了。

25 法老把摩西和亚伦召了来, 对他们说: "你们去, 在这地献祭给你们的 神吧。"

26 摩西回答: "决不可以这样行, 因为我们要把埃及人看为可憎的祭物献给耶和华我们的 神; 如果我们把埃及人看为可憎的祭物在他们眼前献上, 难道他们不拿石头打死我们吗?

27 我们要走三天的路程进到旷野, 好照着耶和华吩咐我们的, 向耶和华我们的 神献祭。"

28 法老回答: "我必让你们离开这里, 你们可以在旷野献祭给耶和华你们的 神, 只是你们不可走得太远; 请你们为我祈祷。"

29 摩西说: "看哪, 我要离开你出去, 祈求耶和华, 使苍蝇明天可以离开法老和法老的臣仆, 以及法老的人民, 只是不可再行欺骗, 不让以色列人离开这里去献祭给耶和华。"

30 于是, 摩西从法老那里出来, 去祈求耶和华。

31 耶和华就照着摩西的话行了, 使苍蝇离开了法老和他的臣仆, 以及他的人民, 连一只也没有留下。

32 可是, 这一次法老还是心里刚硬, 不肯让以色列人离开。