1 Jy mag geen valse gerug rondstrooi nie. Verbind jou nie met die skuldige om 'n kwaadwillige getuie te wees nie.

2 Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in 'n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie.

3 Ook mag jy die geringe nie voortrek in sy regsaak nie.

4 As jy jou vyand se bees of esel teëkom wat ronddwaal, moet jy dit sekerlik vir hom terugbring.

5 As jy jou vyand se esel onder sy pak sien lê, moet jy dit nie onverskillig aan hom oorlaat nie: jy moet dit sekerlik saam met hom aflaai.

6 Jy mag die reg van jou arm mense in hulle regsaak nie verdraai nie.

7 Hou jou ver van valse sake af. En moenie die onskuldige en die wat reg het, ombring nie, want Ek sal die skuldige nie regverdig verklaar nie.

8 Ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie; want die geskenk maak die siendes blind en verdraai die sake van die regverdiges.

9 Jy mag die vreemdeling ook nie verdruk nie; want julle ken self die gemoed van 'n vreemdeling, omdat julle vreemdelinge in Egipteland gewees het.

10 En ses jaar lank moet jy jou land besaai en die opbrings daarvan insamel;

11 maar in die sewende moet jy dit ongebruik en braak laat lê, dat die arm mense van jou volk kan eet; en wat hulle laat oorbly, kan die diere van die veld opeet. So moet jy doen met jou wingerd en jou olyfbome.

12 Ses dae moet jy jou werk verrig, maar op die sewende dag moet jy rus, dat jou os en jou esel kan uitrus en die seun van jou slavin en die vreemdeling kan asem skep.

13 En in alles wat Ek julle gesê het, moet julle jul in ag neem. En die naam van ander gode mag julle nie vermeld nie; dit mag uit jou mond nie gehoor word nie.

14 Drie maal in die jaar moet jy vir My 'n fees hou.

15 Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou: sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib, want daarin het jy uit Egipte uitgetrek -- maar hulle mag nie met leë hande voor my aangesig verskyn nie;

16 verder die fees van die oes, van die eerstelinge van jou werk, van wat jy op die land saai; en ook die fees van die insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die land insamel.

17 Drie maal in die jaar moet al jou manspersone voor die aangesig van die Here HERE verskyn.

18 Jy mag die bloed van my offer nie saam met gesuurde brood offer nie. Ook mag die vet van my feesoffer nie tot die môre toe oorbly nie.

19 Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.

20 Kyk, Ek stuur 'n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het.

21 Neem jou in ag vir Hom en luister na sy stem; wees nie wederstrewig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie vergewe nie, want my Naam is in Hom.

22 Maar as jy terdeë na sy stem luister en alles doen wat Ek sal sê, sal Ek die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees.

23 Want my Engel sal voor jou uit gaan en jou bring na die Amoriete en Hetiete en Feresiete en Kana„niete, Hewiete en Jebusiete; en Ek sal hulle vernietig.

24 Jy mag jou voor hulle gode nie neerbuig en hulle nie dien nie, ook mag jy nie doen na hulle werke nie; maar jy moet hulle heeltemal afbreek en hulle klippilare kort en klein slaan.

25 En julle moet die HERE julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.

26 Daar sal geen misdragtige of onvrugbare in jou land wees nie. Ek sal die getal van jou dae vol maak.

27 Ek sal my skrik voor jou uit stuur en elke volk waarby jy kom, in verwarring bring. En Ek sal al jou vyande vir jou laat vlug.

28 Ook sal Ek perdebye voor jou uit stuur; die sal die Hewiete, Kana„niete en Hetiete voor jou uit verdrywe.

29 Ek sal hulle nie in een jaar voor jou uit verdrywe nie, dat die land nie woes word en die ongediertes nie teen jou te veel word nie.

30 Ek sal hulle so langsamerhand voor jou uit verdrywe, totdat jy vrugbaar word en die land beërwe.

31 En Ek sal jou grense vasstel van die Skelfsee af tot by die See van die Filistyne, en van die woestyn af tot by die Eufraat. Want Ek sal die inwoners van die land in julle hand gee, en jy sal hulle voor jou uit verdrywe.

32 Jy mag met hulle of met hulle gode geen verbond maak nie.

33 Hulle mag in jou land nie woon nie, dat hulle jou nie verlei om teen My te sondig nie. Want jy sal hulle gode dien, ja, dit sal vir jou 'n strik wees.

1 "不可传播谣言, 也不可与恶人携手作假见证。

2 不可随众行恶, 不可在诉讼的事上随众说歪曲正义的话;

3 也不可在诉讼的事上偏护穷人。

4 "如果你遇见你仇敌的牛或是驴走迷了路, 就应该把它牵回来给他。

5 如果你看见恨你的人的驴伏在重担之下, 不可走开不理它, 你应该与驴主一同卸下重担。

6 不可在穷人诉讼的事上歪曲正义。

7 要远离虚假的事; 不可杀无辜和正义的人, 因为我决不以恶人为义人。

8 不可受贿赂, 因为贿赂能使明眼人变瞎, 又能歪曲义人的话。

9 不可压迫寄居的, 因为你们在埃及地也作过寄居的, 知道寄居者的心情。

10 "六年之内你要耕种田地, 收取地的出产;

11 但是第七年, 你要让地歇息, 不耕不种, 使你民间的穷人可以有吃的; 他们吃剩的, 田间的野兽可以吃; 你的葡萄园和橄榄园, 也要这样作。

12 六日之内, 你要作你的工; 但第七日你要安息, 好使你的牛和驴可以歇息, 并且使你婢女的儿子和寄居的也可以有时间喘息一下。

13 我对你们所说的一切, 你们都要小心谨守, 你们不可提别神的名, 也不可让人从你的口中听到。

14 "每年三次, 你要为我守节。

15 你要守无酵节, 要照我吩咐的, 在亚笔月内所定的日期, 吃无酵饼七天, 因为你是在这个月从埃及出来的。你们不可空手朝见我。

16 又要守收割节, 就是收在田间你劳碌耕种所得初熟之物的节; 也要在年底守收藏节, 就是在田间收集你劳碌所得之物的时候。

17 一年三次, 你所有的男丁都要朝见主耶和华的面。

18 "你不可把我祭牲的血和有酵的饼一同献上; 也不可把我节日祭牲的脂油留过夜到早晨。

19 要把你地上最上好的初熟之物带到耶和华你 神的殿中。不可用山羊羔母的奶去煮山羊羔。

20 "看哪, 我在你面前差派使者, 好在路上保护你, 领你到我预备的地方去。

21 你们在他面前要谨慎, 要听他的话, 不可违背他; 不然, 他必不赦免你们的过犯, 因为他是奉我的名来的。

22 如果你实在听他的话, 遵行我吩咐的一切, 我就要作你仇敌的仇敌, 作你敌人的敌人。

23 我的使者必在你前面走, 领你到亚摩利人、赫人、比利洗人、迦南人、希未人、耶布斯人那里去; 我要把他们除掉。

24 你不可跪拜他们的神像, 也不可事奉它们, 不可作他们所作的, 不可模仿他们的行为, 却要把神像完全拆毁, 打碎他们的柱像。

25 你们要事奉耶和华你们的 神, 他就必赐福你的粮和你的水, 我也必从你们中间除去疾病。

26 在你的境内, 必没有流产和不育的妇女; 我必使你一生的寿数满足。

27 我必在你面前展露我的威严; 凡你所到的地方, 我必使那里的人民慌乱, 又使你所有的仇敌都转背而逃。

28 我必在你面前打发大黄蜂, 把希未人、迦南人、赫人, 都从你面前驱逐出去。

29 我不在一年之内把他们从你面前驱逐出去, 恐怕这地变为荒凉, 又恐怕田野间的走兽多起来害你。

30 我要渐渐地把他们从你面前驱逐出去, 等到你的人数增多起来, 承受那地为止。

31 我要限定你的境界, 从红海直到非利士海, 从旷野直到大河。我要把那地的居民交在你手中, 你要把他们从你面前驱逐出去。

32 不可与他们和他们的神立约。

33 不可让他们住在你的境内, 恐怕他们使你得罪我; 如果你事奉他们的神, 这必成为你的网罗。"