1 My seun, onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou;
2 onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel;
3 bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart.
4 Sê aan die wysheid: Jy is my suster! en noem die verstand jou vertroueling,
5 sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou, vir die ontugtige wat met haar woorde vlei.
6 Want ek het deur die venster van my huis, deur my tralievenster uitgekyk,
7 en ek het onder die eenvoudiges gesien, onder die jongmense 'n verstandelose jongman opgemerk,
8 wat op die straat verbygaan naby haar hoek en in die rigting van haar huis stap,
9 in die skemer, in die aand van die dag, in die middel van die nag en die donker.
10 En kyk, daar kom 'n vrou hom tegemoet, soos 'n hoer aangetrek en listig van hart --
11 sy is onrustig en losbandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie --
12 nou buitekant, dan weer op die pleine, en sy staan by elke hoek en loer.
13 En sy het hom gegryp en hom gesoen, met 'n onbeskaamde gesig vir hom gesê:
14 Ek moes dankoffers bring, vandag het ek my geloftes betaal;
15 daarom het ek uitgegaan om jou te ontmoet, om jou aangesig te soek, en ek het jou gekry.
16 Ek het my bed met dekens opgemaak, met bont spreie van Egiptiese linne;
17 ek het my bed besprinkel met mirre, alewee en kaneel --
18 kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste.
19 Want die man is nie tuis nie, hy het ver weg op reis gegaan,
20 die geldbeurs het hy met hom saamgeneem, teen die dag van volmaan sal hy eers tuis kom.
21 Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok.
22 Hy loop skielik agter haar aan soos 'n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot,
23 totdat die pyl sy lewer splits; soos 'n voël haastig na die vangnet vlieg -- sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is.
24 Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond.
25 Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie.
26 Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is.
27 Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood.
1 我儿, 要遵守我的话, 把我的诫命珍藏在心里;
2 遵守我的诫命, 你就可以存活; 遵守我的训诲, 好像护卫你眼中的瞳人。
3 要把它们系在你的指头上, 刻在你的心版上。
4 要对智慧说: "你是我的姊妹", 要称呼聪明为亲人;
5 这样行就可以保护你脱离淫乱的妇人, 脱离说谄媚话的妓女。
6 我在我家的窗户内, 透过窗棂往外观看,
7 看见在愚蒙人中间, 在少年人("少年人"原文作"众子")里面, 我发觉有一个无知的少年人,
8 在街上经过, 走近淫妇的住处, 向着她的家走去,
9 那时是黄昏、傍晚, 是在夜里, 天黑的时候。
10 看哪! 有一个妇人来迎接他, 是妓女的打扮, 心存诡诈。
11 这妇人喧哗不停, 不受约束; 她在家里停不住脚。
12 她有时在街上, 有时在广场上, 或在任何角落旁边藏伏。
13 她紧拉着那少年人, 和他亲嘴, 厚颜无耻地对他说:
14 "我曾许愿要献平安祭, 今天我刚还了我所许的愿。
15 因此, 我出来迎接你, 切切寻找你, 终于找到你。
16 我已用毯子, 埃及线织成的花纹布, 铺了我的床;
17 又用没药、沉香和桂皮, 熏了我的榻。
18 来吧! 我们来饱享爱情, 直到天亮, 我们来在爱中尽情享乐。
19 因为我丈夫不在家, 远行去了。
20 他手里带着钱袋, 要到月圆的时候才回家。"
21 淫妇用许多花言巧语引诱他, 用谄媚的嘴唇勾引他。
22 少年人就立刻跟随她, 好像牛走向屠房, 又像愚妄人带着锁链去受刑罚,
23 直到箭矢射透他的肝; 他仿佛飞鸟投入网罗, 并不知道会丧失性命。
24 孩子们, 现在你们要听从我, 留心听我口中的话。
25 你的心不可偏向淫妇的道路, 也不要迷恋她的路径。
26 因为她使许多人倒毙, 被她杀害的实在无数。
27 她的家是通往阴间的路, 是下到死亡的宫房。