1 Roep die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie?

2 Op die top van die hoogtes langs die weg, op die kruispunt van die paaie staan sy,

3 aan die kant van die poorte by die uitgang van die stad, by die ingang van die deure roep sy hardop:

4 Ek roep na julle, manne, en my stem is tot die mensekinders.

5 Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan.

6 Hoor, want ek sal voortreflike dinge spreek, en my lippe gaan oop vir wat reg is.

7 Want my verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir my lippe 'n gruwel.

8 Al die woorde van my mond is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie,

9 hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het.

10 Neem my tug aan, en nie silwer nie, en kennis liewer as uitgesoekte goud.

11 Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.

12 Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg.

13 Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel en 'n huigelagtige mond haat ek.

14 Raad en beleid is myne, ek is die insig, sterkte is myne.

15 Deur my regeer die konings en stel die maghebbers vas wat reg is;

16 deur my heers die vorste en die edeles, al die regters van die aarde.

17 k het lief die wat my liefhet, en die wat my soek, sal my vind.

18 Rykdom en eer is by my, duursame goed en geregtigheid.

19 My vrug is beter as goud en as fyn goud, en my opbrings as uitgesoekte silwer.

20 Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg,

21 om die wat my liefhet, 'n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak ek vol.

22 Die HERE het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af.

23 Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af.

24 Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie;

25 voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is ek gebore;

26 toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie.

27 Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy 'n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed;

28 toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het;

29 toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het --

30 toe was ek 'n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd,

31 en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders.

32 Luister dan nou na my, seuns; want gelukkig is hulle wat my weë bewaar.

33 Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie.

34 Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou.

35 Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry 'n welbehae van die HERE.

36 Maar hy wat my mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.

1 智慧不是在呼唤, 聪明不是在发声吗?

2 它在路旁高处的最高点, 在十字路口站着;

3 在城门旁, 在城门口, 在进城门的空地上大声呼喊:

4 "众人哪! 我向你们呼唤, 对世人发声。

5 愚蒙人哪! 你们要学习精明; 愚昧人哪! 你们心里要明白事理。

6 你们听着, 因为我要讲论极美的事, 我要开口说正直的事;

7 我的口要论述真理, 我的嘴唇厌恶邪恶。

8 我口里的一切话都是公义的, 毫无弯曲欺诈。

9 我的话对明理的人, 都是对的; 对得着知识的人, 都是正直的。

10 你们要接受我的教训, 不要银子; 宁愿得着知识, 胜过精金;

11 因为智慧比红宝石更好, 你一切所喜爱的都不能和智慧比较。

12 我──智慧──和精明同住, 我又获得知识和谋略。

13 敬畏耶和华就是恨恶邪恶; 骄傲、狂妄、邪恶的行为、乖谬的口, 我都恨恶。

14 我有才智和大智慧, 我有聪明, 我有能力。

15 君王借我掌权, 统治者借我制定法纪。

16 领袖、贵族和所有公义的审判官, 都借我治国。

17 爱我的, 我必爱他; 殷切寻找我的, 必定寻见。

18 财富和尊荣是我的, 恒久的财产和公义也是我的。

19 我的果实胜过黄金, 胜过精金, 我的出产胜过纯银。

20 我走在公义的道上, 行在公正的路上,

21 使爱我的承受财产, 使他们的府库满溢。

22 在耶和华创造的开始, 在太初创造一切以先, 就有了我。

23 在亘古、在太初, 在未有大地之前, 我已经被立;

24 没有深渊, 没有大水的泉源以先, 我已经出生。

25 大山未曾奠定, 小山未有以先, 我已经出生。

26 那时, 耶和华还没有造大地和田野, 也没有造地上的泥土。

27 他立定诸天的时候, 我在那里; 他在渊面上界划地平线的时候, 我在那里;

28 他上使穹苍坚固, 下使深渊的水泉稳定;

29 他为海洋定出界限, 海水不能越过他的命令, 他又划定大地的根基;

30 那时, 我在他身边作工匠, 每天都充满喜乐, 时常在他面前欢笑,

31 在他的大地上欢笑, 和世人一同喜乐。

32 孩子们, 现在你们要听从我; 持守我道路的, 是有福的。

33 你们要听从教训, 要作智慧人, 不可离弃教训。

34 听从我, 天天在我门口警醒仰望, 在我门框旁边守候的人, 是有福的。

35 因为找到我的, 就找到生命, 他也必得着耶和华的恩惠。

36 得罪我的, 是伤害自己; 凡是恨恶我的, 就是喜爱死亡。"