1 My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;

2 want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.

3 Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart,

4 dan sal jy genade vind en 'n goeie insig in die oë van God en die mense.

5 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.

6 Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.

7 Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad;

8 dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.

9 Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;

10 dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.

11 My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,

12 want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.

13 Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;

14 want die verkryging daarvan is beter as die van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud;

15 dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.

16 In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer;

17 sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.

18 Dit is 'n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.

19 Die HERE het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel;

20 deur sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup.

21 My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg,

22 dan sal dit die lewe wees vir jou siel en 'n versiersel vir jou hals;

23 dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie;

24 as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees.

25 Jy hoef nie bang te wees vir 'n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;

26 want die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.

27 Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.

28 Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee -- terwyl jy dit het.

29 Bewerk geen onheil teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie.

30 Twis nie sonder oorsaak met 'n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie.

31 Wees nie afgunstig op 'n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie.

32 Want die verkeerde is vir die HERE 'n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes.

33 Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.

34 As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade.

35 Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.

1 我儿, 不可忘记我的训诲, 你的心要谨守我的诫命;

2 因为它们必把长久的日子、生命的岁数和平安, 加给你。

3 不可让慈爱诚实离开你, 要系在你的颈项上, 刻在你的心版上。

4 这样, 你在 神和世人眼前, 必蒙恩宠, 得着美名("名"原文作"明慧")。

5 你要一心仰赖耶和华, 不可倚靠自己的聪明;

6 在你一切所行的路上, 都要承认他, 他必使你的路径平坦正直。

7 不可自以为有智慧, 要敬畏耶和华, 远离恶事。

8 这必使你的身体("身体"原文作"脐带")健康, 使你的骨头滋润。

9 你要把你的财物, 和一切初熟的农作物, 敬奉耶和华。

10 这样, 你的仓库必充满有余, 你的榨酒池也必盈溢新酒。

11 我儿, 不可轻看耶和华的管教, 也不可厌恶他的责备;

12 因为耶和华所爱的, 他必责备, 正如父亲责备他喜爱的儿子一样。

13 得着智慧, 获致聪明的人, 是有福的。

14 因为智慧的利润胜过银子的利润, 智慧的收益胜过黄金的收益。

15 智慧比红宝石更宝贵; 你一切所喜爱的, 都不足与智慧比较。

16 智慧的右手有长寿, 左手有财富和尊荣。

17 智慧的道路尽是欢悦, 智慧的路径全是平安。

18 对紧握智慧的人来说, 智慧是生命树, 凡是紧抓智慧的, 都是有福的。

19 耶和华以智慧奠定大地, 以聪明坚立高天。

20 因他的知识, 深渊就裂开, 天空也滴下甘露。

21 我儿, 要谨守大智慧和明辨的态度, 不可让它们离开你的眼目。

22 这样, 它们就必作你的生命, 作你颈上的华饰。

23 你就可以安然走路, 你的脚必不致绊倒。

24 你躺下的时候, 必不会惊恐; 你躺卧的时候, 必睡得香甜。

25 忽然而来的惊恐, 你不要惧怕; 恶人的毁灭临到, 你也不要恐惧;

26 因为耶和华是你的倚靠, 他必护卫你的脚不陷入网罗。

27 如果你的手有行善的力量, 就不可推辞, 要向那些需要帮助的人行善。

28 你那里如果有现成的, 就不可对邻舍说: "你先回去, 明天再来吧, 到时, 我必给你! "

29 你的邻舍在你旁边安居, 你不可设计害他。

30 如果人没有加害于你, 你不可无故与他相争。

31 不要嫉妒强暴的人, 也不可选择他所行的一切道路;

32 因为偏离正道的人, 是耶和华所厌恶的, 正直人却是他所亲爱的。

33 耶和华咒诅恶人的家, 却赐福给义人的居所。

34 他讥笑那些好讥笑的人, 却赐恩给谦卑的人。

35 智慧人必承受尊荣, 愚昧人必蒙受羞辱("必蒙受羞辱"原文作"高升成为羞辱")。