1 'n Naam is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud.
2 Rykes en armes ontmoet mekaar, die HERE het hulle almal gemaak.
3 'n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.
4 Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe.
5 Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan.
6 Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.
7 Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen.
8 Wie onreg saai, sal onheil maai; en die stok van sy grimmigheid sal verdwyn.
9 Wie vriendelik is, hy word geseën, omdat hy van sy brood aan die arme gee.
10 Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op.
11 Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is -- die koning is sy vriend.
12 Die oë van die HERE bewaar kennis; daarom verydel Hy die woorde van die ontroue.
13 Die luiaard sê: Daar is 'n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word!
14 Die mond van die vreemde vroue is 'n diep kuil; hy op wie die HERE vertoornd is, sal daarin val.
15 As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder.
16 Wie die arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net.
17 Gee gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis.
18 Want dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe.
19 Dat jou vertroue op die HERE mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou.
20 Het ek jou nie kernagtige spreuke voorgeskrywe met raadgewinge en kennis,
21 om jou bekend te maak waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie?
22 Beroof die arme nie, omdat hy arm is, en verbrysel die ellendige nie in die poort nie.
23 Want die HERE sal hulle saak verdedig en hulle berowers van die lewe berowe.
24 Verkeer nie met 'n driftige man nie, en met 'n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie,
25 sodat jy nie gewend raak aan sy paaie en 'n strik vir jouself span nie.
26 Wees nie onder die wat 'n handslag gee, onder die wat vir skulde borg staan nie.
27 As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hulle jou bed onder jou uit neem?
28 Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie.
29 Sien jy 'n man wat vaardig is in sy werk -- hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie.
1 名誉胜过多财, 恩宠胜过金银。
2 世上有财主, 也有穷人, 两者都是耶和华所造的。
3 精明人看见灾祸, 就躲藏起来; 愚蒙人却往前走, 自取祸害。
4 谦卑和敬畏耶和华的赏赐, 就是财富、荣耀和生命。
5 奸诈人的道路, 满布荆棘和网罗; 谨慎自己的, 必远离这些。
6 教养孩童走他当行的路, 就是到老, 他也不会偏离。
7 财主管辖穷人, 欠债的作债主的奴仆。
8 散播邪恶的, 必收祸害; 他忿怒的杖终必毁掉。
9 心存良善看人的, 必蒙赐福; 因为他把自己的食物分给穷人。
10 赶走好讥笑人的, 纷争就除去; 争执和耻辱也必止息。
11 喜爱内心洁净, 嘴上有恩言的, 君王要作他的朋友。
12 耶和华的眼目护卫知识, 却倾覆奸诈人的话。
13 懒惰人说: "外面有狮子, 我在街上必被杀害。"
14 淫妇的口是深坑, 耶和华所恼恨的必陷在其中。
15 愚妄束缚孩童的心, 管教的杖可以把愚妄远远驱除。
16 欺压穷人为要增加自己财富的, 送礼给财主的, 必致穷乏。
17 你要留心听智慧人的言语, 专心领受我的知识。
18 如果你心里谨守, 嘴唇上常常诵念这一切, 自会觉得甘美。
19 我今日特别指教你, 为要使你倚靠耶和华。
20 我不是曾经给你们写下("我不是曾经给你们写下"或译: "我不是给你们写了三十条")有关谋略和知识的事吗?
21 要教你认识确实的真理, 使你把真理回复那差派你来的人。
22 你不可因为贫穷人穷乏, 就抢夺他的东西, 也不可在城门口欺压穷苦人。
23 因为耶和华必为他们伸冤, 抢夺他们的, 耶和华也必夺取那人的性命。
24 容易发怒的人, 不要与他为友; 脾气暴躁的人, 不要与他来往,
25 免得你效法他的行径, 自己就陷在网罗里。
26 不要替别人击掌担保, 也不可为欠债的作保证人。
27 如果你没有什么可以偿还, 何必使人连你睡觉的床也夺去呢?
28 你的祖先立定古时的地界, 你不可迁移。
29 你见过办事能干的人吗?他必侍立在君王面前, 必不会侍立在低微的人面前。