1 'n Wyse seun luister na die tug van die vader, maar 'n spotter hoor nie na berisping nie.
2 Van die vrug van iemand se mond eet hy die goeie, maar die begeerte van die ontroues is 'n daad van geweld.
3 Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.
4 Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig.
5 Die regverdige haat leuentaal, maar die goddelose maak gehaat en handel skandelik.
6 Geregtigheid bewaar die regskapene van wandel, maar goddeloosheid bring die sondaar tot 'n val.
7 Daar is een wat hom ryk hou, en hy het glad niks nie; een wat hom arm hou, en hy het baie goed.
8 Die losprys vir die lewe van 'n man is sy rykdom, maar die arme hoor geen dreigement nie.
9 Die lig van die regverdige brand vrolik, maar die lamp van die goddelose gaan dood.
10 Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.
11 Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.
12 'n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom.
13 Wie die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding.
14 Die onderrig van die wyse is 'n fontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk.
15 'n Goeie verstand verskaf guns, maar die weg van die ontroues is hard.
16 Elke skrandere handel met kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond.
17 'n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar 'n betroubare boodskapper is 'n gerusstelling.
18 Armoede en skande is vir hom wat die tug verwerp; maar hy wat die teregwysing in ag neem, word geëer.
19 'n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van die kwaad, is 'n gruwel vir die dwase.
20 Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.
21 Die onheil vervolg die sondaars, maar Hy sal die regverdiges met goed vergelde.
22 'n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.
23 Die braakland van die armes lewer oorvloedig spys op, maar daar is wat deur ongeregtigheid verlore gaan.
24 Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.
25 Die regverdige eet totdat hy versadig is; maar die maag van die goddelose ly gebrek.
1 智慧的儿子听从父亲的教训, 好讥笑人的不听责备。
2 人因口所结的果子, 必得尝美物, 奸诈人的欲望却是强暴。
3 谨慎口舌的, 可保性命; 口没遮拦的, 自取灭亡。
4 懒惰人渴求, 却一无所得; 殷勤人必得丰裕。
5 义人恨恶虚假, 恶人行事, 遗臭贻羞。
6 正义护卫行为完全的人; 邪恶却使犯罪的人倾覆。
7 有人自充富足, 却一无所有; 有人假装贫穷, 财物却极多。
8 人的财富是他性命的赎价, 穷人却听不见威吓的话。
9 义人的光必明亮, 恶人的灯必熄灭。
10 傲慢只能引起争端; 接受劝告的却有智慧。
11 不劳而获的财物, 必快减少; 慢慢积蓄的, 必然增多。
12 所盼望的迟延未得, 令人心忧; 所愿的来到, 好比生命树。
13 藐视训言的, 必自取灭亡; 敬畏诫命的, 必得善报。
14 智慧人的训诲是生命的泉源, 能使人避开死亡的网罗。
15 聪颖的明慧使人蒙恩, 奸诈人的道路崎岖难行。
16 精明的人都按知识行事, 愚昧人却显露自己的愚妄。
17 奸恶的使者, 必陷在祸患里("必陷在祸患里"或译: "必使人陷在祸患里"); 忠心的使臣, 使人复原。
18 轻忽管教的, 必致穷乏受辱; 看重责备的, 必得尊荣。
19 所愿的成功, 使人心里甘甜; 远离恶事, 却为愚昧人憎恶。
20 与智慧人同行的, 必得智慧; 与愚昧人为友的, 必受亏损。
21 祸患追赶罪人, 义人必得善报。
22 善人给子孙留下产业, 罪人的财富, 却是为义人积藏。
23 穷人的耕地可产大量粮食, 却因不义都被摧毁了。
24 不用杖责打儿子的, 是恨恶他; 爱儿子的, 必对他勤加管教。
25 义人必吃得饱足, 恶人却空着肚子。