1 Wee die bloedstad wat louter bedrog, vol geweld is, terwyl rowery nie ophou nie!
2 Hoor, die sweep! En hoor, die gedreun van wiele! En perde wat jaag, en waens wat stamp!
3 Ruiters op 'n galop en geglinster van swaarde en geblits van spiese! En 'n menigte wat verslaan is, en hope dooies en geen einde aan die lyke nie -- 'n mens struikel oor hulle lyke!
4 Weens die veelheid van die hoererye van die hoer vol bevalligheid, 'n meesteres in towerkunste, wat nasies met haar hoererye verkoop het en volkstamme met haar towerkunste.
5 Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal jou slippe optel oor jou aangesig en nasies jou naaktheid laat sien en koninkryke jou skande.
6 En Ek sal vuilgoed op jou gooi en jou aan minagting prysgee en van jou 'n skouspel maak,
7 sodat elkeen wat jou sien, van jou af sal wegvlug en sê: Verwoes is Ninev,! Wie sal met haar medelyde hê? Waar sal ek troosters vir jou gaan soek?
8 Is jy beter as No-Amon wat gelê het aan die Nylstrome, met waters rondom hom; wie se voorskans die groot water was, waters sy muur?
9 Kus was sy krag en Egiptenaars sonder getal, Put,ërs en L¡biërs was jou tot hulp.
10 Nogtans het dit as gevangene in ballingskap gegaan; nogtans is sy kinders by al die straathoeke verpletter, en oor sy edeles is die lot gewerp, en al sy groot manne is met kettings geboei.
11 Ook jy sal dronk word, beneweld wees, ook jy sal 'n toevlug soek teen die vyand.
12 Al jou vestings is vyebome met voorvye: as 'n mens skud, val hulle in die mond van die eter.
13 Kyk, jou volk binne-in jou is soos vroue, die poorte van jou land is wyd oopgemaak vir jou vyande, die vuur het jou grendels verteer.
14 Skep vir jou water vir die beleëring, versterk jou vestings, gaan in die modder en trap klei, gryp die steenvorm.
15 Daar sal die vuur jou verteer, die swaard jou uitroei, jou verslind net soos voetgangersprinkane. Al vermenigvuldig jy soos voetgangers, al vermenigvuldig jy soos treksprinkane;
16 al het jy jou koopmans meer gemaak as die sterre aan die hemel -- die voetgangers vervel en vlieg weg!
17 Jou wagters is soos treksprinkane, en jou amptenare is soos swerms sprinkane wat op 'n koue dag op die heining sit -- die son breek deur, en hulle vlieg weg, en niemand weet waar hulle beland het nie.
18 Jou herders sluimer, o koning van Assur, jou edeles lê daar, jou volk is op die berge verstrooi, en niemand versamel hulle nie.
19 Daar is geen herstel vir jou verbreking nie; jou wond is ongeneeslik; almal wat die tyding omtrent jou verneem, slaan hulle hande saam oor jou; want oor wie het jou boosheid nie voortdurend heengegaan nie?
1 这流人血的城, 有祸了! 全城欺诈, 充满劫掠; 抢夺的事总不止息。
2 鞭声飕飕, 轮声辚辚, 骏马奔驰, 战车颠簸跳动。
3 骑兵腾跃冲锋; 刀剑烁烁发亮, 枪矛闪闪生光; 被杀的人众多, 死尸成堆; 尸体无数, 众人都被尸体绊倒。
4 都因妓女多有淫行, 施邪术的美丽女巫, 借着她的淫行诱惑列国, 借着她的邪术欺骗万族。
5 万军之耶和华说: 看哪! 我必攻击你; 我要把你的裙子掀到你的脸上, 使万国看见你赤身露体, 使列邦看见你的羞耻。
6 我要把污秽可憎之物拋在你身上, 侮辱你, 使你成为众人观看的对象。
7 看见你的都必逃避你, 说: "尼尼微荒凉了; 有谁为她悲哀呢?"我在哪里可以找到安慰你的人呢?
8 你比挪亚们还强吗?挪亚们位于尼罗河流域, 周围有水环绕; 海是她的屏障, 水作她的墙垣。
9 古实和埃及, 是她无穷的力量, 弗人和路比族, 是她的助手。
10 然而她却被迁徙, 被掳去了; 她的婴孩在各街头被摔死; 人们为她的尊贵人抽签。她所有的达官贵人都被锁链捆着。
11 至于你, 你必喝醉, 必被隐藏; 你必因仇敌的缘故, 寻找避难所。
12 你一切堡垒, 如同无花果树上初熟的果子, 若被摇撼, 就必落在想吃的人口中。
13 看哪! 在你里面的人都是妇女, 你境内的门户, 都向仇敌敞开; 你的门闩被火烧毁。
14 你要打水, 以备围困, 巩固你的堡垒, 踹泥踏土, 紧握砖模。
15 在那里火要烧灭你, 刀剑要除灭你, 吞吃你, 好像吞吃蚱蜢一样, 你只管增多如蚱蜢, 加添像蝗虫,
16 你增加了你的商人, 多过天上的星辰。蚱蜢退了壳, 就飞去了。
17 你的领袖多如蝗虫, 你的军长像一群群的蚂蚱; 天凉的时候, 停留在篱笆上; 太阳一出, 就都飞走了; 没有人知道它们在什么地方。
18 亚述王啊! 你的牧人睡觉, 你的贵族安歇, 你的子民分散在各山上, 没有人招聚他们。
19 你的创伤无法医治; 你受的打击非常严重。听见你这消息的, 都必向你鼓掌; 因为你不断行恶, 谁没有受过害呢?